Jaguares bring hul 11 bestes terug, Lions verander twee

Net vier van verlede week se Jaguares-opdrafspan wat deur die Sharks geklop is, sal Saterdag op Ellispark teen die Lions in die laaste Superrugby-kwarteindstryd speel.

Die Lions, daarenteen, het net een verandering gemaak aan die span wat met die Bulls afgereken het en moes ook ʼn verpligte skuif maak weens die handbesering van die skrumskakel, Nic Groom.

Benewens die 11 spelers wat Saterdag saam met Bautista Delguy, Matías Moroni, kaptein Pablo Matera en Marcos Kremer sal opdraf, het die afrigter, Mario Ladesma, ook twee posisionele skuiwe gemaak en in wese die Argentynse toetsspan vir die kragmeting gekies.

Moroni skuif van buitesenter na die linkervleuel, en Orlando neem sy plek as buitesenter in.

Kremer skuif van steelkantflank na slot met Tomás Lezana wat na nommer sewe-flank toe skuif. Emiliano Boffelli is terug as heelagter, die skakelpaar Nicolás Sanchez en Gonzalo Bertranou is daar om die wedstrydplan uit te voer, en daar’s ʼn volle nuwe voorry met die haker Agustín Creevy wat tussen die vaskop Nahuel Tetaz Chaparro en Santiago García Botta in die skrums sal sak.

Aan Lionskant het Groom se besering die terugkeer van verlede jaar se Bokskrumskakel, Ross Cronjé, tot gevolg; en op die vleuel ruil verlede jaar se vleuel Courtnall Skosan plekke met die opwindende nuwe Bokvleuel Aphiwe Dyanti wat weer in die beginspan is.

Die skrumskakel Dillon Smit is terug op die bank in die plek van Cronjé en Dylan Smith het van sy kuitbesering herstel en sal ongetwyfeld later as loskopstut van die bank af speelkans kry.

Die spanne ‒

Lions
15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (kaptein), 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert, 4 Marvin Orie, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: Corné Fourie, Dylan Smith, Johannes Jonker, Lourens Erasmus, Marnus Schoeman, Dillon Smit, Courtnall Skosan, Howard Mnisi.

Jaguares
15 Emiliano Boffelli, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Orlando, 12 Jerónimo de la Fuente, 11 Matías Moroni, 10 Nicolás Sánchez, 9 Gonzalo Bertranou, 8 Javier Ortega Desio, 7 Tomás Lezana, 6 Pablo Matera (kaptein), 5 Marcos Kremer, 4 Guido Petti, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustín Creevy, 1 Santiago García Botta. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Juan Pablo Zeiss, 18 Santiago Medrano, 19 Matias Alemanno, 20 Tomás Lavanini, 21 Juan Manuel Leguizamón, 22 Martin Landajo, 23 Sebastian Cancelliere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nee man blouvul.. ·

Ek ok n bloue maar hul die leeus het baie beter gespeel as die bulle so ek voel hul verdien hul plek en hoop hul die beste toe!! Wens net dat Rassie meer van hulle in die boerbok span wil sit…net nie noodwendig Jantjiens nie jammer…

Willem ·

Ja nee… Maak die Bulle almal Bokke!!!! Dan kan hulle ook teen die Leeus pakslae kry…. lmga

Poot ·

@Driesie
Niks fout met “Jantjies” nie Driesie. Hy’s net nie beste loskakel nie…… PUNT.

Henry ·

Wonder of Marius van der Westhuizen weer die Leeus kan red?
Van die kantlyn af?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.