Is jy die skopkoning óf -koningin?

Joel Stransky het die wen-skepskop in die 1995 Wêreldbeker deur die pale gejaag. Foto: Facebook.

Het jy al daarvan gedroom om die Britse en Ierse Leeus soos Morné Steyn te sink; of dalk nes Joel Stransky of Jonny Wilkinson die Wêreldbeker vir jou land te wen?

Miskien wil jy net die meisie in jou klas beïndruk (sodat sy jou huiswerk begin doen) – jou skopvoet is immers die rede waarom jou skool met die Virseker-trofee in hul vertoonkas spog!

Nou ja, dan is die Skopkoning-skopkompetisie net vir jou.

Dié kompetisie word deur Beeswinkel in samewerking met Rocketfoot Kicking Academy en Harlequins Jeugrugbyklub aangebied. Die aksie begin op 1 Junie om 09:00 by Harlequins Rugbyklub in Pretoria.

Lekker kontantpryse is op die spel en net met ’n doelskop, skepskop of strafskop later, kan jy as die Skopkoning (óf -koningin – die kompetisie is ook vir meisies) bekend staan!

Die ouderdomsgroepe en pryse is:

  • Groep 1: o.9 – o.11 – R 1 000
  • Groep 2: o.12 – o.13 – R 1 500
  • Groep 3: o.14 – o.15 – R 2 000
  • Groep 4: o.16 – o.17 – R 2 500
  • Groep 5: o.18 – o.20 – R 3 000

Daarbenewens is daar ook in ’n ander uitdaging op die dag, die geleentheid om die titel vir die langste suksesvolle skop in elke ouderdomsgroep in te palm. Die wenners van hierdie titel ontvang elkeen ’n trofee.

  • Skoppers tussen die ouderdomme van agt en 19 jaar kan inskryf.
  • Inskrywings kos R50 per persoon en sluit op 30 Mei 2019. Besoek die skakel http://skopkoning.com/inskrywingsvorm om in te skryf.
  • ʼn Maksimum van 200 skoppers (40 per ouderdomsgroep) kan inskryf en die kompetisie vind by Harlequins Rugbyklub in Pretoria plaas.
  • Vir meer inligting, besoek https://www.facebook.com/Skopkoning/, of bel vir Andrew Berry (081 477 1656), Petrus van Heerden (083 231 0528) of vir Wihan van der Riet (060 894 8501).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marco polo ·

Is daar nie ‘n kategorie vir onder 60 nie? Laat die ooms julle wys hoe word dit gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.