Jaguares beklink SA afdeling teen Sharks

Die Sharks probeer mekaar moed in praat gedurende hul wedstryd teen die Jaguares in Buenos Aires. Foto: Sharks/Facebook

Met hul 46 punte op die punteleer is die Jaguares die amptelike wenners van die Suid-Afrikaanse afdeling van die Superrugby-reeks. Hulle is so te sê ligjare voor die Bulls (36), Lions (35), Stormers (34) en Sharks (33).

Gisteraand in Buenos Aires het hulle nóg ’n sterk vertoning gelewer. Dié keer het hulle die Sharks 34-7 op hul tuisveld afgeransel.

Die Jaguares het sommer vroeg bloed geruik toe Sebastian Cancelliere binne drie minute van die wedstryd die eerste van sy twee drieë gedruk het om die Sharks sommer vroeg-vroeg op die agtervoet te plaas. Hoewel hulle met ’n paar stelskoppogings misluk het, het hulle die Sharks verhoed om punte in die eerste helfte aan te teken. Die Jaguares het ’n rustydvoorsprong van 12-0 geniet.

In die tweede helfte het Cancelliere en Emiliano Boffelli verdere sout in die Sharks se wonde gevryf, terwyl die Springbok-senter, Andre Esterhuizen, darem ’n drie vir die besoekers gedruk het.

Kom ons draai nie doekies om nie: Dit is ’n skande dat ’n oorsese span eerste op die SA punteleer klaargemaak het.

Die Bulls, Lions, Stormers en Sharks móét nou doodeenvoudig hul finale groepwedstryde wen in ’n laaste en desperate poging om die uitspeelrondes te haal.

Genadiglik is al dié kragmetings Suid-Afrikaanse derbies, dus is twee SA spanne darem verseker van ’n wen.

Die Bulls speel teen die Lions op Loftus Versfeld, terwyl die Stormers en die Sharks mekaar pak.

  • Puntemakers:

Jaguares: Drieë: Sebastian Cancelliere (2), Emiliano Boffelli (2), Santiago Carreras. Doelskoppe: Joaquin Diaz Bonilla (3). Strafskop: Joaquin Diaz Bonilla (1).

Sharks: Drie: André Esterhuizen. Doelskop: Curwin Bosch (1)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

kolla ·

Lions het die Jaguares hulle tweekeer vanjaar geklop en Stormers eenkeer. Nulle en guppies verloor tuis en weg, useless.

Swartwolf ·

Useless is geen beker in 24 Jr. Die jaar weer nie. Ha ha ha.

Kallie ·

Enige SA, Australiese of Argentynse span wat suksesvol in NZ toer sal goed vaar in Super Rugby. Gaan kyk maar na die geskiedenis.

Frans C ·

Nee wat dit is geen skande nie.Die Jaquares is ‘n nasionale en nie ‘n streekspan nie,al sê
ander ook wat. Die feit is dat daar 24 provinsiale spanne in Argentina is en nie een val hulle sterks genoeg is om aan die streekkompetisie deel te neem nie.

Hierdie span gaan met die toevoeging van ander buitelandse spelers net so wêreldbeker
toe,terwyl dieselfde nie van ander vdeelnemende spanne gesê kan word nie.Kommentators vergeet te maklik dat Superrugby in wese ‘n kompetisie tussen
provinsies was en toe deur die Kiwis eerste in ‘n streekskompetisie verander is,deur streekspanne saam te stel gebou om die voorste provinsiale spanne.

Veronderstel nou maar dat SA rugby ook gatvol vir die verloor raak en spanne op dieselfde wyse as die Argentyne saamstel. Dan kom ‘n mens amper soos in die verre verlede op ‘n Transvaalspan af wat die Poemas,Valke,Luiperds,Bulle en Leeus ingesluit het.En om die Cheetah-ondersteuners nie teleur te stel nie word hul ook uitgenooi en wedstryde op ‘n rotasiebasis in hul streke gespeel.

Dink net hoe gaan die Aussies en Kiwis gal oor dit braak.Die Sharks het verloor omdat
Du Preez en Kie volhard met hul spankeuse op losskakel.

kolla ·

Stormers het die Jaguares groot pakslae gegee op Nuweland (35-8). Hulle is glad nie so goed nie, weet nie hoekom almal nou so huil oor hul insluiting nie..

Smirre ·

Franz C jy is heeltemal reg die Argentynse span is basies ‘n nasionale span. Nou word hul afgemaak as ‘n lige spannetjie deur ouens hier wat net hul eie span se uiters power vorm will verdoesel. Net swak skeidsregters het gekeer dat die Stormers nie heel laaste op die SA log en 2 de laaste op die algehele log is nie. Dis hulle vlak van performance. Geen wonder die ondersteuners is weer suur nie en probeer almal se spanne nou afbreek. Moet maar ietsie vat vir die “suur druiwe”……

Ai. ·

Die Sarks het nie lus gelyk vir speel so tien minute in nie, gelyk of hul tanne getrek was!..Die telling het ok so teen hul gewys…Ek was toe ok nie lus om na die Sarks te kyk nie..Ek het toe sommer maar rolbal gaan kyk..Daai 70 jarige tannies het baie meer gemotiveerd en lus gelyk met wal hul gedoen het..Was baie meer angenaam om na die ou tannies te kyk rolbal speel as die nie lus traak my nie agtige houding van die Sarks nie…Miskien probeer hul vermy om teen iemand soos die Crusaders te speel en gooi toe maar die wedstryd om dit in die toekoms te vermy of iets..wel so wou dit voorkom..Lyk nie goed nie..

Albert ·

Ek weet nie of julle die wedstryd gekyk het nie maar ek het, wat die Natalers op gedis het was as om op n een snaar kitaar musiek te maak. Met elke beweging moet die binne senter stormram wat veroorsaak die opponent vat die bal of kry n strafskop. Om dit af tewissel kry n slot of n voorspeler die bal om te kyk of hy die verdediging gaan breek wat uitloop op die selfde storie. Die jsguars speel met die kop en druk driee net wanneer hulle wil, n plesier om n span te sien wat hulle koppe gebruik om die opponent uit te oorle. Ja dit mag n Internasionale span wees in al ons spanne loop daar hope springbokke rond wat baie ver onder hul vermoee speel. Wat dit bewys daar word springbokke gekies wat nie op Internasionale standaard is nie, anders sou hulle uitgestaan bo die ander maar dit gebeur nie

Juandre ·

Frans C ek verskil van jou en glo nie daardie argument is heeltemal geldig nie. Ja die Jaguares het ‘n klomp internasionale spelers maar onthou net dat hulle die enigste span in Suid-Amerika is wat aan Superrugby deelneem. Gaan kyk maar na al ons Superrugbyspanne en gaan tel hoeveel Springbokke is in die 23 groep van elk van ons S.A. spanne en jy sal sien daar is gemiddeld so 10 tot 12 selfs meer spelers.

Frans C ·

Dit gaan oor die manier waarop spanne saamgestel word.Ja spanne mag internasionale spelers lok om vir hul te speel,maar die feit is dat ‘n kompetisie tussen streekspanne is en nie nasionale spanne nie.

As Argentina toegelaat word om een span uit al 24 sy provinsies saam te stel,wat verhoed ander deelnemende land om dit te doen? Dink net hoe goed die Bokke sal vaar
in die wêreldbeker as Suid Afrika pleks van 4 slegs twee spanne gekies uit al die provinsies saamstel om in Superrugby te speel en hul so voorberei vir die wêreldbeker,
Dink jy so iets is regverdig teenoor die Kiwis en Aussies? Of gaan hul ook dan die pad volg en dan het jy ‘n Super 15 wat ‘n ander weergawe van die Kampioenskapreeks tussen die lande is.

kolla ·

En toe die Jaguares ‘n slaansak was toe was dit okay? Nee wat, dis eerder die powergeid van spanne soos die nulle en guppies wat nie eers teen dié ouens op tuisbodem kan wen nie wat gemaak het dat die Jaguares die SA konferensie wen.

Babertondaisy ·

Verduidelik eerder hoekom ‘n span soos Stormers so swak vaar met al hul springbokke. Asook in die geskiedenis nog geen trofee’s itv super rugby nie. Die jaar gaan skeidsregter beslissing help dat hul nie laaste eindig nie. Daar is dan iets fout nie waar?

Louis ·

Die Bulls is 2de in hul groep, tans bo die Sharks Stormers en Lions So dit is nie so swak van hulle nie Indien hulle die Lions klop, wat nie onmoontlik is nie, reken ek hulle het goed gedoen

Kallie ·

‘n Super 14 met met die volgende spanne: 4 SA, 3 Aussies, 5 NZ en 2 Argentynse spanne. Almal speel in een rondte teen mekaar.

Frans C ·

Lyk my mense vergeet gou hoe Superrugby begin het.Die Reds was die eerste Super 6
kampioen .Die kompetisie is uitgebrei na Super 10 toe Suid Afrikaanse provinsiale toegelaat is om deel te neem.
In 993 wen Transvaal die Super 10 en in 1994 en 1995 die Reds.Dit was duidelik dat die Kiwis nie hiermee tevrede was nie en is hul eerste om streekspanne,dws spanne gebou
om voorste provinsiale spanne aangevul deur spelers uit voerprovinsies saam te stel en begin hul die kompetisie oorheers.
Dit was eers in 2001 wat Australiese streekspan die Brumbies die Super 12 itel kon wen.

Slegs 6 jaar later kon die Bulls ‘n Superrugbybeker wen in 2007.Dit is 11 jaar na die kompetisie uitgebrei is om Suid Afrika in te sluit.Die Pampas was die voorlopers van die Jaquares.Hulle het in die Vodacom beker gespeel en dit in 2011 gewen toe hul die Blou Bulle 14-9 geklop het.Hulle het in die jaar nooit verloor nie.

Toe die Argentyne 3de in die 2007 wêreldbeker gekom het het hul druk op SANZAR
begin toepas.Hulle is toe in 2016 toegelaat toe die kompetisie uitgebrei is na 18/
Hulle eindig 13de,10de in 2017 en 7de in 2018.

Die vordering van die Nasionale span is dus te verstane want hul het ‘n breë spelerbasis,terwyl Suid Afrikaanse spanne hope spelers verloor en geneig is om mekaar
se spelers af te rokkel met beter pakette,

Swartwolf ·

Jammer dat ‘n span met soveel bokke so uiters swak vertoon in ‘n wereldbeker jaar. Ongelukkig was die Stormers nooit regtig goed genoeg gewees om enige titel te wen nie. 1995 en 2007 was die Leeus en bulle sterk. Wanneer die stompies sterk voorkom kom bokke nerens in die wereld beker nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.