Is Faf die oplossing in die nommer 9-trui?

Ruan Pienaar (Foto: Ulster Rugby)

Wat gebeur as Faf de Klerk die dag sou seerkry?

Aan die ander kant, is De Klerk die antwoord om die Bokke se aanslag by aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan te lei?

Hy was ʼn vars briesie in die eerste twee toetse in Junie teen Engeland, maar sy peil het gaandeweg verswak.

De Klerk, wat reeds in 17 toetse gespeel het, se wenpersentasie in ʼn Boktrui is ʼn skrale 35,25%. In die Rugbykampioenskap is dit nog minder: slegs 25%.

Ja, die Bokke se geploeter die afgelope paar jaar, kan nie net voor De Klerk se kop gegooi word nie, maar as ʼn mens in ag neem dat die Bokke se voorspelers (ook onder Allister Coetzee) deurentyd hul man gestaan het, wek dit kommer.

Gaan kyk maar na die Bokke se wenspanne van 1995, 1997/’98, 2007 en 2009. Joost van der Westhuizen en Fourie du Preez was die argitekte van dié oorwinnings. Hulle het die Bokke op die voorvoet geplaas, hulle het die toutjies getrek.

Sedert Rassie Erasmus die mantel oorgeneem het, was De Klerk sy eerste keuse, met Embrose Papier, Ivan van Zyl en Ross Cronje sy adjudante.

Soos ʼn hele paar ander posisies in die agterlyn is ʼn gebrek aan ervaring ʼn groot probleem. Die rondvallery tussen Handré Pollard en Elton Jantjies op losskakel maak dit ook nie makliker vir De Klerk nie.

Samespel mense, samespel.

Boonop is Papier nie eens die Bulls se voorkeurkeuse in die Superreeks nie. Hy is talentvol, maar het in nog net 4 toetse gespeel en Van Zyl in drie.

Hoekom word daar nie in die rigting van Cobus Reinach gekyk nie? Hy het, voordat hy in 2017 na Northampton in Engeland verhuis het, in tien toetse gespeel. Hy is net 28 jaar oud, het ʼn suiwer aangee en is vinnig van die merk af.

Suid-Afrikaanse rugby betaal ook nou die prys dat hy Ruan Pienaar jare lank soos ʼn stiefkind behandel het. Pienaar het in 88 toetse tussen 2006 en 2015 gespeel, maar is soos ʼn klimtol gebruik, want hy het weens sy veelsydigheid in elke agterlynposisie, van heelagter tot skrumskakel, in toetse gespeel. Ja, soms was dit as ʼn plaasvervanger en uit noodweer, maar sy talente is nooit na behore gebruik nie.

Hy is nou 34 en blink weekliks steeds vir Montpellier uit nadat hy jare lank die rots van Ulster was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

·

Leer maar by die All Blacks as een ou uitval vervang n beter ou hom, wat presies inval in die posisie sonder om eers te sukkel om aan te pas, ons het nog baie werk.

Stefan ·

Ek is geen rugbykenner nie. So my vraag is sonder bybedoelings: Hoekom as Faf die bal optel na n skrum of losgemaal, staan hy stul vir n ruk voir hy skop? Is dit reg? Is daar n doel vir dit. Na my leke mening is hy die enigste nr 9 in die land wat dit doen. Tweedens, is dit reg dat hy so baie net die ref praat?

volla ·

Ek is seker Pienaar het ‘n invloed gehad, dalk was meerkat sy idol op skool. Ha, ha.

Boxer ·

Nee dankie as hulle vir Pienaar terug bring kyk ek wragtig nie meer rugby nie.

Speedguard ·

Jou scrum bepaal jou Scrummie se performance swak bal, swak en vinnige besluite om net die bal weg te kry is dan die enigste oplossing, die wallebys was onkant met die laaste scrum of losgemaal , indien hy nie met die Ref praat nie sal hy dan die enigste een wees wat nie met die ref praat nie, Rassie moet ophou om mense uit posisie te speel en die mense hulle eie game speel, ek is glad nie ‘n Naas Fan nie maar het hy die spyker so op die kop geslaan !!Pieter Stef is goed maar is hy nie ‘n Flank of ‘n fetcher nie !!!

Josua Keys ·

Daar is huidiglik nie ‘n skrumskakel in die wereld wat beter rugby speel as Faf nie, hy speel op instruksie en hoe gouer die mense dit besef hoe beter, Johan Ackerman het ook instruksies gegee maar die ouens toegelaat om self die spel te ontleed. Nou is Faf die sondebok eers was dit Ross gewees wat te stadig was en werklik lê die problem nie by een van die twee nie. Die Leeus was die afgelope drie jaar die top span in SA maar hoeveel van hulle het op die veld gedraf gesamentlik vir n wedstryd, die Stormers het die hout lepel gekry vir die swakste span die jaar maar nege vandie spelers is in die Bok span “WHAT A JOKE” Asb mense skrik wakker en sien die werklike prentjie, ek sal nou n Springbok span aanmekaar slaan wat beslis n kans gaan hê in volgende jaar se wereld beker rugby met n kaptein wat weet hoe om druk te verwerk maar daardie span sal dadelik afgeskiet word as nie polities korrek nie en dit is die problem. Ek is n Leeu ondersteuner maar 75 % van my Bok span sal uit hulle bestaan. Smit, Marks, Dreyer(voor) Stef Du Toit, Franco( Slot), Jaco Kriel, Warren vlanke(Kaptien ), Dwain Vermeulen (no 8 o/k) Faf (skrumskakel), Juane Luke Du Plessis(no 10) Am(11) Ruan Jansen van Rensburg (Binne) en Andre Esterhuizen (buite), Combrinch(14)
Cheslin Colbie(15) Proof me wrong !!!!!

Ben ·

Stem saam jou. Dit is wat Kitch gedoen het. Jy neem SA se beste span en jy bou daarop. WP se spelers nie in form. Pieter Stef du Toit – nie n flank nie. Rasie kopie vir AC. Wat is die doel van n skrumskakel? Om die bal by die agterlyn te kry. Daar is niks fout met Faf se spel nie. Die vrot kaptein en sy haker hoort nie daar nie.

volla ·

Nee wat los maar vir up and under, meerkat Pienaar net waar hy is. So ook vir afkoppie Reinach. Gee Papier ‘n behoorlike kans (laat hy begin in ‘n toets). Die skrumskakel met die vinnigste diens in SA is Groom.

volla ·

Ek het lanklaas so gelag vir ‘n ander ou se span maar heel verrassend gooi jy nogal vir Kolbe en Du Plessis in. Ha, ha. Ouboet, daai span sal definitief teen Japan verloor.

Callie ·

Enige ou wat Kolbe kies, hy is seker die swakste verdediger in die land, moet regtig weer gaan dink. Dit is een van die groot probleme met keuses. Jy kies nie iemand oor hy een keer in 3 games n wonderlike drie gaan druk as hy 3 keer in een game sy tackles totaal mis nie.

Henk ·

Pieter Kruger, terwyl jy so graag ouens wil in skryf en uit skryf, laat weet asb sommer ook vir Rassie van die ou met die naam Ruan Combrink, daardie sensasionele vleuel wat ook senter en heelagter kan speel en in diens van die Lions is

Ruben ·

Enige skrumskakel is beter as de klerk ackerman het hom heeltemal uit die leeu span gedrop voor hy oorsee gaan afrig het

Charles ·

As Faf se hare nie sy visie belemmer sal hy baie beter wees, saterdag gesien hoe sy hare in sy gesig was met tye van spel. Klink simpel maar dink bietjie jy kan nie met hare dos so hoe impak sport speel. Ver nie op skrumskakel joy akkuraatheid sal daaronder ly.

Jakkalas ·

Daars so baie SAners wat oorsee rugby speel en weekliks beter speel as die maplotters. Dan moet mens vra waars die fout? Administrateurs,afrigters of die spelers? Ek sê definitief bo by die cronies met die vet tjeks elke maand wat niks omgee vir die spel nie. Skud daardie hok eerste en die res ondertoe sal in plek val. Hoe moeilik kan dit wees om dit raak te sien. Mense soek fout by die verkeerde plekke.

nico k ·

Ek wil saamstem met Stefan hierbo. Ek verstaan nie die neiging van skrumskakels se skop oor die skrum nie. (En nee Stefan alle skrumskakels doen dit deesdae.) Dit is ‘n mog het troffe skop, wat geen veld wen nie en 90% van die tyd net besit afstaan. As jy wil besit afstaan, gee dit vir die losskakel wat ordentlik veld kan wen, en kan kyk waar staan die ander span en dit nie in hul keel afskop nie. As die doel is om druk van die losskakel af te haal is dit goed, maar dan net as uitsondering. Skop is die losskakel se werk.

Danie Basson ·

Faf is die heel beste Skrumskakel ooit. Hy moet eintlik kaptein wees want net hy weet wat op die veld aangaan. Siya is “n briljante speller en sal ‘n goeie onderkaptein wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.