Jaguares beklink SA afdeling teen Sharks

Die Sharks probeer mekaar moed in praat gedurende hul wedstryd teen die Jaguares in Buenos Aires. Foto: Sharks/Facebook

Met hul 46 punte op die punteleer is die Jaguares die amptelike wenners van die Suid-Afrikaanse afdeling van die Superrugby-reeks. Hulle is so te sê ligjare voor die Bulls (36), Lions (35), Stormers (34) en Sharks (33).

Gisteraand in Buenos Aires het hulle nóg ’n sterk vertoning gelewer. Dié keer het hulle die Sharks 34-7 op hul tuisveld afgeransel.

Die Jaguares het sommer vroeg bloed geruik toe Sebastian Cancelliere binne drie minute van die wedstryd die eerste van sy twee drieë gedruk het om die Sharks sommer vroeg-vroeg op die agtervoet te plaas. Hoewel hulle met ’n paar stelskoppogings misluk het, het hulle die Sharks verhoed om punte in die eerste helfte aan te teken. Die Jaguares het ’n rustydvoorsprong van 12-0 geniet.

In die tweede helfte het Cancelliere en Emiliano Boffelli verdere sout in die Sharks se wonde gevryf, terwyl die Springbok-senter, Andre Esterhuizen, darem ’n drie vir die besoekers gedruk het.

Kom ons draai nie doekies om nie: Dit is ’n skande dat ’n oorsese span eerste op die SA punteleer klaargemaak het.

Die Bulls, Lions, Stormers en Sharks móét nou doodeenvoudig hul finale groepwedstryde wen in ’n laaste en desperate poging om die uitspeelrondes te haal.

Genadiglik is al dié kragmetings Suid-Afrikaanse derbies, dus is twee SA spanne darem verseker van ’n wen.

Die Bulls speel teen die Lions op Loftus Versfeld, terwyl die Stormers en die Sharks mekaar pak.

  • Puntemakers:

Jaguares: Drieë: Sebastian Cancelliere (2), Emiliano Boffelli (2), Santiago Carreras. Doelskoppe: Joaquin Diaz Bonilla (3). Strafskop: Joaquin Diaz Bonilla (1).

Sharks: Drie: André Esterhuizen. Doelskop: Curwin Bosch (1)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
kolla

Lions het die Jaguares hulle tweekeer vanjaar geklop en Stormers eenkeer. Nulle en guppies verloor tuis en weg, useless.

Frans C

Nee wat dit is geen skande nie.Die Jaquares is ‘n nasionale en nie ‘n streekspan nie,al sê ander ook wat. Die feit is dat daar 24 provinsiale spanne in Argentina is en nie een val hulle sterks genoeg is om aan die streekkompetisie deel te neem nie. Hierdie span gaan met die toevoeging van ander buitelandse spelers net so wêreldbeker toe,terwyl dieselfde nie van ander vdeelnemende spanne gesê kan word nie.Kommentators vergeet te maklik dat Superrugby in wese ‘n kompetisie tussen provinsies was en toe deur die Kiwis eerste in ‘n streekskompetisie verander is,deur streekspanne saam te stel gebou om… Lees meer »

Ai.

Die Sarks het nie lus gelyk vir speel so tien minute in nie, gelyk of hul tanne getrek was!..Die telling het ok so teen hul gewys…Ek was toe ok nie lus om na die Sarks te kyk nie..Ek het toe sommer maar rolbal gaan kyk..Daai 70 jarige tannies het baie meer gemotiveerd en lus gelyk met wal hul gedoen het..Was baie meer angenaam om na die ou tannies te kyk rolbal speel as die nie lus traak my nie agtige houding van die Sarks nie…Miskien probeer hul vermy om teen iemand soos die Crusaders te speel en gooi toe maar… Lees meer »

Albert

Ek weet nie of julle die wedstryd gekyk het nie maar ek het, wat die Natalers op gedis het was as om op n een snaar kitaar musiek te maak. Met elke beweging moet die binne senter stormram wat veroorsaak die opponent vat die bal of kry n strafskop. Om dit af tewissel kry n slot of n voorspeler die bal om te kyk of hy die verdediging gaan breek wat uitloop op die selfde storie. Die jsguars speel met die kop en druk driee net wanneer hulle wil, n plesier om n span te sien wat hulle koppe gebruik… Lees meer »

Juandre

Frans C ek verskil van jou en glo nie daardie argument is heeltemal geldig nie. Ja die Jaguares het ‘n klomp internasionale spelers maar onthou net dat hulle die enigste span in Suid-Amerika is wat aan Superrugby deelneem. Gaan kyk maar na al ons Superrugbyspanne en gaan tel hoeveel Springbokke is in die 23 groep van elk van ons S.A. spanne en jy sal sien daar is gemiddeld so 10 tot 12 selfs meer spelers.