Iere skuif Bokke uit derde plek op ranglys

Dis nie nodig om tot Maandag te wag voordat Wêreldrugby sy ranglys aanpas om Suid-Afrikaners se middagete te bederf nie.

Laat ons dit sommer vroeg Sondagoggend doen: Nadat die Bokke Saterdag in Bloemfontein die tweede keer in vanjaar se reeks in die Rugbykampioenskap gelykop teen die Wallabies gespeel het, gaan hulle deur Ierland uit die derde plek op die wêreldranglys geskuif word.

Die Bokke, wat onlangs in Perth met 23-elk gelykop gespeel het en met Saterdag se telling wat 27-elk was, gaan 0,45 ranglyspunte verloor… en hul derde plek is daarmee heen.

Die Iere (85,39) skuif bó die Bokke (85,36) in.

Die All Blacks, wat vroeg Sondagoggend in Buenos Aires die Pumas met 36-10 geklop het nadat hulle in ʼn stadium met 29-3 voor was, het reeds voor hierdie wedstryd wéér die Rugbykampioenskap beklink, hoewel die reeks eers aanstaande Saterdag met die toetse tussen die Bokke en All Blacks op Nuweland en Pumas en Wallabies in Argentinië afgesluit word.

Die All Blacks (24 punte) kan nie meer ingehaal word nie en hoewel die Bokke (13) die tweede posisie beklee, kan hulle deur die Wallabies (10) ingehaal en verbygesteek word.

♦  Die groot vraag wat weer deur almal se koppe maal, is of Allister Coetzee se kop moet rol.

Ná verlede jaar se fiasko, toe daar net vier uit 12 oorwinnings behaal is, was sy wenpersentasie net 25%.

Dit gaan vanjaar beter, ná drie oorwinning oor die Franse en twee oor die Pumas:  Agt gespeel, vyf gewen vir ʼn wenpersentasie van 62,5%.

Maar is ʼn algehele wenpersentasie van 45% genoeg om hom in sy pos aan te hou? Boonop kan die All Blacks dit ná Saterdag nog swakker laat vertoon.

Almal weet dat Rassie Erasmus binnekort van Munster af terugkeer om oor te neem. Sy pos as direkteur van afrigting plaas hom in beheer van die Bokke en Coetzee, maar ons moenie oornag ʼn wonderwerker verwag nie.

Die krake wat diep deur Suid-Afrikaanse rugby loop, kan nie meer toegeplak word nie.

Dit moet oopgekrap en oorgemessel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johanna Botha ·

Verander tog om hemelsnaam die naam van die span nou na iets anders, want die bokke is n geweldige verleentheid vir al die voorgangers wat die naam met trots kon dra !

Rupert Ashford ·

Rassie sal nie lank hou nie dan sal hy die atof van die gemors finaal van sy voete afskud.

Gatvol ·

Ek stem saam. Wat hom besiel het om die pos te aanvaar gaan my verstand te bowe. Politiek gaan hom knou.

Beer ·

Stem saam – verander die naam en simbool. Gebruik dit om spanne wat die naam werd was te eer. Die gesukkel vandag is ‘n vernedering. Geen trots of aanspreeklikheid vir die gemors word aanvaar deur of afrigters/bestuur of spelers nie. Kwota sirkus om politici en ANC gelukkig te hou. Rus in vrede Springbok…….beter so.

Chris Greyling ·

57—0 was ‘n Kwota pak . Daar wag weer een. en vele meer tot groot vermaak van ANC

willie ·

Solank as wat afrigters en spelers nie op meriete gekies word nie kan hulle maar die springbokke se naam ook verander! Hulle verloor pla my die minste!

Veritas ·

Al wat my nog kwaad maak vir die Springbokke is die feit dat my familie in NZ, dit elke keer invryf.

Frans C ·

Politiek en ‘n swak rand is die doodsteek vir Suid Afrikaanse rugby.Dit is nou nie net meer Springbokke wie se loopbaan verby is wat die land verlaat nie,maar wel die jong talent,waarvan baie hul stempel afdruk in oorseese spanne.

Joe Hall ·

Ag toggie.
Ons talentvolle spelers het reeds laaaaank terug uit gewyk. Die Rand, kwotas, misdaad en talle ander redes het jarrrre gelede die uittog verseker.
Is mos nie ‘n nuwe ding nie!

Frans C ·

Vroër was dit meesal rugbyspelers ,provinsiaal en Springbokke aan die einde van hul rugbyloopbane,wat vinning oorsee is om ‘n laaste paar ponde of ander geldeenhede te verdien.
Vandag is dit manne wat nog ‘n loopbaan van rugby probeer maak wat oorsee gaan.Selfs oorseese kommentators sien dit raak wanneer hul oor die agteruitgang van Springbokrugby praat.

Maroela beriggewing wemel van name van spelers wat oorsee naam maak.’n Man soos Paul Willemse is maar net 24 jaar oud.

Callie ·

Die Rand het n invloed op spelers wat waai, ek glo egter vas dat met n goeie afrigter met geen kwotas in span ons almal nog kan wen behalwe AB en Engeland. Kies die regte spelers oorsee en ons kan almal aanvat. Solank daar een kwota in span is speel jy met 14 man teen 15. Met al die kwotas het standaard al so gedaal dat selfs swak wit en swart spelers wat net een ding in die game goed doen beskou word as n goeie speler. AC moet baie vinnig loop. Soos almal vra, herdoop net bokke. Bewaar iets van naam wat oorgebly het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.