Immelman eerste van SA wat in Pro14 blaas

Quinton Immelman – eerste SA skeidsregter wat in die Pro14 blaas (Foto wprugby.com)

Quinton Immelman word Saterdag die eerste Suid-Afrikaner wat in die Pro14 blaas waarin die Cheetahs en die Southern Kings die naweek hulle buiging maak.

Immelman is aangestel om die wedstryd tussen die Ospreys en Zebre in die Libertystadion in Swansea te beheer.

Die 36-jarige Kapenaar blaas reeds sedert 2011 op Curriebekervlak en het verlede jaar die eerste keer Superwedstryde beheer.

Immelman se een assistent in Swansea is sy landgenoot Stuart Berry, wat heelwat ondervinding op Supervlak en reeds 50 Curriebekerwedstryde op sy kerfstok het.

Onder die 13 skeidsregters wat vir die toernooi van 147 ligawedstryde plus die uitspeelrondes aangestel is, tel twee van die wêreld se voorstes, Nigel Owen en John Lacey.

Elk van die 14 spanne speel 21 wedstryde in die toernooi wat op 27 April aanstaande jaar ten einde loop.

♦  Daar is geen afskaal oor die Kerstydperk nie. Vanweë die afstand na Suid-Afrika het die Cheetahs en die Kings darem op 23 Desember en ook oor die Nuwejaarsnaweek van 31 Desember en 1 Januarie loslootjies sodat hulle ook by hulle gesinne kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Philip ·

I taught Quinton many years ago when he was in SW Primary School. A well grounded scholar, who today represents the finest of our SA referees. Well done, Mr Immelman!

Anton KLD ·

Hoop hy blaas beter as verlede Saterdag se Cheetah wedstryd. Hy het gedink daar is net een span op die veld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.