Is dit die reeks van die linkervleuels?

André Potgieter, die linkervleuel van Bloemfontein Polisie, moet nog sy deel doen. (Foto: Facebook)

Die eerste weekronde van die SA Rugbyunie se internasionale oopklubreeks om die Goue Beker laat ‘n mens onwillekeurig wonder of dit die reeks van die linkervleuels gaan word.

Jafnos Chiwanza, Old Georgians (Zimbabwe) se linkervleuel, het Saterdag 32 punte in sy span se sege van 57-36 oor Raiders (Goue Leeus) aangeteken – byna soveel as wat die teenstanders almal saam kon regkry.

Hy het vier doelskoppe en agt strafdoele op die telbord geplaas.

Raiders se linkervleuel, Itumeleng Mpete, het drie van sy span se vyf drieë gedruk.

Jannie van der Merwe, Sasol van Secunda (Pumas) se linkervleuel, het Saterdag 20 punte teen Welkom (Griffons) opgestapel.

Hy het twee drieë gedruk en vyf doelskoppe behaal en Sasol het met 40-24 gewen.

Nog ‘n linkervleuel wat agter die doellyn gaan kuier het was Siyasangi Pati van Swallows (Grens).

Ndima Gwavu, Old Selbornians (Grens) se linkervleuel, het twee doelskoppe in punte omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.