Ierland se Felix Jones is die man wat Swys de Bruin se konsultantskoene by die Wêreldbeker-rugbytoernooi sal volstaan.
Die voormalige Ierse speler sal saam met die span as korttermyn-konsultant werk en in De Bruin se plek wees nadat laasgenoemde weens mediese redes onttrek het.
Jones sal by die verdediging betrokke wees en dus nie as direkte plaasvervanger vir die Lions-breier – wat by die Bokke se aanvalsplanne betrokke was – optree nie.
“Ek het met ’n paar spelers gepraat nadat Swys besluit het om te onttrek en die konsensus was dat ons nie ’n nuwe aanvalsafrigter benodig nie,” het Rassie Erasmus gesê.
“Ons het gevoel dat ’n nuwe afrigter in dié rol dalk ons voorbereidingswerk sal ontwrig. Die ouens het ook meer in verdediging belanggestel en wou graag aan ons patrone en strukture skaaf.”
Erasmus sê hy is gelukkig dat Jones beskikbaar is in ’n tyd waar die meeste afrigters reeds by ’n klub- of internasionale span betrokke is.
Die 32-jarige Ier het 13 internasionale toetse op heelagter en vleuel gespeel, maar het sterk vir Leinster en Munster vertoon. Hy was ook ’n lid van Ierland se Wêreldbeker-sewesspan in 2009.
Hy het op 28-jarige ouderdom ophou speel en dadelik begin afrig, waar hy gehelp het dat Munster in drie agtereenvolgende Heinekenbeker-halfeindstryde gespeel het, terwyl hy in 2017 ook die Ierse nasionale span se hulpafrigter was.
“Hy is ’n ware kenner op sy gebied en ek glo die spelers kan baie voordeel uit sy aanstelling trek.”
Ek kan nie glo die Bokke dink hulle het nie hulp op die aanval nodig nie
Ek kan nie sien dat om iemand in hierdie baie laat stadium in te bring voordelig kan wees nie. Inteendeel, daar is groot gevaar dat dit net die spelers deurmekaar kan maak. Sover ek weet het Eddie Jones darem meer tyd gehad om met die Bokke te werk toe White hom ingebring het.
@kolla.
Maar darem is kolisi daar of hoe ou kolla?
Rassie en die Bokke gaan die WB klaar met verkeerde benadering in. Klaar in die spreekwoordelike “defence mode”. Mens wen nie wedstryde deur goeie verdediging nie. Het die verlede nie al ingesink nie?
Geen afrigter gaan nou meer iets aan die bokke se lot kan doen nie.Hulle gaan deelneem en verloor teen AB’s.Dan in die Semis verloor en die AB”s gaan weer die toernooi wen.
Julle kritiseer nou vreeslik die besluit om ‘n nuwe afrigter op so laat stadium in te bring, maar onthou dit was nie Rassie se keuse nie. Swys de Bruin het onverwags op die laaste oomblik bedank. Ek nee Poot ek stem nie saam nie. Wedstryde word deur verdediging gewen.
So sonder die hulp van ander lande se afrigters kan die Bokke nie?
@Nico K
Nico jy mag met my verskil. Maar dis nie hoe n wedstryd benader word nie. Die span wat die inisiatief die dag volg wen. Die inisiatief moet wees om aan te val. Verdediging is belangrik ja…. maar jou “game plan” word juis opgestel rondom aanvals patrone…. nie verdediging nie.
My rugby aanhang het die afglope ruk getaan. Ek is weer amper oor die komende wêreldbeker toernooi opgewonde. My gebeentes sê dat ons die beker gaan wen. Dit daar gelaat. Wat my egter meer laat regop sit is die media in ons land. Dink die koerante en ander openbare media maatskappye die algemene publiek is onnosel, stadig, gestremd of pleinweg dom. Wat is die eintlike rede hoekom Joubert bedank het? Daar is mos altyd drie kante van ‘n saak.