Is die bloed steeds groen?

Dit bly een van die moeilikste, maar in baie ander gevalle ook een van die maklikste besluite wat ʼn sportman moet neem wanneer hy oorsee verhuis om vir ʼn ander land oorweeg te word.

Dink maar aan die opslae wat Zola Budd en Kepler Wessels destyds gemaak het. Dink maar aan Kevin Anderson, wat soos baie ander tennisspelers voor en nog ná hom, geen ander keuse gehad het as om na Amerika te verhuis om daar sy drome te gaan verwesenlik nie; ook soos Kevin Curren en Johan Kriek voor hom.

Dink aan KP Pietersen.

Kom ons blaai na die menigte rugbyspelers wat sedert 1992, met Suid-Afrika se hertoelating, ook die pad buiteland toe gekies het.

Dink maar terug aan die boerseun van die Kalahari, Tiaan Strauss, wat destyds na Sydney verhuis het om later in sy loopbaan 11 toetse vir Wallabies te speel.

Strauss het tussen 1992 en 1994 15 keer vir die Springbokke gespeel en was ook op ʼn keer kaptein.

Hy het ook 153 wedstryde vir die Westelike Provinsie gespeel, maar toe staan die destydse afrigter Kitch Christie voor ’n moeilike keuse: Francois Pienaar of Strauss (ook as kaptein).

Die res is geskiedenis, hoewel ek steeds glo dat Strauss sy plek in 1995 se Wêreldbekerspan verdien het.

Dink ook maar aan Clyde Rathbone, Dan Vickerman, CJ Stander, Quinn Roux, Rob Herring, Richardt Strauss, WP Nel, Josh Strauss, Ruben de Haas, Hanco Germishuys, Marcel Brache, Pieter de Villiers, Rory Kockott, Brian Liebenberg, Mike Catt, Mouritz Botha, Brad Barritt, DTH van der Merwe, Quintin Geldenhuys, Roland de Marigny en Wimpie van der Walt.

Die getal moet sekerlik al naby die 100 draai en jaarliks word dit meer.

Niemand kan hulle dit kwalik neem nie, want hulle is voor die keuse gestel om in Suid-Afrika te bly en dalk nooit toetsrugby te speel nie.

Kom ons wees eerlik, hoeveel van ons sal die kans laat verbygaan?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sam ·

In al die bo genoemde name dink ek daai manne se besluite was bitter moeilik. Maar hoe sake vandag staan is dit die beste geleentheid en n logiese keuse.

bloues ·

Met die politiek hier is ons besig om rugby uit te fasseer sodat sokker meer aandag kan kry. Dit sal egter nie geld vir Suid Afrikaanse sokker nie.

penny ·

Bok rugby dood verander asb nou die naam na Winny Mandela span

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.