Huil saam met Kempton se Wolwe vir maan

Diegene wat lus het om met oorgawe uiting aan hul gevoelens te gee, kan gerus Vrydagaand (28 April) saam met die Kempton Wolwe vir die maan gaan huil.

Die “Night of the Howling Moon” is deel van die klub se geldinsameling om sy bedrywighede vir die seisoen te finansier.

Drie platejoggies sal die musiek verskaf vir die groot kuier in die Barnadstadion op Kemptonpark.

Ray Squared vat die skof van 19:00 tot 21:00; DJ Jay neem van 21:00 tot 23:00 by hom oor; en DJ Ice voer die feestelikheid van 23:00 tot Saterdag 01:00.

Die hekke word 18:30 oopgesluit en toegang kos R50 per persoon. Kaartjies sal by die hek verkoop word.

’n Volledige kontantkroeg is beskikbaar.

Navrae kan aan Liana by 061 425 2922 gerig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.