Is daar ‘n skroef los in die Kaap?

Net 49 van dié. (Foto: stuff.co.nz)

Net 49 van dié. (Foto: stuff.co.nz)

Ek het darem lekker in my mou gelag toe ek hoor dat die Westelike Provinsie in vanjaar se Curriebeker-reeks by die plan van Robbie Fleck se Stormers wil hou.

Is dit nou dié ene wat net 49 drieë in die Superrugbyreeks kon druk, wat met 60-21 deur die Chiefs (wat na Suid-Afrika moes vlieg) in die halfeindstryd getroef is, teen die Lions, Sharks (op Nuweland) en Bulls verloor het en Australiese spanne moes klop om vir die uitspeelrondes in aanmerking te kom?

Ek het niks teen die WP of die Stormers nie. Ek het agting vir die WP se direkteur van afrigting, Gert Smal en Fleck. Inteendeel, voor my studentejare op Stellenbosch het ek nog altyd `n sagte plekkie vir rugby in die Kaap gehad. Wat my bekommerd maak, is dat die WP (en die Stormers) klaarblyklik nie wil byt aan die patroon wat al die Nieu-Seelandse spanne volg nie, dieselfde patroon waarmee die Lions welslae behaal, dieselfde een wat die Vrystaatse Cheetahs, Sharks en Blou Bulle nou ook in die Curriebekerreeks omarm.

Wat het geword van die spelers se natuurlike flair, hul natuurlike instinkte? Is die klem op verdediging nie te groot nie? Die Stormers het immers die minste drieë (28) in die Superreeks afgestaan, maar wat kan hulle daarvoor wys?

Kyk maar wat die afgelope Saterdag in die Curriebekerreeks gebeur het. Die Lions het tien drieë gedruk teen die Pumas wat bekend is vir hul verdediging. So ook die Sharks wat Griekwas geklop en ses drieë gedruk het asook die Vrystaat wat vyf keer agter die Blou Bulle se doellyn gaan kuier het.

Ja, dit is `n verwaterde reeks sonder die Bokke, maar dis tog die broeikas vir volgende jaar se Superreeks. As die spelers nie drieë in die Curriebekerreeks druk nie, as hulle nie die tempo van die spel kan lig nie, hoe sal hulle dit teen spanne met `n opskietverdiging kan doen?

Daar sal dus `n algehele klemverskuiwing moet kom en nie op planne van die verlede staatgemaak moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakkalas ·

Oe eh eh. Lyk my dis die kultuur ding waarvan Alister Coetzee praat. Dat die Lions nie dieselfde kultuur as die Bokke het nie en daarom gaan hulle(Bokke) nie die Lions se speel patroon volg nie. Lyk my dis hardkoppigheid of sy ego is groter as die spel….. dalk het die “kultuur”klaar diep spore by die WP en Stormers gelos?

Cjan ·

Jakkalas oom Albaster kies WP spelers wat glad geheel en al nie eers amper in vorm is nie. Hy kies nou WP spelers wat voorheen benadeel is. Hy gaan in elk geval sy Albaster sien as hy nie hardloop rugby gaan speel nie. Dok Craven het altyd gese jy moet nie groter as die spel wees nie, dis wat Allie nou is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.