Is Kolisi steeds die regte man in die saal?

Siya Kolisi – soos Eben Etzebeth verlede jaar, het sy spelpeil afgeneem sedert hy kaptein geword het. (Foto Facebook)

Dis enige rugbyafrigter se grootste nagmerrie: Wat maak jy die dag wanneer jou kaptein se peil nie meer na wense is nie en hy oënskynlike besluite neem wat jou span duur te staan kom?

Wie se besluit was dit om Saterdag in die Rugbykampioenskap die bal (op ʼn nat veld en naby die Springbokke se doellyn) skuins voor rustyd diep in te gooi wat tot ʼn drie vir die Wallabies gelei het?

Was dit dié van die kaptein, Siya Kolisi, of Franco Mostert s’n, wat die lynstaanroepe moes doen? Of het die haker Bongi Mbonambi die kluts kwytgeraak?

Dit was dié groot keerpunt in die toetswedstryd wat die Wallabies met 23-18 gewen het. Mbonambi is ná die lynstaan met Malcolm Marx vervang, wat toe ook ʼn ingooi verbrou het.

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, ontken dat die vervanging iets met die verbroude lynstaan te doen gehad het, maar dit was darem bloot te toevallig.

Wie se besluit was dit om ook vroeg in die wedstryd die bal twee keer na die loskopstut Steven Kitshoff heel voor in die lynstaan in te gooi? Dit was swak besit. Mens wonder, veral omdat jy vier lynstaanspringers van formaat (Eben Etzebeth, Franco Mostert, Pieter-Steph du Toit en Warren Whiteley) het, wat stukke beter as die Wallabies se twee slotte (Rory Arnold en Izack Rodda) is.

Etzebeth (15) het tot dusver die meeste lynstane in die reeks gewen en Du Toit (5) en Whiteley (4) staan ook nie terug nie. Hoekom dan nie bal op een van hulle gooi en seker van beheerde besit maak nie?

Die kans dat Kolisi vanjaar as kaptein vervang sal word, is feitlik nul, hoewel ek ʼn voëltjie hoor fluit dat Duane Vermeulen dalk aanstaande jaar oorweeg sal word om die mantel oor te neem.

Kolisi se eie spel (net soos dié van Etzebeth toe hy Whiteley verlede jaar vervang het) ly onder die bykomende verantwoordelikhede en dit lyk nie of hy dit geniet nie. Aan die ander kant, wie sal gedy as jou span vanjaar reeds vier van sewe toetse verloor het?

♦ Om ʼn Springbokkaptein te vervang, is so oud soos die berge. In 1937 is Danie Craven in die eerste toets teen die All Blacks in die toerkaptein Philip Nel se plek gekies. Fout, want die Bokke is met 7-13 geklop.

Nel het toe weer die kapteinskap in die tweede toets oorgeneem, wat die Bokke met 13-6 gewen het. Die Bokke het ook die derde toets met 17-6 gewen om die reeks in Nieu-Seeland met 2-1 te beklink.

♦ In 1963 was Abie Malan kaptein in die eerste twee toetse teen die Wallabies. Avril Malan was die nuwe kaptein in die derde toets, wat die Bokke met 9-11 verloor het. Daar is toe weer teruggeval op Abie Malan in die vierde toets, wat die Bokke met 22-6 gewen het.

♦ In 1981 is Wynand Claassen nie vir die eerste toets in Nieu-Seeland teen die All Blacks gekies nie. Fout, want onder Theuns Stofberg het die Bokke met 9-14 verloor.

Claassen was in die tweede toets weer op sy pos, wat die Bokke met 24-12 gewen het.

Dis nie ʼn maklike besluit om ʼn kaptein te vervang nie, en dit boemerang meestal, maar Kolisi se selfvertroue is (soos dié van die meeste ander spelers) daarmee heen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

MTSteyn ·

Dalk is ek weer stadig van begrip, maar Kolisi was ook vanaf 2017 Stormerskaptein in die Superrugbyreeks, en is 2018 is sy ‘leierseienskap’ verder beloon met kapoteinskap van die Bokke.

Was beide van bg. skuiwe polities van aard? Of was die man werklik vanaf begin 2017 tot letterlik Saterdag ‘n ware leier, en was sy swak spelpeil en leierskap Saterdag slegs ‘n onbenullige foutjie?

Gatvol ·

Kolisi is nie n goeie kaptein nie. Punt! n goeie kaptein is iemand wat lei deur voorbeeld,wat manne kan optel wanneer hulle le, so iemand is Warren Whiteley, hyt homself keer op keer bewys en die manne glo in hom, leiers word gebore, nie gekies omdat dit Polities korrek is nie, hy is nie die beste flank nie en dis klaar. Daar behoort twee flanke in daardie span te wees wat hulleself kies, Kwagga Smith en Marco van Staden met Warren as agtsteman en katein, jy kies nie n slot op flank nie, Die all blacks erken reguit dat hulle lugtig is vir Kwagga en nie kan verstaan hoekom hy nie in die span is nie, twee uitstekende baljagters saam Malcom Marx en daars min spanne wat sal saampraat met ons. Vir een of ander rede stem Rassie nie saam met die res van Suid Afrika en van die wereld se voorste rugby kenners nie, dalk hou hy maar net nie van Kwagga nie.Hoekom het hulle floreer onder Ackerman by die Lions? Hyt in hulle geglo en die regte kultuur geskep. Die punt is,hulle word nie gekies nie,die span word nie reg bestuur nie en Politiek beheer rugby in Suid Afrika.
Dalk moet Rassie maar eerder die politiek betree want dis al wie hy gelukkig hou.

volla ·

Ek weet nie watter wedstryd die skrywer gekyk het nie maar Kolisi is in uitstekende vorm. Teen Argentinie was hy die beste Bok op die veld en Saterdag was hy weer goed. Ek weet nie of hy kaptein moet wees nie maar daar is definitief niks fout met sy spelpeil nie. Die skrywer moet meer bekommerd wees oor die spelpeil van ‘n speler soos Whiteley wat heeltemal uit die bus uitval. Ek kry die gevoel dat sekere ouens geteiken word, Kolisi vir een omdat hy ‘n swart kaptein is en die ander ou wat mense lief is om te kruisig sonder grondige redes is De Allende.

Clueless! ·

Ai ou Volla in al jou kommentaar wat jy gee lag ek altyd te lekker…ai hou so aan asb…

Andre ·

Was hy ooit?
Klomp quota spelers, wat `n jok. SA rugby net soos ons ekonomie sal nooit weer recover nie.

Genieve ·

Dit was die swakste van die swakste game ooit..hulle sal nie son by All blacks sien nie hoekom Jantjies afgehaal Pollard moes Willie Le Roux vervang het en Ross Cronje vir Faff
de Klerk pateties verby.

Erick ·

Ek stem. Faf de Klerk en Willie le Roux was die swak skakels in die span.

Niklaas ·

Dit sal moeilikheid soek wees om Kolisi te vervang. Veral deur Thor Vermeulen . Liewers nie. Daar sal vreeslik ge protesteer word . En die ras kaart sal heelryd hoog gehou wees. Sake sal so moet bly. Dalks begin Kolisi weer goed speel binnekort. Dis menslik om vir langperiodes af dae/tye te beleef. Rassie is egter baie pro-Stormers en sal nie maklik vir byv Whitely kaptein maak nie. Nee , hy bring Kolisi , Thor en Pieter Stef in daarvoor.

Jack Russl ·

Hy was nog nooit ‘n kaptein nie, hy hoort nie eers in die span nie.

Thor kan hulle maak ook uitlos. Begin vir my lyk hy kies waneer hy wil speel. Sulke spelers het ons ook nie nodig nie

AR ·

Warren praat die meeste op die veld. Die beste man (leier) vir die kapteinskap.

Frans ·

Whiteley is n klas agsteman en verstaan wat van n nr 8 verwag word.Ongelukkig moet hy te veel ander werk doen omdat Kolisi agter rondhang.Kies n nr 6 ,Kriel ,Kwagga wat kan werk en as dit dan moet dit dan vir Kolisi op 7.Los Whiteley op 8 en laat hom toe om sy spel te speel Maak hom ook kaptein.Los ook vir Pollard op 10 .Om hom na senter toe te skuif soos in vorige toetse is net om sy talent op te foeter.

volla ·

Ek beaam wat ‘n ander gesê het, Whiteley is useless as speler. Hoe enige een daaraan kan dink om so ‘n speler (wie se spelpeil power is) kaptein te maak, gaan my verstand te bowe.

Raggas ·

Gelukkig kyk ek nie rugby nie,nog nooit my ding gewees nie,maar jul kommentare is baie entertaining genoeg.

Pottie ·

Ek wonder soms of daar nog eninge goeie leiers in rugby oor is?

JR ·

Dis wat gebeur as jy politiek, die ANC en jare se onderontwikkeling by mekaar sit.
Getransformeer tot niks……

Rupert Ashford ·

“Jare se Onderontwikkeling” en “getransformeer tot niks”…nog nooit beter beskrywing van SA rugby gelees nie!!!

Ruben ·

Vermeulen en Marcell Coetzee is die enigste losvoorspelers wat goed genoeg is vir toetsrugby…die res is swak…kolisi sal vir geen ander toetsnasie gekies word nie eers vir italia hy probeer sy beste maar is nie goed genoeg

volla ·

Vermeulen ja. Coetzee is nog ‘n stampkar, ons het hopeloos te veel van hulle in die Bok-span. Hy is in elk geval meer beseer as wat hy reg is. Oor die muur. Jy praat twak oor Kolisi.

Nico ·

Whiteley kaptein asb. Sy spel lei omdat Rassie soos AC en HM om maar net 2 te noem spelers kies vir wat hulle by hul provinsies doen maar dan kom afrigters soos Rassie hulle on ‘n hoek om iets anders te doen. Al hierdie afrigters kan by Johan Ackerman gaan leer om individue se sterk punte in span verband saam te snoer. Dit is wat ek van ‘n afrigter om verskeie spelers met hul eie sterk punte saam te snoer en so ‘n sterk eenheid te maak en nie om hulle as robotte te programeer en hulle net daarvolgens te laat speel nie.

Ben ·

Hoekom moet daar ‘n Jaarlikse Springbok Kaptein wees? Wat van ‘n Span kaptein wat gekies word uit die 15 spelers wat daardie spesifieke wedstryd speel. Die Spelers kies die Kaptein en die onder kaptein. Een vir die voorspelers en een vir die agterlyn. Mens luister tog vir wie jy gekies het en nie na ‘n ander ou wat deur Politiek en ander gekies is nie. Wat ‘n klomp tjol. Dit is een groot rede hoekom die span verloor want die span is verdeeld. “Divided house cannot stand”.

Karen ·

Nee hy het bewys hy is nie die beste speler vir kaptein titel. Sy selfvertroue kan Tafelberg laat sidder maak nie Kaptein nie Punt .! En die leader of the pack maak keer op keer dieselfde fout – stuur nuwe onervare spelers na aus en nz wyl dai spanne jare saam speel – hulle ken mekaar se speel maar ons gee elke outjie kans om die groen trui te dra dis dan sy droom van wan ….. Rassie jy is oulik maar jou keuse van kaptein…..? Nee !

Albert ·

Julle wat se dat hy die beste is, oordeel hom teenoor die ander drie lande se kapteins wat ons teen speel. Hy is ver agter hulle met speel en lei dus kan ons se hy moet as kaptein terug staan . Die span speel soos hul gelei word en as daar nie leiding is nie maak elkeen wat hy goed dink en dan word die span verswak omdat rugby n span sport is. Kyk na die span se houding as hulle op draf en begin speel, dit is hoekom ons alewig agter loop binne eerste gedeelte van die wedsyryd. Die wat nou se Faf en Willie moet gepos word moet eers die vraag antwoord teen die Engelse het die twee alleen die Engelse span gewen, jy kan net soveel doen dan raak jy gatvol.

Oupa Vleuel ·

Albert, ek dink almal wat die regte antwoord soek, moet jou kommentaar maar net weer aandagtig end-uit lees. “… jy kan net soveel doen dan raak jy gatvol.” Dis die probleem manne, dis die probleem. Talentvolle, maar gatvol spelers – met rede! Ek en jy sou helaas ook gewees het as ons in hulle skoene was…

CdV ·

Ek het vir drie jaar skole rugby afgerig. Jy kies EERS die beste span en spelers vir ‘n wedstryd en dan kies jy jou kaptein en NOOIT andersom nie. Dit is hierdie moderne neiging met al die media & borge hype en sinnelose onderhoude voor, selfs gedurende en na wedstryde wat die hele proses gat oor kop maak. Al gehoor watter stupid vrae die onderhoudvoerders opTV vra. Stop die nonsens!

christo ·

Hulle is almal swak ,nie een is op Springbok standaard ,al wat jy heeltyd hoor is n klomp verskonings ,kry te veel geld en koppe te groot!!!!

Hennie ·

Dis so dat ‘n goeie speler nie noodwendig ‘n goeie kaptein is nie. Dit het al ook gebeur dat ‘n goeie kaptein in die span ingesluit is, wat nie die beste speler in die posisie was nie [John Smit vir die wat vergeet]. My vraag is wat het hy as kaptein al bereik? Ek weet nie wat is die antwoord en dit laat my dink hy is bloot die polities korrekte keuse.

kas ·

As ons praat van die kaptein dan vra ek my net een vraag.Hoe het die stormers in Superrugby gevaar.Die ant woord is heel maklik,pateties net soos hulle kaptein.Hy hoort nie eers in die span nie maar hy moet daar wees

volla ·

Raak ontslae van die wit kwotas in die span, ie. Faf, Whiteley, Willie en kie. Vervang met Papier, Willemse, Carr ensovoorts.

Pieter ·

Hierdie tammaletjie is heel polities van aard Kolisi is nie eers die sesde beste flank nie en sy kapteiskap is pateties. voor politiek nie uit sport geneem word nie sal die bokke niks bereik nie. Hulle . moet hulle sommer die springbok verwyder om so n trotse tradisie so te verkleineer is skande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.