Jaco Kriel se tugsaak lyk nie so eenvoudig

Jaco Kriel in ʼn wedstryd teen die Sharks. (Foto: GB Jordaan)

Die tugsaak teen die Springbok Jaco Kriel oor beweerde vuilspel Saterdag in ʼn Superrugby-wedstryd teen die Stormers lyk duidelik nie so eenvoudig nie.

Sanzaar sê in ʼn nuusverklaring Maandag dat Kriel voor ʼn tugkomitee van die liggaam sal verskyn. Die datum en tyd sal bevestig word.

Kriel sou Sondag voor Sanzaar se vuilspelkomitee verskyn, nadat die wedstrydkommissaris besluit het die geel kaart waarmee hy in die wedstryd gestraf is, moes eintlik ʼn rooie gewees het.

As hy skuld sou erken en die opgelegde straf aanvaar, sou dit die einde van die saak wees.

Hoewel Maandag se verklaring geen besonderhede verstrek nie, kan ʼn mens bloot aflei dat Kriel óf skuld ontken, óf nie ʼn opgelegde straf wou aanvaar nie.

Die saak spruit uit ʼn voorval in die 26ste minuut van die kragmeting toe Kriel ʼn skop van die Stormers-losskakel, Robert du Preez, afgestorm en hom oënskynlik laat getref het.

Die skeidsregter, Jaco Peyper, het op ʼn geel kaart besluit, klaarblyklik omdat hy geglo het Kriel het dit nie met opset gedoen nie.

Pale Toe! se lesers het intussen skerp te velde getrek teen wat hulle as Sanzaar se dubbele standaarde beskou.

Hulle verwys na veral drie Stormers-Springbokke wat na hul mening in dieselfde wedstryd straf of uitwysing vir vuilspel verdien het, maar skotvry daarvan afgekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

joe1975 ·

Ek stem heelhartig saam. Daar was 3 duidelike gevalle van vuilspel wat nie uitgewys is nie. Kholisi se duidelike hou in n’ leeu speler se gesig, is nie eens 2 keer na gekyk nie maar die televisie skydsregter vind dit nodig om in te tree be Jaco se geval. Om nie eens te praat van Carr se blatante vuilspel voor Jaco Peyper nie. Swak skeidsregter en swakker televisie skeidsregter. Hoe die wedstryd kommissaris die “gemis” het grens aan kriminaliteit.

Piet Pille ·

Ja Joe en dan was daar nog die gebalde vuis stampery van Groot Meneer Etsebeth ook.

JohanvSchaik ·

Na my mening was daar geen kwaad of intensie vanaf kriel nie. Die reels bly die reels maar die skeidsregters se onvermoee om week na week konsekwent op te tree ontbreek weereens. Carr het een arm gebruik maar het coetzee vol met die skouer geloop en ‘n besering veroorsaak. In week een van super rugby was alles wat op gegly het as hoog gestraf en koelkas toe gestuur. Vermaak was in dieselfde insident skuldig aan ‘n hoogvat maar geen kaarte nie.

Hennie ·

Eenooglikheid, duidelik dat uitwysing deur persoon wat een of ander agenda het teen Kriel of die Leeus span, dalk net suur druiwe vir verloor. Word persoon wat uitwysing doen betaal en deur wie is die vraag.?

Beets ·

Baie gevaarlik wat hy gedoen het. Kon die ou se nek gebreek het. So ses weke vir die vuilspel.

christo kemp ·

jys seker n Stomer ne want daai was nie moedwillig nie

ChrisH ·

Eerstens is en n groot Leeu ondersteuner. Ek kan verstaan dat Kriel uitgewys word. Sy elmboog het immers die speler getref op die kakebeen. Hy het wel gespring voor die bal geskop was en dus was dit sy plug om dan kobtak te probeer vermy met die ander speler se kop.
Tweedens het Kolisi vir Cronje in die tweede minuut van die wedstryd nadat die fluitjie gebkaas het vir Cronje met n oophand reg voor die assistent skeidsregter in die gesig geslaan en vingers in sy oë gedruk. Niks gebeur nie.
Carr maak kontak sonder arms en sy skouer tref vir Coetzee op die kakebeen. Niks gebeur nie. Selfs toe die Leeu spelers die skeidregter vra en wys dat hy op die groot skerm moet kyk….. Daar was nog so een of twee ander hoogvatte wat net mis gekyk was. Pateties!!

thelsa ·

Kriel se ‘vuilspel’ was nie opsetlik nie terwyl Eben Etsebeth met elke wedstryd na moeilikheid soek en eerste is om die handjies te swaai na die opponent – hy lyk meer na ‘n Protea bouler as rugbyspeler.

Vuur warm ·

Leeus julle is Ysters! Akkers is lank al lus vir n maklike “vaait”.

LouisBok ·

Ek is ‘n nie trotse Stormer. Ons speel vuil. Ons neuk mekaar totaal op in “derbys” – waar is daai durf en waag.moed,asook vuilgatgeit teen die buitelandse spanne?! Eben word deur ALMAL gemerk van minuut een af,hy speel lankal nie meer die game waarvoor hy opgeroep is nie. Hy hou hom soms so in dat hy liefs vervang moet word. Kolisi is nie ‘n kaptein se agterent werd nie. Peyper is swak en ek is bevrees dinge gaan erger raak danksy “rugbydom (bee) skeidregters.

Martin ·

Die Stormers het Saterdag alles verloor. Vat jou verloor soos n man. Kom ons wees nou eerlik. Gee die Leeus krediet hulle was die beter span. Ek hou Eben nou al n paar wedstryde dop. Hy is n BOELIE! nie eers te praat van die res van die span nie. Die Stormers het die wedstryd verloor en die vuilspel en die geveg en miskien nog ondersteuners ook.

Kosie ·

Kriel moes ‘n rooikaart gekry het. Presies dieselfde het gebeur met Stander vir Ierland verlede jaar (eintlik is Kriel s’n erger omdat dit nog laat ook was terwyl Stander nog vir die bal gegaan het). Kriel moet dopgehou word, hy raak geniepsig.

Frans C ·

As Kriel ‘n rooikaart moes gekry het moes vier Stormers vir blatante vuilspel geel kaarte gekry het.

Kobus Steyn ·

Die wedstrydkomisaris is seker ook n visvoet. Kan vat dat hulle verloor nie.
Blind en kort van geheue. Eben sal ook sonder voortande wees een van die dae om te pas by die visvoete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.