Is Jantjies en Willemse beter as Cronjé?

Lionel Cronjé (Foto Facebook)

Wat het van Lionel Cronjé geword?

Is Elton Jantjies werklik ʼn beter keuse as die voormalige losskakel van die Southern Kings, wat ook voorheen vir die Cheetahs, Stormers, Blou Bulle, Goue Leeus, Brumbies en Sharks gespeel het?

Is Damian Willemse werklik die geskikte plaasvervanger as Handré Pollard of Jantjies sou seerkry?

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, wil Jantjies nie vir die wolwe gooi nie. Hy glo dat hy met die regte ondersteuning, aansporing en afrigting steeds die wedstrydwenner kan wees waarop daar al soveel jare gehoop word.

Willemse, 20, gaan ook op heelagter ingespan word, want dit begin al hoe meer lyk of Willie le Roux vanweë sy verpligtinge by die Sale Sharks nie vir al die toetse beskikbaar gaan wees nie.

Maar, wat is die rede waarom Cronjé, wat net 29 jaar oud is en sedert 2017 vir Toyota Verblitz in Japan speel, nie nader getrek word nie? Hy word deur Jake White by Verblitz afgerig en sekerlik is hý al daaroor gepols?

Is hy beseer of bepaal sy kontrak dat hy nie toetsrugby mag speel nie?

Cronjé het vanjaar in 16 wedstryde in Japan reeds 148 punte aangeteken en Verblitz het tweede op die nasionale puntelys geëindig.

Voordat Cronjé hom ʼn seisoen of twee gelede by die Kings aangesluit het, het hy ondanks sy talent nooit wasdom bereik nie.

Eers toe hy by die Kings as kaptein aangewys is, het sy volle potensiaal tot sy reg gekom. Hy het agter verloorpakke gespeel, maar was die groot verrassingspakkie van die reeks.

Hy het verlede seisoen wel kans gekry om vir die Suid-Afrikaanse A-span teen die Franse Barbarians te speel, maar hy is toe op net een vertoning beoordeel.

Jare lank was hy in die Springboktou agter Pollard, Jantjies, Morné Steyn en Pat Lambie ‒ en nou lyk dit of sy Springbokdrome daarmee heen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wesley ·

Cronje was weggegooi vir nog n wit speler wat nie sy plek verdien het daai tyd wanneer hy sy volle potensiaal beryk het… Pollard was nie sy beste en sukkel sukkel met beserings saamgesleep in plek van Cronje. Hoe sou hy dalk nie sy Bok loopbaan kon bou as hy kans gegee was nie? Ek sal dit weer se. Chommie chommie is ons probleem, net so groot probleem as kwotas. Hoe kort is ons geheue net nie?

What a joke.. ·

En nou sit jul met skitterende doelloos bal weg skoppende mis baltassende jantjies….great wat n helse verbetering Wesley …great man en n twintig jaarige met baie potensiaal maar min ervaring…ja nee Wesley jou keuses spreek boekdele..
Maar as ons weet mos automaties hoekom.Die kwota puntestelsel moet bereik word…hoop jul het baie kwota ondersteuners wat rugby so lief hehad het soos baie X Springbok ondersteuners want jul gaan hul nodig he as ek die ding so kyk met die WP en ander wat finansieel sukkel….

Wesley ·

Joke, wat praat jy nou weer? Ek kies nie die span nie. Ek noem maar net die feite. Cronje was die uitblinker daai tyd, maar Pollard het in sy pad gestaan, daai tyd onverdiend. Ek ontken nie die feit van kwotas nie. Maar kwotas, in Cronje se geval, is nie die rede hoekom hy uitgesluit was nie. Jy kan nie net gryp na kwota verskonings in elke geval nie. En Cronje speel nou buiteland en nog nooit vir die Bokke gespeel nie, so sal nie oorweeg word nie. Nie oor kwotas nie. Kry maar net die feite reg asb.

Lukie Carelsen ·

Wat is “kwotas”?
Kan ons asb polities korrek wees en van “transformante” praat?

willie ·

Wie gee nog om wie speel vir die kwotabokke? So jammer vir al die spelers van alle rasse wat nie meer weet of hy op meriete of weens sy ras gekies is nie! Tragies

Frans C ·

Lees S A Rugby want :’According to SA Rugby’s strategic transformation plan, 50% of the Springbok team must be made up of players of colour by 2019.’

En dit kan net gebeur as Unies dit ook toepas.

Niklaas ·

Lionel Cronje het puik gespeel agter n powere agttal in n swak Kings span. Hy sou vir die Bokke een groot aanwins kon wees. Strate beter as ou Jantjes.

What a joke! ·

Ons weet dit maar Ou weezle weet dit nie en kan dit om nie verstaan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.