Is Damian se beste posisie heelagter?

Damian Willemse (Facebook Foto Leon Lestrada)

Die vlugvoetige Damian Willemse se grootste bate is besig om sy grootste las te word.

Wie se skuld is dit? Die uitasem media en ondersteuners wat na hom as die wonderkind verwys?

Jinne mense, hy is net 20 jaar oud en moenie laat dit nou al na sy kop toe gaan nie. Moenie te gou hoë verwagtinge skep nie, hoewel dit reeds al gedoen is. En moenie van hom verwag om in elke wedstryd 20 spelers na die lug te laat gryp nie.

Kyk maar wat gebeur het met Curwin Bosch, die vorige wonderkind. Wat van Brent Russell?

Willemse is vaardig, baie vaardig, maar hy sal moet leer om nie elke keer elke teenstander te wil klop nie.

Man teen man en (byvoorbeeld) in sewesrugby sal hy dit waarskynlik regkry, want dit is uiters moeilik om ʼn teenstander op volle vaart te keer wanneer hy na albei kante toe kan systap.

Maar wanneer Willemse onder druk geplaas word, sy ruimte beperk word en hy te veel op eie houtjie wil doen, loop hy hom telkens vas teen die verdediging en word besit prysgegee.

Sy leemtes en gebrek aan ervaring is Saterdag in die Curriebeker-eindstryd tussen die Westelike Provinsie en Sharks oopgevlek, want hy is onsuksesvol op senter ingespan. Dit was ʼn waagstuk deur die Westelike Provinsie se afrigter, John Dobson, om Willemse daar te kies en hy het dit ná die kragmeting erken.

Só ook het Willemse gesukkel in vanjaar se Wêreldkampioenskap vir o. 20-spanne.

Hoe lyk die pad vorentoe met Handré Pollard en Elton Jantjies nou gevestig as die Springbok-losskakels?

Skuif Willemse heelagter toe.

Die All Blacks is in dieselfde posisie met Damian McKenzie. Soos elke rugbyspeler, wil McKenzie ook losskakel speel om in beheer te wees, om die toutjies te kan trek.

Maar in spanverband is daar geen ander keuse nie. Die All Blacks kies hom in die nr. 15-trui of gebruik hom as impakspeler.

Nou moet die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, met Willemse volg.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wesley ·

Einste, veral hierdie beheptheid van ondersteuners om elke liewe opbrengs van n stukkie rugby-goud te ophemel en dan hul te rek, trek en strek tot hul nie meer kan nie. Mense weet nie hoe om geduld te he en jongelinge laat natuurlik te ontwikkel nie. Ons doen dit met ons eie kinders ook. Resultate is al wat saak maak…

Poot ·

@Pieter Kruger
Moet ASB nie eers vir Willemse en McKenzi in dieselfde klas probeer plaas nie.
Wilemse is useless in alle posisies. Dit het hy nou al deeglik bewys. Punt.

@Poot ·

Stem heelhartig saam met Poot. Pieter en Rassie dink dieselfde – soek die hele WP span in die Springbokspan!! Ongelukkig kan hulle nie eens Curriecup wen nie.

Swartwolf ·

Stem heeltemal saam sy beste posisie is enige een waar hy nog nie in ‘n Springbok trui hoef te speel nie. Op junior vlak goeie indruk gemaak op senior vlak uiters middelmatig op heelagter, losskakel en senter. Ongelukkig deel van ‘n WP span wat nie onder druk goed vertoon nie. Toe Sharks, veral vdMerwe en du Preez’s hulle voor aanvat toe verkrummel hulle. Willemse het op senter nie ‘n idee gehad nie. Te min en te dun.

rollie ·

Die Sharks se skrum het verkrummel ja, nogal met spiertier Thomas en al. Ha, ha. Vermaak is beter as Thomas.

Frans C ·

Die Suid Afrikaanse benadering tot die spel is verkeerd.Die Haaie het met kragtige voorspelerspel die fut uiot die WP gehaal en was in die proses 4 keer oor die doellyn.

Maar wat nou gemaak as jy teen ‘n span kom wat oor net so ‘n sterk pak beskik?
Dan is dit die spelers wat spel skep vir die spelers rondom hulle en hulle instaat stel om
om oor die voordeellyn te kom.Dit All Blacks kry dit goed reg en in 90% van die gevalle
het ‘n speler ondersteuning weers kante van hom,wat hom opsies gee.

Kyk maar na hoe die Haaie speel ,kragtige voorspelers probeer baie keer alleen oor die voordeellyn kom.Slaag hul daar in lyk dit goed.Gebeur dit nie en word besit omgedraai ,buit veral NZ-spanne dit uit.Die All Blacks is nie soveel beter nie as wat die telbord elke keer aandui,hulle speel net soveel slimmer met balbesit en dit beteken dat spanne
dikwels in opvangrugby vasgevang word.

Almal skryf spanne soos die Wallabies af omdat hul net nie die mas teen die All Blacks opkom nie. Tog beskik die span oor uitstaande spelers en kan volgende jaar vir ‘n verrassing sorg.

Swartwolf ·

Great observasie. All Blacks kan meeste situasies hanteer en steeds wen met slim spel en kwaliteit spelers. Elke speler is beste in sy klas meestal nie net in NZ nie maar die wereld. In Bok rugby is dit nie die geval nie en moet die span met spelers tevrede wees waar sekeres nie eers in die top 3 in SA is nie agv voor die hand liggende redes. Met daai benadering sal die span speel nie om te wen nie maar eerder om die verloor so aanvaarbaar as moontlik te maak so hulle sal terugaan na ‘n gedrilde patroon en nie vry vloeiende rugby speel wat al die vaardighede ten toon stel nie. Dis wanneer meer kreatiewe spanne die bokke klop.

rollie ·

Ek was uiters terleurgestel in Australie se agterlyn vanjaar. Maklik die swakste wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Willemse is ‘n laaitie van 20, gee hom kans. Ongelukkig neuk hulle met hom rond soos met Bosch en Lambie en druk hom in enige posisie in.

Lekker lag ·

Daar is seker ooreenkomste tussen McKenzie en Willemse mbt dat hul uit plek speel maar McKenzie is soveel van ‘n “footballer” dat hy waarskynlik in enige posisie in die agterlyn behalwe skrumskakel meeste toetspanne sal maak. Groot verskil daar tussen hom en Willemse wat selfs op junior vlak internasionaal sukkel. Willemse moet nog junior rugby speel glad nie huidigluk toetsmateriaal nie.

DR ·

Verloor ons sal diw kaptein wer net se,,, baie geleer in die game en ons moet teruggaan na die drawing bord toe

Swartwolf ·

Du Toit is ‘n losskop wat op vaskop gespeel word. Toe Oosthuizen opkom was die Shark skrum stabiel en kon die du Preez’s en ander baie druk op WP uitoefen en eintlik maklik wen. Du Toit is nie verniet reeds ‘n Springbok nie. Vermaak het nie die fisiese kwaliteite van ‘n toets vlak stut nie.

nico k ·

Ek glo Willimse moet op losskakel bly. En gee hom kans. En ek stem saam met Frans C. Die All Blacks hou die bal lewendig terwyl ons voorspelers nog geneig is om in die man vas te hardloop en vas te maak. Jy behou balbesit, maar gee net die verdediging kans om uit te sprei. Ek hou nie noodwendig van die du Preez nie, maar is beindruk met Jean Luc se bereidwilligheid om die bal lewendig te hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.