Hougie kry sy medalje

De Jongh en Hougaard tydens die oorhandiging. Foto: Saskok

De Jongh en Hougaard tydens die oorhandiging. Foto: Saskok

Francois Hougaard is wyd geloof vir sy onbaatsugtige daad na afloop van die Olimpiese Spele in Rio verlede maand, en Donderdag was dit sy beurt.

Hougaard het ná die toekenning van die Blitsbokke se derde plek by die Olimpiese Spele sy bronsmedalje aan Seabelo Senatla gegee. Senatla het die uitspeelwedstryde misgeloop weens ʼn besering en Hougaard het hom vervang.

Hougaard was deel van die span in die halfeindstryd teen Brittanje toe hulle om die derde plek gespeel het teen Japan. Hougaard het voor hul terugkeer na Suid-Afrika sy medalje vir Senatla, wat in al die vorige wedstryde gespeel het, gegee.

Hougaard is egter Donderdag met ʼn nuwe bronsmedalje beloon danksy Saskok, Span SA, die Sewesrugbyspan se bestuurder en die bestuurder van die Olimpiese Spele se medaljekomitee. Die ekstra medalje is opgespoor en na Suid-Afrika gestuur waar dit Donderdag aan Hougaard oorhandig is voor die Springbokspan se vertrek na Australië.

Juan de Jongh het die medalje aan sy spanmaat oorhandig. “Dit is ʼn wonderlike verrassing en iets wat ek regtig nie verwag het nie,” het Hougaard gesê.

“Toe ek die medalje vir Seabelo gegee het, het ek regtig gevoel hy verdien dit veel meer as ek, en ek voel steeds so. Ek is egter baie dankbaar vir hierdie medalje en wil graag almal bedank wat dit moontlik gemaak het. Ek sal dit nog baie jare vorentoe koester as een van die beste oomblikke in my rugbyloopbaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nou tjank ek sommer lekker ·

Nou tjank ek sommer lekker, dit wat jy saai sal jy maai is die ou spreekwoord. Francois Hougaard jy is ‘n voorbeeld vir die jong mense van vandag, mag hul regtig opkyk na jou en leer. Jy gee jou beste in alle opsigte, jy word soms skerp gekritiseer, uit ‘n span gelaat omdat jy vir jou regte en vir geregtigheid staan, jy speel ongelooflike rugby, mag jy nog baie jare vir jouself, jou land en ons almal se kinders leiding gee injou opregte seuns manier! Rikus & Ilze, julle kan met trots voel (sê gaan jul nie, die mees nederige mense) ons het ons seun goed groot gemaak en uit genade het hy goed groot gebly!!!!! Min mens kan dit dink, voel, sê!

Asb nie ·

Moet dit asb nie opneuk nie, iets so mooi, maak soos hierdie jong man, wees n voorbeeld en hou aan speel en werk -al druk negatiewe pole, dit is wat jou n beter mens maak!

Marianne ·

Wys jou ne??? Party sportmanne speel vir die game nie die geld of aansien nie. Jy is my held – was nog altyd – my Fraans dons – die Groot man met die date hart!

Jan maak n Plan ·

Ek hoop dat ou grrotoog Fikile hiervan notisie neem en sommer Francois se voorbeeld volg – jy weet, alles vir diegame. Mooi so Francois, jys n ambassodeur vir rugby 1000. ‘n Voorstel is dat jy Hoskins se pos kry.

Sydney ·

Ek hoop dat ons regering en ander mense wat se dat alle wit mense rassiste is iets hieruit sal leer. Daar is so baie van ons as WIT MENSE wat dieselfde liefde, respek en omgee deel as wat Hougaard gedoen het. Nou vra ek net, waarom is dit nie op TV gedeel nie, dit is iets positief wat nuus dekking sou geniet het. Dankie aan hulle wat agetr die skerms gewerk het om dit moontlik om hom te vergoed het. Francois gaan nou uit en speel om nog meer mense verkeerd te bewys en welkom terug in SPRINGBOK RUGBY…. Trots op jou al het jy vir die Bulle gespeel….. :-)

Stem saam ·

Ek stem saam Sydney. Dit is ‘n mooi storie wat alle berigte moet oorskadu, ongelukkig feed baie mense op negatief en dit verkoop koerante. Dankie Maroela, dit is wat jul laat uitstaan bo ander koerante. Eeerlik opreg en op die man af, nie doekies omdraai of omdat lesers nie daarvan hou of daarvan hou, suiwer nuus. Francois Hougaard doen soos Sydney sê, bly jouself en laat waai op die veld, soos altyd!!!! Jy bly ons almal se super hero!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.