Jaguares sorg vir nog ʼn skok

Die Jaguares se skok-oorwinning van 23-19 oor die Chiefs Vrydag in Hamilton, kan vorentoe dalk nog die doodskoot vir een van Suid-Afrikaanse spanne in die Superrugbyreeks wees.

Die Argentyne, wat ʼn verstommende vier uit vier oorwinnings op hul toer deur Australië en Nieu-Seeland behaal het, nadat hulle vroeër ook met die Rebels, Brumbies en Blues afgereken het, het nou 24 punte op die algehele puntelys – en dit is slegte nuus vir Suid-Afrikaanse rugby.

Die topdrie-spanne in elke afdeling dring vanjaar outomaties deur tot ʼn tuiskwarteind, maar die volgende vyf plekke sal gevul word volgens die stand op die algehele puntelys.

Die Crusaders (38 punte), Lions (31) en Waratahs (24) lyk in dié stadium na die drie spanne wat boaan hul onderskeie afdelings kan eindig, gevolg deur die Hurricanes (32), Highlanders (28), Chiefs (27), Jaguares (24) en Rebels (21).

Die Bulls het 20 punte en Sharks en Stormers albei 18. Boonop speel die Suid-Afrikaanse spanne vorentoe nog teen mekaar, waar daar net een wenner kan wees.

Dit kan die agterdeur vir die Jaguares ooplaat om tot die kwarteindronde deur te dring.

♦  In Vrydag se ander kragmeting het die Crusaders ʼn bonuspuntsege van 53-10 oor die Rebels in Melbourne behaal. Dis darem ʼn brokkie goeie nuus vir SA rugby, want hoe meer die Rebels slae kry, hoe beter is die kans dat daar twee SA spanne in die kwarteindrondes kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Daar is 24 unies binne Argentynse rugbystelsel.Die Argentynse span inteenstelling met
ander lande is ‘n internasionale span,dus nie ‘n span van een of ander streek soos bv in
Suid Afrika.
‘n Mens wil nie afbreuk aan die prestasie doen nie,maar ek voel dat die spanne van Japan en Argentina nie eintlik in die kompetisie behoort nie,want hulle is nie streeksspanne nie.Dit is so goed of Suid Afrika skryf ‘n noordelike en suidelike span in die kompetisie in.
As ‘n mens vandag die skeidsregters se beslississing in die twwe Vrydag wedstryde bekyk is daar ‘n hemelbreë verskil. Tussen die Crusaders en Rebels kon ‘n speler nie sy hand na ‘n aangee uitsreek nie,sonder om ‘n geelkaart te kry. Tussen die Chiefs en Jaquares,het lg driekeer dit gedoen en niks oorgekom nie en is niemand ook gestraf
nadat ‘n Chiefspeler blatant uit die spel geneem is.

Ek glo nie die skeidsregter is tans besonder gewild by Chiefs-ondersteuners nie. Die les
is dus dat jy ‘n skeidsregter netso goed as jou teenstander moet bestudeer en weet wat by hom gaan en nie gaan nie.’n Les wat die Chiefs te laat geleer het en met ‘n strafdrie en geelkaarte daarvoor geboet het.

Jean ·

Ek stem hul die Jaguares kan maar gerus in die stormers se plekke speel…Die Stormers met al hul kwotas nes die kings is gewis een van die swakste spanne in die Suid Afrikaanse konferensie! Laat hul gaan , hul is in elk geval alweer bankrot want niemand ondersteun hul nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.