Lions se jonges kry rugbyles tot hardebaarde opkom

Malcolm Marx - druk `n drie kort voor die einde (Foto GB Jordaan)

Malcolm Marx – druk `n drie kort voor die einde (Foto GB Jordaan)

Die Lions, met net ses van verlede week se wenspan teen die Waratahs op die veld, is vir 60 minute ʼn rugbyles deur die Jaguares in Saterdagaand se Superwedstryd in Buenos Aires geleer.

Dit was egter ʼn ander storie toe die Lions hulle bank toe begin inspan en die tuisspan hulle voorste spelers met húlle naasbestes begin vervang het, maar die wentelling van 36-24 in die Jaguares se guns met vier drieë elk vertel nie die volle verhaal nie.

Hulle het die Lions se jongspan met opskietverdediging en ongenaakbaar harde duikslae ontsenu. Die Argentyne het pragtig gehardloop, goed gehanteer en die gapings pragtig aangeval.

Hulle was eerste by die afbreekpunte en het by die losskrums ingedons en het in die geheel beter as die Lions gevaar, wat ook op die verdediging maar eina was.

Daar was ʼn lusteloosheid by Warren Whiteley-hulle te bespeur, en hul frustrasie het tot ʼn aantal hoë têkkels en geelkaarte aan Robbie Coetzee en Andries Ferreira en algemene swak dissipline by die afbreekpunte gelei.

Die Argentyne, wat teen rustyd met 20-7 voor was en in die eerste helfte sowat 65% balbesit geniet het, het in die tweede helfte ook gedomineer totdat manne soos Jaco Kriel, Andries Coetzee en Faf de Klerk op die veld gekom het.

Die Lionsafrigter afrigter Johan Ackermann, wat nie verlede jaar saam met die span na Argentinië is toe daar ook ʼn ‘tweede span’ gekies is wat verloor het, sal moontlik uit Saterdagaand se wedstryd kan neem welke van die jong spelers vorentoe met vrug ingespan kan word.

Hulle wéét nou wat druk is. Hulle het immers teen letterlik 23 internasionale spelers gespeel wat op hulle tuisveld werklik aggressief is en heelwat vaardighede het waaroor die meeste Suid-Afrikaanse afrigters net droom dat hulle spelers dit kan hê.

Puntemakers –

Jaguares (20) 36: Drieë: Tuculet, Moyano, de la Fuente, Nicolás Sánchez. Doelskoppe: Sánchez. Strafdoele: Sánchez 4.
Lions (7) 24: Drieë: Warren Whiteley 2, Jacques van Rooyen, Malcolm Marx. Doelskoppe: Shaun Reynolds 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MANIE ·

Lyk my Ackerman leer ook maar moeilik. Sy oordeelsfout het hulle heelwaarskynlik die beker gekos laas jaar. Nou gaan herhaal hy die fout. Ek het gedink die man kan dalk springbok afrigter word , maar hy laat my nou baie twyfel of hy goeie oordeelsvermoee het.

JosuaKeys ·

Manie Johan weet wat hy doen, wanneer dink jy moet n speler ondervinding kry om teen die groot manne te speel, in die Currie beker reeks? Nope ek kan nie met jou saamstem nie dit is waarom Springbok rugby tans n gemors is! Afrigters glo in name nie in spelers nie, die Lions het vir n jaar met nuwe gesigte geleer en waar is hulle vandag, enige goeie span moet diepte he en dit kom met ondervinding, as jy n Super Reeks wil wen moet jy genoeg ondervinding he indien daar beserings sou wees. Wens net al die ander provinsiale afrigter het dieseldfde gedoen as Johan dan was ons nie vandag 6de op die wereld ranglys nie, Johan gee elke ou n regverdige kans in die span sodat elke ou kan besef, bring jou kant of jy word verang, en dit hou die spelers gemotiveerd. Die ouens wat daar was het nou geleer en sal hulself vertroe net meer opskerp tot hul kans week kom en dit gaan weer gebeur dan pluk hulle die vrugte.

Frans C ·

Twee geel kaarte het die Lions gekos maar die Argentynse losskakel was in twee kaart voorvalle betrokke waarvan een beslis ‘n rooikaart en die ander ‘n geel kaart was.
Snaaks dat dieelfde skeidsregter laasjaar teen die Kings een rooi kaart en twee geelkaarte
aand ie Argentyne gegee het.

Was Nick Briant hierdie keer bang vir die tuisskare dat hy van ‘mistiming’ praat.Nou word Sanchez voor die stok gekry.Wat help dit die Lions? Met die kaartmannetjie van die veld kon die wedstryd anders verloop het.

Cais Smit ·

Julle moet net onthou dit is Argetinia se nasionale span,met die selfde span speen hulle toets rugby.Dit is onreg verdig kan nie verstaan hoekom hulle dit toelaat nie.

Frans C ·

Sommige van die weglatings was gedwonge.Janties het sy 2de kind verwag. Janse van Rensburg het sy ma se begrafnis bygewoon.Mapoe sit met besering ens. Hy kon miskien sy bank vroeër ingespan het.
Soos ander gesê het dit was die Argentyne se nasionale span wat selfs die Bokke laat les opsê
het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.