Jaareindtoer: Rassie se skok-Bokke

Gio Aplon – hy sal teen Engeland vir Willie le Roux moet instaan. (Foto youtube.com)

Nóg drie nuwe spelers in die Springbokspan, steeds ʼn mate van onsekerheid oor die beskikbaarheid van die oorsese spelers, die skok-insluiting van die slot van die Westelike Provinsie JD Schickerling en die veteraan-heelagter Gio Aplon, en die weglating van al drie Du Preez-broers, Robert (junior), Jean-Luc en Dan.

Dit was van die vernaamste kenmerke van die Springboktoerspan toe die afrigter, Rassie Erasmus, Saterdagaand die span bekend gemaak het vir die Europese toer met kragmetings teen Engeland, Frankryk, Skotland en Wallis.

Die nuwelinge is Sergeal Petersen, vleuel van die WP (hy is ook een van die gelukkiges, hoewel hy hom reeds ʼn paar seisoene by die Kings en Cheetahs en nou ook by die WP gevestig het), die sewes-Springbok Ruhan Nel, wat senter vir die WP speel en Schickerling, van wie daar ʼn paar seisoene baie dinge verwag is voordat hy in 2014 sy nek in ‘n o. 21-wedstryd gebreek en byna verlam is.

Aplon (36) word sekerlik betrek net omdat Willie le Roux en Cheslin Kolbe weens hul klubverpligtinge nie teen Engeland sal kan speel nie.

Só ook die skrumskakel Louis Schroeder van die Sharks oor die onsekerheid wat bestaan oor Faf de Klerk se beskikbaarheid. Schroeder sal dus saam met Embrose Papier en Ivan Zyl teen Engeland moet instaan.

Schickerling? Wel, hy is een van vyf slotte in die toerspan saam met Eben Etzebeth, Franco Mostert, Lood de Jager en RG Snyman. En Pieter-Steph du Toit kan óók daar speel.

Gaan Schickerling ʼn speelkans op toer kry? Of is hy slegs daar as dekking in geval Mostert nie kan  speel nie?

ʼn Mens weet nie werklik nie.

Só ook die insluiting van Schalk Britz as een van die drie hakers saam met Malcom Marx en Bongi Mbonambi. Gaan almal op toer speel?

En wanneer laas het Brits gespeel?

Dan is Duane Vermeulen ook weer terug in die groep en Sikumbuzo Notshe het die ja-woord bo Jean-Luc en Dan du Preez gekry.

Die Springbok-toergroep ‒

Voorspelers (20)
Schalk Brits, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Thomas du Toit, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Siya Kolisi (kaptein), Francois Louw, Wilco Louw, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Franco Mostert, Sikhumbuzo Notshe, Trevor Nyakane, JD Schickerling, RG Snyman, Duane Vermeulen, Warren Whiteley.

Agterspelers (16)
Gio Aplon, Damian de Allende, Aphiwe Dyantyi, André Esterhuizen, Elton Jantjies, Cheslin Kolbe, Jesse Kriel, Wille le Roux, Ruhan Nel, S’bu Nkosi, Embrose Papier, Sergeal Petersen, Handré Pollard, Louis Schreuder, Ivan van Zyl, Damian Willemse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Swartwolf ·

Agterlyn gaan sukkel op stadige Europese velde. Te min ervaring. Dwergery weer aan die orde van die dag.

Wes ·

Ja wat. Ou Rassie moet maar die transformasie kaart speel. Hoe Notshe dit voor een van die du Preez broers kan maak sal net hy weet.
Pateties.

Ruiklont ·

Goeie vraag Groen Ertjies, die antwoord kan net ‘n politieke een wees. Skandelik

Wesley ·

Goeie span. Glo maar die ou toppies is daar vir die ervaring om die groentjies tou wys te maak. Britz sal nie sommer speel glo ek, en Aplon sal goed dek waar Willie die jongelinge in lyn moes hou daar agter, al is dit net op die oefenveld. Ek sal self maar hier en daar wou snoei, maar my naam is nie Rassie nie…

Hendrik UAE ·

Dat Akkers nie gekies is nie gaan my verstand te bowe.Dan se die wat weet almal is op meriete daar?Eish ek is dom.

Henk ·

Geen Ackers? Werklik!!!?? Maar die feit dat erasmus bly kleef aan die ellendeling , flou louw en malherbe soos honde bollie aan n wolkombers verduidelik dalk die feit dat erasmus eerder gatgabbas kies as spelers wat in vorm is!!

LHS ·

Wat se houvas het die W.P. op Erasmus? Ek raak regtig gatvol om te hoor hierdie of daardie WP speler is nou weer opgetrek bokgroep toe, dit en al die oues van dae wat hy bly kies, vir wat, wat van Uli Rassie, miskien selfs Breyton op vleuel of hoe? Nee wat hierdie stelsel gaan nie vlieg nie, hier kom die swakste wereldbeker ooit.

Boland ·

Ek het n lekker slapie gevat terwyl eindstryd gespeel was.Time well spend.

Nel ·

Ek voorspel dat al hoe meer goeie spelers soos Akker en die du Preez broers verlore gaan raak vir sa rugby. Hulle gaan oorsee speel waar jy nog op meriete gekies word. Ek weet nie of dit meer so groot eer is om vir die bokke se speel as daar vir jou toffie gewys word, al is jy van die beste in die land.

Hannetjie ·

Nel dit is waar.Ek lees daar was baie kritiek op die du Preez-tweeling van die hantering van bal gister.Enige speler het aftye.Ek vermoed dis druk van elders..want om 3 broers te kies vir die bokspan…is vir ander dalk onaanvaarbaar. Ek se steeds..laat die manne gaan daar waar sy plek op meriete verdien word

Niklaas ·

Eina. Ek sien swarigheid vir hierdie WP span met n paar spaar spelers. Wat soek kerels soos ou Bongi , Brits en Notshe daar? Wat doen Akker en die Du Preez tweeling verkeerd , wonder ek. Net toe ek begin moed kry vir die Bokke na die vertonings teen NZ….. Ons gaan maar erg sukkel in November !

All Black ·

Al wat ek doen is lekker lag as springbok ondersteuners dink Rassie is n goeie afrigter. Sy spankeuse som hom mooi op. Ek gaan lekker lag vir die bokkies se blapse.

Frans C ·

Indien Erasmus nie elke wedstryd sy beste span speel nie gaan die toer in ‘n nagmerrie
ontaard,want dit is maklik die swakste groep spelers wat nog gekies is om op ‘n jaareinde
toer te gaan.

Gemaskerde Sopbeen ·

Springbok truie word deesdae soos swieties uitgedeel….Dis nie meer ‘n prestasie nie. In 2015 het ek ‘n tip-off gekry om R500 op Japan te sit 300:1. Het ek geluister? Nee. En in 80 minute gesit en kyk hoe R150 000,00 by my verby gaan. Sal nie weer dieselfde fout maak nie. Dankie Rassie….

Deon ·

En toe kies hulle weer vir BrilJantjies. Ek is seker elke skool se eeste spanne het beter losskakels.

Se-maar-net ·

Daar is wel n paar spelers wat ek eerder op meriete daar sou wou sien, ongeag van die kleur. Paar mense wat n hele paar uitstekende vertoning opgelwer het in die CC wat oorgesien is. Ons het spoed in die agterlyn alhoewel hulle effens aan die klein kant is maar Kolbe en Aplon het al voorheen bewys dat hulle besering sal waag en hulle lywe op die spel gesit. Is dit die beste 36 op meriete, nee, dis n feit maar ons is ongelukkig almal rusbank afrigters en skeidsregters. Die wat transformasie so voorhou vir alles, kyk mooi, daar is spelers van kleur wat verdien om daar te wees en selfs n paar wat oorgesien is wat die kans verdien. Soos die Engelse sal se, Continuity is key. Kies jou beste wedstryd 23 uit jou groep en moenie elke naweek ander kombinasies prober en mense uit posisie speel nie. Willemse is nie vir my n nr12 nie. As los skakel rate ek hom by verre oor Jantjies in alle opsigte van sy spel. As Pollard op vorm is hou hom in die begin 15 tal en hou Willemse as sy “understudy” indien nodig. Ons het beter senters daar buite wat die lyn kan aaval, brrek en mense kan breek met n ordentlike duikslag. Dit bly maar my opinie toer sal deurslagewend wees vir die WC seleksie proses. Stenig my maar oor my seining.

Lukie Carerlsen ·

Tranformasie+tranformaseie+tranformasie sink enige bokspan. Die bestes word nie gekies nie en die transformamte WEET hulle is nie op merite gekies nie net om hul base se kwota teikens te laat klop en vir ou Rassie darem nog ‘n jobby te hê! Afriforum moet ‘n klagte by die internationale beheerliggaam indien teen hierdie onwettige inmenging in ons sport. Ons is die grapkaste van Wèreldrugby en te dom en onnosel om eenvoudig NIKS daaroon te doen nie! Komaan Afriforum en Kallie Kriel, kom vat oor en veg vir ons rugby!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.