Is 2019 die jaar van die Noordelike Halfrond?

Engeland se Eddie Jones glimlag breed nadat sy span met Ierland op Twickenham klaargespeel het. Foto: Facebook.

In Game of Thrones praat hulle gereeld van die “King of the North”. En hoewel die televisiereeks waarskynlik niks met krieket en rugby uit te waai het nie, is vanjaar se sportkonings beslis vanuit die Noordelike Halfrond.

Engeland se krieketspan het vir Nieu-Seeland op dramatiese wyse op Lord’s geklop om sodoende Australië en Indië se Wêreldbeker-oorheersing te beëindig. Australië was krieket se koning in 1999, 2003, 2007 en 2015, terwyl Indië in 2011 met die louere weggestap het.

Nou lê die Wêreldbeker-rugbytoernooi en wag en hoewel Rassie Erasmus ’n sterk Springbokspan na Japan stuur, en terwyl almal weet dat die All Blacks onder Steve Hansen eintlik steeds die beste span ter wêreld is, is Ierland, Engeland en Wallis bepaald aanspraakmakers op die silwerware.

Engeland is die enigste span vanuit die Noordelike Halfrond wat die William Webb-Ellis-trofee omhoog kon hou, toe hulle in 2003 vir Australië in die eindstryd gewen het. Maar onder die topvyf rugbyspanne ter wêreld is drie vanuit die Noordelike Halfrond.

Hier is ’n vinnige kykie na die topspanne:

  • Engeland (derde op ranglys):

Eddie Jones het vroeg sy groep vir die Wêreldbeker bekend gemaak. Die Rose speel op 22 September teen Tonga en hulle sal propvol selfvertroue wees nadat hulle Ierland met 57-15 op Twickenham afgeransel het.

Voorspelers: Dan Cole, Luke Cowan-Dickie, Tom Curry, Tom Curry, Ellis Genge, Jamie George, Maro Itoje, George Kruis, Joe Launchbury, Courtney Lawes, Lewis Ludlam, Joe Marler, Kyle Sinckler, Jack Singleton, Sam Underhill, Billy Vunipola, Mako Vunipola, Mark Wilson.

Agterspelers: Joe Cokanasiga, Elliot Daly, Owen Farrell, George Ford, Piers Francis, Willi Heinz, Jonathan Joseph, Jonny May, Ruaridh McConnochie, Jack Nowell, Henry Slade, Man Tuilagi, Anthony Watson, Ben Youngs.

  • Ierland (vierde op ranglys):

Die sperdatum om die finale spanne vir die Wêreldbeker aan te kondig is eers 8 September en Ierland – wêreldrugby se vierde beste span – het nog net ’n oefengroep van 44 spelers aangewys. Hul Wêreldbeker-veldtog begin op 22 September teen Skotland.

CJ Stander is in dié groep opgeneem.

Agterspelers: Will Addison, Bundee Aki, Ross Byrne, Joey Carbery, Jack Carty, Andrew Conway, Keith Earls, Chris Farrell, Robbie Henshaw, Dave Kearney, Rob Kearney, Jordan Larmour, Kieran Marmion, Luke McGrath, Conor Murray, Garry Ringrose, Jonathan Sexton, Jacob Stockdale.

Voorspelers: Rory Best, Tadhg Beirne, Jack Conan, Sean Cronin, Tadhg Furlong, Cian Healy, Iain Henderson, Rob Herring, Dave Kilcoyne, Jean Kleyn, Jack McGrath, Jordi Murphy, Tommy O’Donnell, Peter O’Mahony, Andrew Porter, Rhys Ruddock, James Ryan, John Ryan, Niall Scannell, CJ Stander, Devin Toner, Josh van der Flier.

  • Wallis is tans die eerste span op wêreldrugby se ranglys. Foto: Facebook.

    Wallis (eerste op ranglys):

Dit is Warren Gatland se laaste toernooi aan die stuur van Wallis en hy sal alles in die stryd werp om toe te sien dat sy span se naam in die geskiedenisboeke opgeteken word.

Die Rooi Drake is tans die beste span ter wêreld nadat hulle die All Blacks op die ranglys onttroon het. Met spelers soos Alun Wyn Jones, Jonathan Davies, Dan Biggar, George North en Liam Williams in hul geledere is hulle beslis van die sterkste spanne by die kompetisie.

Hulle het egter vir Taulupe Faletau en Gareth Anscombe weens beserings verloor.

Hul finale groep van 31 spelers word op 1 September aangekondig en hulle speel op 23 September teen Georgië in hul openingswedstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frans C ·

Die groep indeling maak die toernooi gunstig vir die Noordelike halfrondspanne.
In Groep ‘A’ behoort Ireland en Scotland 1ste en 2de te kom.Japan sterkste buite perd.
In Groep ‘B’ behoort NZ en RSA 1ste en 2de te kom.Taly sterkste buite perd.
In Groep ‘C’ behoort England en France 1ste en 2de te kom.Argentina sterkste buite perd.
In Groep ‘D’ behoort Wales en Australia 1ste en 2de te kom.Georgia sterkste buite perd.

Gebeur dit is daar drie Noordelike halfrond spanne bo in hul afdelings,teenoor een van die Suidelike halfrond.Die toernooi is dus gunstig vir hulle.

JohanL ·

Frans, met jou voorspelling bestaan die top 8 spanne dan uit die “ou” Vyfnasie-spanne en die “ou” Drie-nasies spanne. Ek dink die Argentinie vs Frankryk wedstryd gaan sleutel wees in Groep C. Frankryk is so wisselvallig en Argentinie lyk dalk of hulle die toernooi bietjie moeg ingaan?

Die ander faktor sal moontlik die weerstoestande wees. Klink my dit kan reen in Sept/Okt en Noordelike Halfrond spanne weet ons is gewoond daaraan.

Frans C ·

@JohanL.Johan die Noordelike halfrond se voorbereiding lyk vir my weens die aard van hul kompetisie beter as dir Suidelike halfrond..Die manier waarop veral Engeland vir Ierland afgeransel het hoe niks goed vir ander spanne in nie.Hopelik was dit ‘n eenmalige vertoning een sal dit in Suid Afrika se guns tel as of Frankryk of Argentina Engeland wen. Dit is onwaarskynlik en moet Engeland seker soos in 2003 die beste kanss he om die beker te wen.

Viss ·

Engeland of enige van die ander lande se spanne kan eerder die trofee wen as NZ. Ek persoonlik hou niks van Engeland nie, ondersteun geen Engelse spanne in sport nie, maar hierdie jaar,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

kolla ·

Wel nie eintlik nie behalwe dat ten minste een van die Noordelike Halfronde spanne verseker sal deurdring na die halfeindronde (as ons volgens jou voorspellings gaan). Dit bygesê, ek het ook die gevoel ‘n span van die Noordelike Halfrond gaan die beker wen. My geld is op Wallis.

Nico K ·

NZ bly die gunsteling. Maar in rugby is die bal nie rond nie en kan enige span wen as die bal reg spring. Behalwe Engeland was geen van die ander Europese spanne ooit kompeterend nie, maar Ierland en Wallis se kanse is die beste ooit. Australië en Argentinië is af hierdie jaar en hulle gaan sukkel om die halfeind te haal. SA se kans is ook goed. Ek is baie positief hierdie jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.