Ierse span laat Springbok vroeg loop

Die Ierse provinsie Connacht het ingestem dat die Springbok Marnitz Boshoff sy kontrak ʼn jaar voor die bestemde tyd beëindig.

Luidens ʼn verklaring deur die vorige Pro12-kampioen het hy om menslike redes aan Boshoff se versoek voldoen.

Die losskakel is reeds in Suid-Afrika en het versoek om huis toe te gaan sodat hy nader aan sy familie kan wees ná sy pa vroeër vanjaar skielik en tragies oorlede is.

Boshoff het verlede Oktober by Connacht aangesluit, maar in sy tweede wedstryd ʼn skouer beseer en moes ʼn operasie ondergaan.

Hy was laat in die seisoen eers weer op die veld en het in nog twee wedstryde vir die span gespeel.

Connacht sê hy hoop om eersdaags aan te kondig wie die Springbok sal opvolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.