
(9 September 2023) (Foto: Christophe Archambault/AFP)
Ierland het miskien die laaste agt toetse teen Skotland gewen en die Skotte boonop in 12 van die afgelope 13 wedstryde kafgedraf, maar Ierland se aanvalsafrigter waarsku die Skotte moenie onderskat word nie.
Afrigter Mike Catt het Dinsdag gesê geskiedenis speel nie ʼn rol nie en Ierland sal hul storie moet ken wanneer hulle Saterdag in die finale groepwedstryd teen Skotland te staan kom.
Die uitslag van die wedstryd sal ook bepaal of Suid-Afrika deurdring na die kwarteindstryd, wat volgende naweek gespeel word. Wen Ierland, is die Bokke amper verseker van ʼn plek in die volgende been van die toernooi.
“Ek glo nie ons wenstreep teen Skotland beteken enigiets nie. Geskiedenis is geskiedenis. Ons het goed voorberei vir hierdie wedstryd. Ons moet seker maak ons speel selfs beter as wat ons teen Suid-Afrika gespeel het,” het die Suid-Afrikaans gebore Catt bygevoeg.
Hy sê die manier waarop Ierland in die verlede hoëdruk wedstryde soos die komende een teen Skotland hanteer het, gee hom wel moed dat sy span se koppe reg is vir die wedstryd.
“Ons is baie bewus van en verstaan wat gedoen moet word. As ons sterk is op die aanval, is daar ʼn goeie kans dat dinge in ons guns sal tel.”
Die uitkoms van die wedstryd kan wel afhang van wie die veldslag tussen die twee legendariese losskakels Johnny Sexton en Finn Russell wen.
Catt meen Sexton se indrukwekkende vertoning tot dusver in die toernooi spruit uit sy skorsing van drie wedstryde kort voor die toernooi.
“Ek dink die skorsing het inderwaarheid in sy guns getel. Hy was vars toe hy in Frankryk aangekom het. Hy het ʼn goeie voorseisoen gehad en sy liggaam kon die intensiteit van daardie vooraf wedstryde behou.”
“Hy is tans in baie goeie vorm. Hy speel buitengewoon goed en dit wat hy tot die span bydra is groot, so lank dit mag aanhou.”
Oor Russell sê Catt hy is ʼn “towenaar”, maar Ierland moenie in die lokval trap om uitsluitlik op hom te fokus nie. “Hy gaan ʼn haas uit ʼn hoed ruk in elke wedstryd wat hy speel, maar dis nie net hy nie. Jy sit ook nog met manne soos Darcy Graham en Blair Kinghorn, wat fantastiese spelers is.”
Moet net nie konkel nie ne? Rassie hou julle fyn dop.
Dink net….Skotland wen met 21 of meer en beide spanne druk 4 driee. SA vang `n vlug huis toe
Dink net, Ierland verloor en kry nie ‘n bonus punt nie. SA in eerste plek in groep B
Dis nie wat ek sê nie. Almal weet dit sal match fixing wees
Waar val jy uit met match fixing.
My vraag aan jou. Het die Bokke nie gekom waar hulle nou is deur match fixing nie?
Ai tog. Lees tog net en lees behoorlik voor julle skewe antwoorde gooi. Kom ek verduidelik weer : Sou Skotland vir Ierland wen, met 21 punte of meer en elkeen druk 4 driee, is SA oppad terug. Duidelik sal dit fix fixing wees tussen Ierland en Skotland, want daar is nie `n manier dat Skotland vir Ierland op meriete, so sal wen nie. Jinne mense, word wakker
Ek stem saam, daar is in elk geval nie ‘n manier dat Skotland vir Ierland gaan wen nie, wat nog te se met 4 driee en meer as 21 punte.
Dis onwaarskynlik dat Skotland sal wen , maar tog ook nie onmoontlik nie. Maar daars altyd onverwagse verrassings in rugby.
My span(Ierland) sal hulle beste moet lewer Skotland is nie maklik nie.
Ek moet se ek is bietjie bekommerd hoop vir die beste met geen beserings Ierland het nie die diepte wat die ander lande het nie bv All Blacks(ek dink hulle het ”n baie groot kans ).
Ierland het baie diepte. Kyk net hoe goed doen al hulle spanne in die URC