Italië klop Georgië, verstewig plek in Sesnasies-reeks

Italië het Saterdag in Florence sy belangrike wedstryd teen Georgië gewen en daarmee moontlik verseker dat hy nie in die onmiddellike toekoms sy plek in die Sesnasies-reeks sal verloor nie.

Die tuisspan het met 28-17 gewen nadat die wedstrydvoorsprong 18-7 was en het vier drieë teen Georgië se een gedruk. Georgië was vroeg in die wedstryd met 7-3 voor, maar toe het Italië beheer in die taai wedstryd oorgeneem

Italië, wat die afgelope drie jaar die houtlepel in die Sesnasies-reeks “gewen” het, het hiermee die eerste kragmeting tussen dié twee lande sedert 2003 gewen.

Die Azzurri se swak vertonings in die Sesnasies-reeks, waar hulle laas in 2015 ʼn wedstryd gewen het,  het verskeie kere al tot vertoë deur Georgië gelei dat hulle Italië se plek in die belangrikste reeks in die Noordelike Halfrond moet inneem.

Georgië het agt van die laaste tien Europese Kampioenskap-reekse gewen. Daar is egter geen formele promosie-reël nie en Italië lyk nou vir die afsienbare tyd seker van sy huidige status.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.