Is die Bokke nog die beste span in Afrika?

italie-logo-cropAllister Coetzee se Springbokspan is die swakste Bokspan ooit. Ná Saterdag se skokneerlaag teen Italië (wat deur baie ondersteuners voorspel is), is daar geen salf meer aan hierdie Bokke te smeer nie.

Die eerste nederlaag ooit teen Italië (13de op die Wêreldranglys) , die eerste nederlaag tuis teen Ierland (wat met net 14 spelers moes klaarkom nadat CJ Stander reeds in die eerste helfte afgestuur is), ʼn rekordnederlaag teen Nieu-Seeland (15-57) en die eerste keer oorsese slae teen Argentinië (in Salta) …

Dit volg na verlede jaar se skok teen Japan (32-34).

Nou is daar Italië, ʼn land wat dusver net 181 van sy 472 wedstryde (38.35%) kon wen, en wat al teen Zimbabwe, Namibië, die Tsjeggiese Republiek, Duitsland, Spanje, Marokko, Roemenië, Rusland, Tonga, Samoa, die Cook-eilande, Japan en Fidji verloor het.

Hulle is ook voorheen op toer in Suid-Afrika deur die Luiperds, Grens-Bulldogs en Poemas geklop en het in 1998 ʼn honderdtal, 101 punte teen die Bokke afgestaan.

Die Bokke het vanjaar 11 toetse gespeel, maar net vier gewen, 227 punte aangeteken, maar 302 afgestaan. Boonop kon hulle nie ʼn onervare Barbarianspan, wat gelaai was met spelers sonder toetsondervinding en net een keer saam kon oefen, klop nie.

Daar was voorheen ook swak Bok-spanne, maar gewoonlik net vir ʼn reeks of twee. In 1964/’65 het die Bokke sewe toetse namekaar verloor, maar dit was oorsee teen Ierland (6-9) en Skotland (5-8), teen die Wallabies in Australië (11-18 en 8-12) teen die All Blacks in Nieu-Seeland (3-6, 0-13 en 3-20). Nee, nie teen Italië of Japan nie, en ook nie teen Argentinië nie!

In elke een van daardie Bokspanne was daar Bokke wat ʼn Wêreldspan sou haal … Jannie Engelbrecht, John Gainsford, Mannetjies Roux, Dawie de Villiers, Avril Malan, Frik du Preez, Tommy Bedford, Jan Ellis en Doug Hopwood en nog sulke ysters.

Daar was spelbrekers en spelskeppers, en daar was ysters.

In 2002 is die Bokke met 21-6 deur Skotland, 30-10 deur die Franse en 53-3 deur Engeland oorrompel, maar het die jaar daarna teruggeveg.

Hoeveel van die huidige Bokke sal  ʼn Wêreldspan haal? Hoeveel van die huidige Bokke sou ná elke toets in ʼn gekombineerde span met die teenstanders die paal gehaal het?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Waghond ·

Geen een vd spelers sal op huidige vorm ‘n wereldspan haal nie.

Riaan ·

Al die bokke is tans ysters, hulle sink baie vining tot die bodem van die wereld rugby.

callie ·

SA is nou n tipiese Afrika span. In Afrika is daar basies net Namibia wat enigsens met ons provinsiale spanne vergelyk kan word. Wat net onverskoonbaar is , is dat AC nie dadelik sy bedanking ingedien het nie. Ook tipies n Afrika manier. Wat gebeur is totaal n afrigtings “failure” en daar kan nie verder daarmee voortgegaan word nie. ASB Allistair, jy saai nog verder onmin in n TOP sport wat jy eienhandig in een seisoen vernietig het

Hennie ·

Dit is so waar. In ‘n korporatiewe omgewing is jy jou werk kwyt met sulke resultate, hoekom nie in Rugby nie. Dit het ontaard in ‘n regte “fish and chips “winkel.

Swanna ·

AnC is ‘n patetiese afrigter en hy en sy kronies is dit nie werd om ‘n bokspan afterig. Die gevoel wat ek kry is dat geen van die spelers wat opgekomandeer word vir hierdie wedstryde stel geensins belang om enige wedstryd onder sy beheer te wen nie. Baie van hulle is goeie spelers. Dit het al voorheen die verlede al baie gebeur met ons provinsiale spanne. As ‘n afrigter nie sy sout werd is nie trek hulle skeef. Kyk maar na ons politiek. Dit is hulle manier om te toy toy teen dit wat hulle voel verkeerd is. Daar is groot fout in die bok kamp. Dit is nie die bokke nie dit is die bok opasser. (Skaapwagter). Saterdag kon jy sien daar wil iets gebeur maar dan stop die hele ding net daar. Die manne se lyftaal vertel jou alles hoe hulle oor die saak voel op die veld wanneer hulle speel. Raak onstlae van AnC en sy sy hele gespuis kronies.

heksie ·

Ek dink Heyneke Meyer kry baie lekker……die fout het mos by HOM gele oor die bokke so pateties is…….en nou?????

JG ·

Die bokspan behalwe Paige en paar van die plaasvervangers is nie sleg. In hierdie is span is daar bitter goeie spelers. Hulle is net nie meer lus vir die gemors wat hier aangaan nie. Dis n wonderwerk dat die krieket span nog so goed doen .

Pietman ·

JG ek stem . ons spelers is nie regtig so sleg nie. Afrigting is die groot probleem. net as voorbeeld, Faf en Jantjie lyk soos sterre in die Leeu -span maar sak uit in die bok span. De allende was ook ‘n ster in Heneke se span maar sak uit onder AC. Ons groot probleem is dat ons nie oor die voordeellyn kom nie. Dis nou op aanval en verdediging. Ons speel veels te diep. En natuurlik kry ons geen spelers met vaart wat lyne hardloop nie. Jy kan nie stilstaande die bal kry en dik jy gaan drieë druk nie. Spoed is belangrik, ons moet ook vinnige balle kry wat ons nie huidiglik kry nie. met die regte afrigting kan hierdie span die All-Blacks klop. Maar dan moet kwotas uitgelos word, want dit neuk die spangees ook op. Paige en oupa hoort nie daar nie.

TStrydom ·

J D -Of die Proteas werklik so goed is twyfelagtig, onthou dat Australia verloor het teen Engeland, Indië en Siri Lanka. Kan mens hulle gebruik as maatstaf ?

JackRussell ·

Die enigste wat oorbly is om die bokke te boikot.

Nie gedink ek sal dit ooit sê nie. Ek is klaar met die springbokke, sal nie weer vir hulle ondersteun voor die nonsens uitgesorteer is nie. Geen wedstryde kyk, op tv of by die stadion, of hulle klere dra nie. En daar is baie wat ook so voel, hopenlik kan almal dit deurvoer

Nico ·

Vra elke speler op toer om sy eie springbokspan te kies(Annoniem). Gebruik dit en kies dan die span volgens die spelers se keuses. AC sal hieruit kan aflei watter kombinasies volgens die spelers sal werk en dan n wedstrydplan ontwikkel rondom die spelers se sterkpunte

Gerhard ·

Riaan, ek kan nie saamstem met die ysterstorie nie. Praat met die scrap dealers en Jy Sal hoor dat staal se prys is beter as die ligter plaatmateriale wat genoem word Subgrade. Nou ja, Subgrade staal Sal beter by die vergelyking pas. Ons kan nie staal so beledig nie. Sy waarde is darem bietjie beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.