Jaco Kriel onskuldig, mag Vrydagaand speel

Jaco Kriel – onskuldig (Foto GB Jordaan).

Die straf van ʼn geelkaart was voldoende, het die tugkomitee van Sanzaar Woensdagoggend bevind nadat die Lions se Springbokflank Jaco Kriel uitgewys is vir die laatvat van die Stormers se losskakel Robert du Preez.

Die tugkomitee, onder voorsitterskap van André Oosthuizen, het bevind dat die speler kontak met Du Preez gemaak het in ʼn poging om die bal af te storm en dat sy optrede nie ooreenstem met ʼn doelbewuste laat loop of obstruksie nie en dat hy dus nie reël 10.4(o) oortree het nie.

Die tugkomitee het beslis dat dit nie ’n oortreding was wat ’n rooi kaart verdien het soos deur die uitwyskommissaris, Deker Govender, aanbeveel is nie.

Die Lions se flank sal dus Vrydagaand op Emirates Airlinepark vir die Lions teen die Jaguares kan speel en vrese dat hy die toer of ten minste ʼn gedeelte daarvan na Australië sou misloop, is nou verby.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johannes

Mooi gesonde oordeel is aan die dag gele.Baie bly vir Jaco.

Nico K

Uiteindelik iemand met verstand. Ek kan nog nie glo hoe iemand gestraf kan word as dit duidelik is dat hy geen intensie gehad het om iets verkeerd te doen nie. As jy ‘n bal aanslaan, duidelik sonder intensie, dan is dit net ‘n skrum. ‘n Strafskop, en veral ‘n geel of rooi kaart moet iets wees wat opsetlik gedoen is. As jy per ongeluk in iemand vas hardloop kan dit nie strafwaardig wees nie. Dieselfde as daar persone onkant in ‘n losskrum lê, wat duidelik nie kan uitkom nie, en hulle verhinder glad nie die bal om uit te kom… Lees meer »

Adam

Baie bly Jaco nou het ons alles gewen

HPH

Great !! Dit is baie goeie nuus .

Kosie

Ek is bly vir die ou maar kom ons wees nou eerlik, hier is absoluut dubbele standaarde met die toepassing van die reels. Daar is al ouens vir mindere oortredings skuldig bevind. As intensie nie ‘n rol speel nie, weet ek nie hoe ouens soos Stander afgestuur is nie. Kom ons veronderstel nou du Preez het seergekry as gevolg van die tackle, dan was Kriel gerooikaart intensie of nie. Dis eintlik maar ‘n belaglike storie.