Is Schalk regtig beter as Jaco Kriel?

Jaco Kriel

Jaco Kriel

Is daar op meriete plek in die Wêreldbekerspan vir veterane soos Schalk Burger?

Dis die vrae wat Russ Petty van die webtuiste http://www.rugbyworld.com vra na aanleiding van statistiek wat deur Opta Stats verskaf is.

Ja, sal die meeste menses sê, `n man soos Schalk (en andere) moet Engeland toe gaan. Maar, Opta se feite vertel `n ander storie. Dit gee insae in die vertonings van spelers wat vanjaar 500 of meer minute in die Superreeks gespeel het.

En volgens die syfers hieronder moet Schalk bly en die Lions se Jaco Kriel ry (Die statistiek is gebaseer op al die wedstryde behalwe die heel laaste naweek se reeks ligawedstryde toe die Stormers se B-span sonder Burger gespeel het en die Lions hulle tweede loslootjie in die laaste wedstryd gehad het).

Die voorste tekkler in die reeks is die Lions se Warren Whiteley (321) maar hy het langer gespeel as  die Hurricanes se Callum Gibbins. Om appels met appels te vergelyk is die norm en dit is dus die gemiddelde hoeveelheid duikslae per 80 minute, die duur van `n wedstryd.

Dáár is Gibbins (18,44), Boom Prinsloo (15,73) en Lappies Labuschagne (14,84) voor Whiteley (14,44) wat gevolg word deur Deon Stegmann (13,98) en Warwick Tecklenburg (13,92) voordat die name van die ander lande se groot duikers op die lysie verskyn.

Sam Cane (Chiefs) se 0,3 duikslae wat hy gemiddeld per 80 minute gemis het, is die beste in die reeks met Whiteley (0,44) die naasbeste gevolg deur Gibbins en Tecklenburg.

Wat egter insiggewend is, is dat die voormalige Blitsbok Boom Prinsloo ook tweede geplaas is in die meeste lopies per 80 minute – en dit sluit agterspelers in.

Kyk jy net na die losvoorspelers se lopies met bal in die hand, is Prinsloo voor (12,37) gevolg deur Duane Vermeulen (12,19), McCalman (12,02) en Jaco Kriel (11,85).
MAAR:
Kriel, wat vanjaar as flank uitgestaan het vir die Lions, is ligjare voor al die losvoorspelers in Superrugby met die hoeveelheid meters wat hy gemiddeld in 80 minute afgelê het. Van die Suid-Afrikaanse losmanne is Vermeulen (38,39) tweede met Burger op 27.06 amper 50% onder Kriel se 52,77 meters.

Die Lionsflank is ook met die aantal spelers wat hy geklop het los voor met 3,70 per wedstryd, gevolg deur Vermeulen (1,23) en Burger (0,96).

Kriel het ook 0,84 keer skoon gebreek met Burger (0,37) tweede en Vermeulen  (0,28) derde.

Kriel het 44 teenstanders geklop, die sesde meeste insluitende al die agterspelers in die reeks, en het die derde meeste omkeerbesit (22), na David Pcock se 23 en Liam Gill se 26 bewerkstellig

Sy aantal strafskoppe per ommekeer is ook die vierde laagste onder die voorste tien wat omkeerbesit gewen het.

Nouja, ervaring het sekerlik `n plek. Hoe Heyneke Meyer egter `n man by die huis gaan laat bly, wat in  twee seisoene 412 duikslae gemaak het met net 11 wat misluk het, en boonop meer teenstanders geklop het as die All Blacks se breker- heelagter en _vleuel Ben Smith sal hom seker laat warkker le

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico ·

Wil kenners nie maar sogenaamde statestieke wegvat nie want dit gee baie keer ‘n skewebeeld van die werklikheid. Hoeveel takkles was dodelik sodat die bal dadelik gesmoor is? Hoeveel lopies was so konsruktief dat dit op drieë uitgeloop het? Die lopies gaan byna klokslag verlore in vorentoe aangeëe of bal laat val of gaan grond toe met ‘n strafskop teen die baldraer want daar is nie onder stening nie. Dus al die statestieke sinneloos. Spanne moet konsentreer op vaardighede en samespel eerder as statstieke!

Nico K ·

Ek stem saam. Statistiek is interessant, maar ek sal nie ‘n span kies daarop nie. Dit sê nie alles nie.

Coenie ·

Die Jaco Kriel het ‘n fantastiese seisoen by die lions beleef en dit was ‘n belewenis om hom in aksie te sien en sal hom graag as impak speler in die groen en goud te sien. Eks in seker wie die ou in die foto is nie maar ek weet daai is nie Jaco Kriel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.