Is dit die einde van die Bulle se madeliefie?

Die Bulls se drag vir 2018. (Foto: BBM)

Dit klink of die Blou Bulle se geliefde madeliefie ná 80 jaar nie langer gaan bloei nie.

Met die bekendstelling Woensdag deur die Blou Bulle-maatskappy van die Bulls se Superrugbydrag vir aanstaande seisoen is gemeld dat die verskaffer, Puma, ʼn nuwe embleem ontwerp het en dat al die bond se spanne – van Superrugby tot die o.19-reeks – vir die eerste keer dieselfde embleem sal voer.

Dit gee aanleiding tot die leuse “Een erfenis, een familie, een droom, een embleem, een drag”.

Die madeliefie verskyn nie op die nuwe embleem nie.

Die bond, wat in 1938 as Noord-Transvaal tot stand gekom het, vier aanstaande jaar sy 80ste verjaardag en luidens sy verklaring word die oorspronklike kleure uit eerbetoon weerspieël in die ligblou voorpant en wit agterpant van 2018 se drag.

ʼn Grafiese 20180-voorstelling op die bors dui op die erfenis van die 80 jaar, lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter Kruger ·

Kyk maar wat se^ die mediaverklaring (in Engels): “Paying homage to the original Bulls kit from 1938, the new outfit for Super Rugby, SuperSport Rugby Challenge and Currie Cup tournaments stays true to the blue and white strip in a two-tone manner with the front of the entire kit baring Bulls’ blue and the back a crisp white.”
Dis tog duidelik, die madeliefie is weg, soos verlede maand se “pay”

Veritas ·

Gelukkig het ek verlede jaar al , na 52 jaar, my ondersteuning aan die, eens trotse span, onttrek. Wie was die idioot (e) wat dié besluit geneem het? Ek hoop nie ander sportsoorte gaan dié spul stommerikke se voorbeeld volg nie.

Adriaan ·

Nou sien n mens hoe baie valse ondersteuners daar is. Koebaai! Julle sal nie gemis word nie. Ons almal weet julle is weer terug sodra die Bulle weer wen.

Poot ·

Sjoe maar julle Bulls ondersteuners is darem maar onoplettend. Die daizy is al verwyder van die trui gedurendie Super reekse. Gaan kyk gerus na die baie “populêre” camo truie asook die veelbesproke swart en rooi trui. Moet nie die pienk trui vergeet nie. Ek is ‘n groot Bul ondersteuner…..maar waaragtig, genoeg is genoeg met die truie wat so verander.
Speel ons rugby of is ons in ‘n mode kompetisie?

Hewitt ·

Weet nie hoekom almal so kwaad is oor die madeliefie nie. Die huidige spelers is nie daardie trotse tradisie werd nie. Dit is goed dat hulle die madeliefie verwyder, dit hoort nie op die nuwe Bulle se truie nie, want hulle speel sonder trots en het geen respek vir die geskiedenis van die unie nie. Dit gaan net oor geld en hulle “image”!

Jorrie Jordaan ·

Hel!!!! Verandering is seker onvermybaar……maar nie so drasties nie!!!

Theo Jordaan ·

Hel!!!! Verandering is seker onvermybaar , maar nie soooo drasties nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.