Is Dyantyi beseer of weggelaat vir eindstryd?

Aphiwe Dyantyi – op die bank. (Foto Facebook)

Een van die twee veranderinge aan die Lions se opdrafspan wat verlede week in die halfeindstryd met die Waratahs klaargespeel het, laat ʼn mens effens kopkrap.

Cyle Brink vervang (soos verwag is ná sy armbesering) vir Lourens Erasmus, wat as flank in dié ongewone posisie teen die Waratahs aangenaam verras het, en die Springbokvleuel Aphiwe Dyanti is op die bank gekies.

Courtnall Skosan sal in sy plek speel, met Dyantyi op die bank. Skosan het Dyantyi verlede week ná rustyd vervang toe laasgenoemde van die veld is met ʼn dyspier wat hom las gegee het.

Die keuse van Skosan laat die vraag ontstaan: Is dit omdat Dyantyi nog las het van sy dyspier, of word Skosan deur die afrigter Swys de Bruin as beter geag?

En dís waar die kopkrap inkom. Jy kies tog nie die beseerde op die bank nie. As hy fiks genoeg vir die bank is, moet hy nie dan goed genoeg vir die beginspan wees nie?

Wat as die opdrafspeler vroeg seerkry en die beseerde op die bank dan met die opdrafslag sy besering vererger?

Of kan De Bruin in dié geval, gedurende die wedstryd die opdrafspeler as “taktiese” skuif vervang en met die beseerde waag? As hy dáárvoor goed genoeg is, moes hy nie maar in die beginspan gewees het met ʼn fikse speler wat hom kan vervang as sake skeefloop nie?

Of slaan De Bruin werklik vir Skosan, ná verlede jaar se einavertonings in die toetse, hoër aan as vir Dyantyi?

Die Lions se span ‒

15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrink, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (kaptein), 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert, 4 Marvin Orie, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Corné Fourie, 17 Dylan Smith, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Marnus Schoeman, 21 Dillon Smit, 22 Aphiwe Dyantyi, 23 Howard Mnisi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.