In uitspeelwedstryde is daar nie plek vir sentiment nie

Wyatt Crockett – weggelaat. (Foto Twitter @RugbyHeaven)

Dis een van die moeilikste take vir enige rugbyafrigter om aan ’n speler te verduidelik wanneer en hoekom hy gepos word.

Veral as dit voor ’n belangrike wedstryd soos die halfeindstryd van die Superreeks is. En as daardie speler, Wyatt Crocket, boonop een van sy mees lojale staatmakers is en wat sy lyf vir 200 wedstryde en in meer as 3 500 skrums sedert 2006 vir sy span op die spel geplaas het.

Dit kan baie maklik boemerang, want ’n mens sal nooit weet hoe en of dit die spangees sal vertroebel nie.

Dit was die berg wat die Crusaders se afrigter, Scott Robertson, uitgeklim het voor Saterdag se Superrugby-halfeindstryd teen die Hurricanes in Christchurch.

Robertston het die huidige All Black-vaskopstut, Joe Moody, wat van sy kniebesering herstel het, weer gekies. Hy is die enigste verandering aan die span wat die Sharks met 40-10 in die kwarteindstryd geklop het.

Nog ’n All Black-stut Tim Perry, wat teen die Sharks in die opdrafspan was, skuif terug plaasvervangersbank toe.

Soos ek Robertson al ervaar het, sou hy oop kaarte met Crockett gespeel het toe Moody ’n paar weke gelede beseer is. Crockett het na alle waarskynlikheid toe al geweet dat hy net die instaanspeler sou wees en dat Moody weer gekies sou word wanneer hy van sy besering herstel het.

Crockett sou geweet het sy laaste wedstryd sou op 4 Julie teen die Highlanders wees – dié dag toe die

Is dit nie een van die redes waarom die Crusaders so suksesvol is nie? Speel oop kaarte met jou grootste bates.

Albei spanne wemel van die All Blacks en afgesien van die flank Jordan Taufua, het die sewe ander Crusader-voorspelers almal toetsrugby gespeel. Dis wat die Crusaders die voordeel kan gee, want as die Hurricanes se gevaarlike agterspelers beweegruimte gegee gaan word, kan hulle baie maklik verras.

Spanne ‒
Crusaders: David Havili, Seta Tamanivalu, Jack Goodhue, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Bryn Hall, Kieran Read, Matt Todd, Jordan Taufua, Sam Whitelock (kapteins), Scott Barrett, Owen Franks, Codie Taylor, Joe Moody. Bank: Andrew Makalio, Tim Perry, Michael Alaalatoa, Luke Romano, Pete Samu, Mitchell Drummond, Mitchell Hunt, Braydon Ennor.

Hurricanes: Nehe Milner-Skudder, Julian Savea, Jordie Barrett, Ngani Laumape, Ben Lam, Beauden Barrett, TJ Perenara, Blade Thomson, Gareth Evans, Brad Shields (kaptein), Sam Lousi, Michael Fatialofa, Jeff To’omaga-Allen, Ricky Riccitelli, Toby Smith. Bank: James O’Reilly, Chris Eves, Ben May, Vaea Fifita, Ardie Savea/Reed Prinsep, Jamie Booth, Ihaia West, Wes Goosen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.