Jaareindwedstryde: Min verrassings op laaste dag verwag

Benewens die Springbokke teen Wallis, behoort Saterdag se wedstryd tussen Engeland en Australië en moontlik ook dié tussen Skotland en Argentinië, vir die taaiste kragmetings op die laaste dag van die jaareindwedstryde te sorg waarby Sesnasies-spanne betrokke is.

Skotland vs Argentinië, Murrayfield. Afskop: 16:30

Skotland, wat tot dusver twee van sy drie jaareindwedstryde verloor het, het ʼn paar veranderinge aangebring aan die span wat verlede week teen die Springbokke verloor het en Saterdag op Murrayfield teen die Poemas speel.

Onder andere, is die gereelde losskakel Finn Russell na senter geskuif waar hy saam met die oud-Stormer Huw Jones in die middelveld moet slaankrag gee; die voormalige kaptein en agsteman van die Lions wat die Curriebeker gewen het, Josh Strauss, is soos die loskop Allan Dell, wat vir Grens en die Sharks gespeel het, van die bank af na die beginspan bevorder; en WP Nel is afgeskuif bank toe.

Die afrigter Gregor Townsend glo klaarblyklik dat die nuwe senterpaar met ’n senter en losskakel wat saamspan die slag teen die Argentynse middelveld kan slaan, met Adam Hastings wat as losskakel sal begin.

Argentinië het net een van hul laaste ses toetse gewen, en het veral hul eina-skrum te blameer dat hulle dikwels op die agtervoet is.

Die Poemas het verlede week tot rustyd met die Franse saamgesels, maar toe gevou. Hulle hou steeds nie van toer nie, en Skotland behoort hulle oortuigend te klop.

Spanne ‒

Skotland
15 Stuart Hogg, 14 Sean Maitland, 13 Huw Jones, 12 Finn Russell, 11 Blair Kinghorn, 10 Adam Hastings, 9 Greig Laidlaw (kaptein), 8 Josh Strauss, 7 Hamish Watson, 6 Jamie Ritchie, 5 Jonny Gray, 4 Grant Gilchrist, 3 Simon Berghan, 2 Fraser Brown, 1 Allan Dell. Bank: 16 Stuart McInally 17 Alex Allan, 18 WP Nel, 19 Sam Skinner, 20 Ryan Wilson, 21 George Horne, 22 Alex Dunbar, 23 Byron McGuigan.

Argentinië
15 Emiliano Boffelli, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Moroni, 12 Jeronimo De La Fuente, 11 Ramiro Moyano, 10 Nicolás Sánchez, 9 Gonzalo Bertranou, 8 Javier Ortega Desio, 7 Rodrigo Bruni, 6 Pablo Matera (kaptein), 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti, 3 Santiago Medrano, 2 Augustin Creevy, 1 Santiago Garcia Botta. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Juan Pablo Zeiss, 18 Lucio Sordoni, 19 Matias Alemanno, 20 Tomas Lezana, 21 Martin Landajo, 22 Matias Orlando, 23 Sebastián Cancelliere.

Nieu-Seeland vs Italië, Stadio Olimpico, Rome. Afskop: 15:00

In Nieu-seeland is die groot kritiek teen die All Blacks-span wat Steve Hansen vir Saterdag se toets teen Italië gekies het, die weglating van die losskakel Richie Mo’unga.

Die onvermoë van Nieu-Seeland om in hul twee jaareindwedstryde teen vlak een-toetslande drieë teen Engeland (een) en Ierland (geen) te druk, het die kritiek teen Wêreldrugby se speler van die jaar in 2016 en 2017, Beauden Barrett, laat toeneem.

Die gevoel is dat Hansen Saterdag die kans moes gebruik het om, soos al die ander afrigters, die afgelope maande in ʼn wedstryd te eksperimenteer.

Die kritici bespiegel ook dat Hansen wil voortgaan om Mo’unga en Barrett aan die einde van wedstryde tegelyk as spelbrekers op die veld te hê ‒ baie soos Rassie Erasmus met Handré Pollard en Elton Jantjies maak.

Jordie Barrett is terug in die Kiwi’s se beginspan, maar dié keer op vleuel. Dit dui daarop dat die keurders sy talent en veelsydigheid besef, maar Damian McKenzie bly die eerste keuse op heelagter.

Nieu-Seeland, met nuwe slotte, veranderings aan die voorry, die ruskans van Aaron Smith wat nie in die wedstryd se 23-tal is nie, en skuiwe agterlangs en by die losvoorspelers, behoort nietemin te sterk vir Italië te wees.

Italië het hul span met die uitsondering van die beseerde vleuel Mattia Bellini behou. Hy word deur Luca Sperandio vervang.

Spanne ‒

Italië
15 Jayden Hayward, 14 Tommaso Benvenuti, 13 Michele Campagnaro, 12 Tommaso Castello, 11 Luca Sperandio, 10 Tommaso Allan, 9 Tito Tebaldi, 8 Braam Steyn, 7 Jake Polledri, 6 Sebastian Negri, 5 Dean Budd, 4 Alessandro Zanni, 3 Simone Ferrari, 2 Leonardo Ghiraldini (kaptein), 1 Andrea Lovotti. Bank: 16 Luca Bigi, 17 Cherif Traoré, 18 Tiziano Pasquali, 19 Marco Fuser, 20 Johan Meyer, 21 Guglielmo Palazzani, 22 Luca Morisi, 23 Edoardo Padovani.

Nieu-Seeland
15 Damian McKenzie, 14 Jordie Barrett, 13 Anton Lienert-Brown, 12 Ngani Laumape, 11 Waisake Naholo, 10 Beauden Barrett, 9 TJ Perenara, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Ardie Savea, 6 Vaea Fifita, 5 Scott Barrett, 4 Patrick Tuipulotu, 3 Nepo Laulala, 2 Dane Coles, 1 Ofa Tu’ungafasi. Bank: 16 Nathan Harris, 17 Karl Tu’inukuafe, 18 Angus Ta’avao, 19 Brodie Retallick, 20 Dalton Papali’i, 21 Te Toiroa Tahuriorangi, 22 Richie Mo’unga, 23 Rieko Ioane.

Engeland vs Australië, Twickenham. Afskop: 17:00

Davin Pocock is glo fiks, maar daar is tien Wallabies wat die week glo met griep gesukkel het. Hulle het boonop die sielkundige agterstand dat hulle hul laaste vyf wedstryde teen Engeland verloor het.

Benewens die siekeboeg het die Wallabies vanjaar ook een van die swakste seisoene in hul bestaan beleef.

Verlede jaar was die telling 30-6 in die guns van die Engeland, en die Wallabies kon nog nie weer sedert hul oorwinning in die halfeind van die 2015-Wêreldbeker-toernooi teen Engeland wen nie.

Saterdag se wenner sal boonop, al is dit nog tien maande die toekoms in, die voorsprong hê wanneer dié twee spanne mekaar in die groepfase van die Wêreldbeker-toernooi takel.

Die Wallabies-afrigter Michael Cheika het Kurtley Beale uit sy 23-tal vir die wedstryd gelaat en die losskakel Bernard Foley op senter gekies.

Dit word klaarblyklik ʼn neiging by die nasionale afrigters om twee losskakels langs mekaar as spelskeppers te kies. Soos Rassie Erasmus, as Elton Jantjies opkom en hy en Pollard langs mekaar speel; by die All Blacks wanneer die losskakel Richie Mo’unga as plaasvervanger in die laaste kwart of so saam met Beauden Barrett speel; en Gavin Hastings wat die week vir Skotland as losskakel gekies is met die losskakel teen die Bokke, Finn Russell, wat senter toe skuif.

Dit is natuurlik niks nuuts nie, en die Springbokke het dit in 1995 met, onder andere, Hennie le Roux in die Wêreldbeker-toernooi gedoen toe Joel Stransky die losskakel was

Eddie Jones het die eerste keer sy medekaptein Dylan Hartley teen ʼn vlak een-span uit die opdrafspan weggelaat,

Kan die Wallabies wen? Niks is onmoontlik nie, maar in die verwagte reën op ʼn nat Twickenham, en in ag genome hoe middelmatig die Wallabies teen Wallis en ook Italië was, is ʼn verrassing miskien te veel gevra.

Engeland
15 Elliot Daly, 14 Joe Cokanasiga, 13 Henry Slade, 12 Ben Te’o, 11 Jonny May, 10 Owen Farrell (kaptein), 9 Ben Youngs, 8 Mark Wilson, 7 Sam Underhill, 6 Brad Shields, 5 Courtney Lawes, 4 Maro Itoje, 3 Kyle Sinckler, 2 Jamie George, Ben Moon. Bank: 16 Dylan Hartley, 17 Alec Hepburn, 18 Harry Williams, 19 Charlie Ewels, 20 Nathan Hughes, 21 Richard Wigglesworth, 22 George Ford, 23 Manu Tuilagi.

Australië
15 Israel Folau, 14 Dane Haylett-Petty, 13 Samu Kerevi, 12 Bernard Foley, 11 Jack Maddocks, 10 Matt Toomua, 9 Will Genia, 8 David Pocock, 7 Michael Hooper (kaptein), 6 Jack Dempsey, 5 Adam Coleman, 4 Izack Rodda, 3 Sekope Kepu, 2 Tolu Latu, 1 Scott Sio. Bank: 16 Tatafu Polota-Nau, 17 Jermaine Ainsley, 18 Allan Alaalatoa, 19 Rob Simmons, 20 Ned Hanigan, 21 Pete Samu, 22 Nick Phipps, 23 Sefa Naivalu.

Ierland vs VSA, Aviva-stadion, Dublin. Afskop: 20:30

Gary Gold, ʼn voormalige hulpafrigter van die Springbokke, se VSA Arende het tot dusver vanjaar al nege sy toetse gewen. Die Arende het, onder andere, met Skotland en Samoa afgereken en Kanada twee keer getroef, en het ook na hul hoogste posisie (13de) op Wêreldrugby se ranglys opgeskuif.

Die VSA is nou bo Georgië, Italië en Samoa en net twee plekke onder Japan. Maar hul grootste toets kom Saterdag teen Ierland in die Aviva-stadion in Dublin.

Hoewel Ierland se afrigter, Joe Schmidt, net een speler, Garry Ringrose, van sy beginspan behou het wat die All Blacks geklop het, behoort die Iere, soos die All Blacks, te toon dat hul diepte te goed is vir die spanne onder die eerste sewe of so op die ranglys.

Die Yanks het verlede jaar tuis teen Ierland met 19-55 slae gekry. En die oorwinning teen Skotland moet ook in perspektief gestel word: Dit was allermins die Skotte, wat in Kanada getoer het, se beste span.

Spanne ‒

Ierland
15 Will Addison, 14 Andrew Conway, 13 Garry Ringrose, 12 Stuart McCloskey, 11 Darren Sweetnam, 10 Joey Carbery, 9 John Cooney, 8 Jack Conan, 7 Jordi Murphy, 6 Rhys Ruddock (kaptein), 5 Iain Henderson, 4 Tadhg Beirne, 3 Finlay Bealham, 2 Niall Scannell, 1 Dave Kilcoyne. Bank: 16 Rob Herring, 17 Cian Healy, 18 John Ryan, 19 Quinn Roux, 20 Josh van der Flier, 21 Luke McGrath, 22 Ross Byrne, 23 Sam Arnold.

VSA
15 Will Hooley, 14 Blaine Scully (kaptein), 13 Bryce Campbell, 12 Paul Lasike, 11 Marcel Brache, 10 Will Magie, 9 Shaun Davies, 8 Cam Dolan, 7 Hanco Germishuys, 6 John Quill, 5 Nick Civetta, 4 Greg Peterson, 3 Paul Mullen, 2 Joe Taufete’e, 1 Titi Lamositele. Bank: 16 Dylan Fawsitt, 17 Chance Wenglewski, 18 Dino Waldren, 19 Samu Manoa, 20 David Tameilau, 21 Ruben de Haas, 22 Gannon Moore, 23 Ryan Matyas.

Frankryk vs Fidji, Stade Francais. Afskop: 22:05

Dis in ʼn paar gevalle klubmaats wat teen mekaar speel wanneer Frankryk en Fidji Saterdagaand kragte meet.

Fidji soek ná nege wedstryde teen mekaar steeds ʼn eerste sege en glo dit is die naweek moontlik wanneer hulle met ʼn span opdraf waarvan die helfte hul klubrugby in Frankryk speel.

Daar is vier Fidjiane in die span wat in 2016 die Olimpiese goue medalje in sewesrugby gewen het, en die Franse is bra lugtig vir die Fidjiane wat by uitstek ʼn span is wat streef daarna om spasie te gebruik en wat boonop die vaart en vaardigheid daarvoor het.

Frankryk het net twee veranderinge gemaak aan die opdrafspan wat verlede week met die Poemas afgereken het, en behoort weer te sterk vir Fidji te wees.

Die Suidsee-spelers het wel vir Skotland vir 35 minute laat bontstaan, maar hul koppe wat in algemene spel uithaak en dissipline wat onder druk verdwyn, sal waarskynlik ook hierdie keer die deurslag gee.

Spanne ‒

Frankryk
15 Benjamin Fall, 14 Teddy Thomas, 13 Mathieu Bastareaud, 12 Gael Fickou, 11 Yoann Huget, 10 Camille Lopez, 9 Baptiste Serin, 8 Louis Picamoles, 7 Arthur Iturria, 6 Wenceslas Lauret, 5 Yoann Maestri, 4 Sebastien Vahaamahina, 3 Rabah Slimani, 2 Guilhem Guirado (kaptein), 1 Jefferson Poirot. Bank: 16 Julien Marchand, 17 Dany Priso, 18 Demba Bamba, 19 Felix Lambey, 20 Kélian Galletier, 21 Antoine Dupont, 22 Anthony Belleau, 23 Geoffrey Doumayrou.

Fidji
15 Metuisela Talebula, 14 Josua Tuisova, 13 Semi Radradra, 12 Jale Vatubua, 11 Vereniki Goneva, 10 Ben Volavola, 9 Frank Lomani, 8 Viliame Mata, 7 Peceli Yato, 6 Dominiko Waqaniburotu (kaptein), 5 Leone Nakarawa, 4 Tevita Cavubati, 3 Manasa Saulo, 2 Sam Matavesi, 1 Campese Maafu. Bank: 16 Mesulame Dolokoto, 17 Eroni Mawi, 18 Kalivati Tawake, 19 Albert Tuisue, 20 Semi Kunatani, 21 Henry Seniloli, 22 Alivereti Veitokani, 23 Eroni Sau.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

nico k ·

Ek stem saam met al Wim se voorspellings. Die moeilikste voorspelling vir die naweek bly SA teen Wallis.

Robert ·

Wim, kyk na paragraaf 3 die skotte speel nie teen Aus nie maar wel teen Arg.

Wim van der Berg ·

Dankie vir die uitwys van die glips, Robert. Dis reeds reggemaak.
Groetnis
Wim van der Berg
Maroela Media

Snelvuur ·

Dit sou seker nie ‘n verrassing wees as mens dit verwag nie, of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.