Is Engeland werklik wêreldbrekers?

Eddie Jones. Nou is dit Wallis se beurt (Foto theguardian.com)

Eddie Jones. Nou is dit Wallis se beurt (Foto theguardian.com)

Niemand kan dit betwis nie, dit staan op papier en reeds pryk Eddie Jones se Engelse rugbyspan in die rekordboeke.

Agttien toetswedstryde gespeel, 18 gewen … en die All Blacks se wêreldrekord (vir groot spanne ) van 18 agtereenvolgende oorwinnings is geëwenaar.

As Engeland Ierland Saterdag in Dublin klop, is die Rose die nuwe rekordhouer.

Hoe gaan ons dan die Britse rugbyskrywers se monde stilhou?

Maar hoor maar wat sê Jones oor sy span se unieke prestasie.

“Ons is nie die nommereen-span in die wêreld nie – gaan kyk maar na die ranglys. Ons is nommer twee en daar is `n gaping tussen ons en die nommereen-span (All Blacks),” het Jones Sondag in `n artikel in die Londense Sunday Times geskryf.

Ek glo Jones bedoel dit, hy is heeltemal eerlik en verwys na `n vierjaarplan waarvan die eerste jaar nou verby is.

Dis hoekom dit so belangrik is dat die Bokke moet raakvat en hul huis behoorlik in orde moet kry om nie verder agter te raak nie.

Maar is Engeland werklik die beste? Is Engeland beter as die huidige All Blacks wat die rekord laat spat het en nie daarop kon voortbou toe die Iere hulle verlede jaar in November in Chicago geklop het?

Is die huidige All Blacks beter as vorige All Black-spanne, en van hoeveel waarde is `n rekord as die lande nie teen mekaar gespeel het nie.

Hoe sou Engeland gevaar het teen die All Blacks-span wat tussen 1965 en 1969 17 toetse agtereenvolgens gewen het. Hoe sou die Engelse teen Nick Mallett se Bok-brekers gevaar het wat tussen 1997 en 1998 in 17 toetse onoorwonne was?

Sal iemand oor 20 jaar nog vir George Ford onthou? En wat van Danny Care, Dan Coles en Eliott Daly?

Is daar `n Colin Meads, Ian Kirkpatrick, Syd Going, Bryan Williams in die span? En wat van Os du Randt, André Venter, Joost van der Westhuizen, Henry Honiball, Mark Andrews en Bob Skinstad?

Wie sal oor tien jaar vir Dylan Hartley as Engelse kaptein onthou?

Maar daar staan dit in groot, vet swart letters: Wêreldbrekers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans C ·

Die manier waarop Jones se engelse span die Skotte verniel het, voorspel niks goed vir ander lande nie.Hoe ‘n mens ook daarna kyk Engeland beleef ‘n herlewing onder Jones en hoe langer
hul aan die wenkant bly,hoe groter die selfvertroue en hoe moeiliker gaan dit raak om hul te klop.

Robert ·

Die probleem vir engeland is dat hulle nie kwaliteit afrigters kan produseer nie. Ja Clive Woodward was goed maar het ‘n rukkie gehou en toe van die wa af geval. Nieu Seeland se resep is dat hulle nog altyd puik afrigters vir die All Blacks gehad het en dit is al so vir jare. Ek sien dat Engeland maar weer ‘n middelmatige span sal word wanneer EJ daar weg gaan. Kyk watter impak het hy gehad saam met Jake White toe hulle die bokke afgerig het. Ek glo nie die engelse is so ‘n vreeslike wonderlike span nie maar EJ maak hulle glo in hulself en dit gee hulle self vertroue sodat hulle kanse kan waag en dit werk.

JohanvSchaik ·

Kyk dit staan so.
Na-aap eddie die all blacks? Nee
Speel hulle wen rugby? Ja
Is dit altyd mooi? Nee
Wen hulle? Ja
Wen hulle, hulle vaste fasette? Ja
Is dit altyd mooi? Nee
Het hulle die bokke getrap? Ja
Het ons minister vam sport geweier om jones ‘n werks visum te gee in 07? Ja
Aou hy die bokke afgerig het indien hy genader was? Ja
Is die rugby publiek se strewe na “mooi” rugby besig om ons springbok span se kanse in die wiele te ry? Ja
Mooi rugby is wen rugby!
Wen jou eie vaste fassete, bou ‘n span om verdediging, domineer die ander pak! Dan sal j wen o en ‘n paar driee druk.
Tries win you games, but defemce wins championships!!!!
Nollis lees die asb

Nico K ·

Ek wil in ‘n mate met Johan saam stem. Ek kry die gevoel die spanne probeer hardloop rugby oordoen. Om goeie hardloop rugby te speel moet jy baie goed wees. En dit bly hoë risiko rugby. Om met elke bal te probeer hardloop is dom. Elke ding op sy tyd. En ja die meeste “mooi” drieë waaroor kommentators te kere gaan was a.g.v. swak verdediging.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.