Jaco Peyper blaas in eindstryd

Jaco Peyper – blaas in die Superrugby-eindstryd (Foto: Facebook SA Rugby)

Die Nieu-Seelanders sou seker vanoggend in hul graanvlokkies verstik het toe hulle met die nuus begroet is dat Jaco Peyper Saterdag se Superrugby-eindstryd tussen die Lions en Crusaders op Ellispark sal hanteer.

Daar is wyd bespiegel dat die Australiër Angus Gardner aangestel sou word om neutraliteit te verseker, maar Sanzaar, die beheerliggaam van die reeks, het voet by stuk gehou en Peyper beloon volgens sy weeklikse merietestelsel, wat regdeur die seisoen gegeld het.

Volgens Sanzaar staan hy by sy beleid om die beste skeidsregters in die beste wedstryde te gebruik.

Dis nog ʼn pluimpie vir Peyper, wat sekerlik saam met die Wallieser Nigel Owens en die Nieu-Seelander Glen Jackson as die keur van skeidsregters wêreldwyd beskou word.

Peyper is ironies in Nieu-Seeland lof toegeswaai toe hy een van die toetse tussen die All Blacks en Britse en Ierse Leeus hanteer het. Sy waarde is veral besef nadat die Fransman Jerome Poite in die derde toets opgetree het en ʼn hele paar blapse begaan het.

Ook ironies is daar verlede jaar ook nie ʼn woord gerep toe Jackson die eindstryd tussen die Hurricanes en Lions in Wellington hanteer het nie.

Ja, daar het kritiek op Peyper neergereën toe hy in Saterdag se halfeindstryd tussen die Lions en Hurricanes die losskakel Beauden Barrett met ʼn geel kaart gestraf het nadat hy ná ʼn losskrum nie betyds weggerol het nie en die bal sy bene geraak het. Die Canes sê hy het dit nie doelbewus gedoen nie, maar hoe sal ons weet? Barrett het reeds vanjaar ʼn paar ander geel kaarte ook op die hals gehaal.

In Barrett se afwesigheid het die telling van 25-29 tot 39-29 in die Lions se guns gegroei, maar die gety het voor die voorval reeds gedraai. Die Lions was reeds in beheer en die Hurricanes se fut was uit, al sê die Canes ook wat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peeter ·

Snaaks hoe as ander lande moan is hulle verkeerd en en en, maar Saffas kan kerm en kla elke keer, dis mos altyd die ref volgens saffas. Moan nou nog oor meer as een game en meer as een ref. Laas jaar het al wat n Saffa is gemoan, so Zealanders mag ook maar. Sien uit vir n harde game, kom ons kyk of die Leeus darm een keer in 10jaar teen die Saders kan wen. UP THE LIONS!

Frans C ·

Die Lions het die Crusaders 42-25 geklop in 2016 se kwart eind wedstryd op 23 Julie 2016,klop daarna Highlanders 42-30 op 30 Julie 2016, maar verloor 20-3 teen die Hurricanes op 16 Augustus 2016 in NZ.

Die Lions het dus ‘n kans om te wen maar dan kan hul nie bekostig dat die Crusaders soos die Hurricanes ook ‘n groot voorsprong opbou nie, want hulle is met hul talle All Blacks
te ervare om so iets toe te laat,wat die Hurricanes die wedstryd gekos het.

Zahné ·

Die eindstryd is tussen die Lions en die Crusaders, nie die Hurricanes nie.

Genieve ·

Up you LIONS!!!!..gee net jule beste saterdag, speel 80minute voluit,speel hardloop rugby.

Oom Gert ·

Baie geluk Jaco. Jy maak RUGBY ‘n beter spel. Sterkte vir Saterdag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.