Jake White ook briesend oor die rooi Boktrui

Jake White. (Foto: YouTube)

Die gewese Springbok-afrigter Jake White het hom by duisende ander briesende ondersteuners aangesluit oor die omstrede besluit van die Suid-Afrkaanse Rugbyunie (Saru) om die Bokke in die komende Rugbykampioenskaptoets in Salta in rooi truie teen die Argentynse Poemas te laat speel.

Volgens White sal dit Dok Danie Craven in sy graf laat omdraai.

“Ek lees in die koerant dat die rooi trui 25 jaar van rugby-eenheid moet herdenk. Dis snert, dis ʼn bemarkingstrategie om meer truie te verkoop,” het White in ʼn rubriek op alloutrugby.com gesê.

“As ons nie die Groen-en-Goud-trui kan verkoop nie, en dit na rooi moet verander, dan het ons ʼn ernstige probleem.

“ʼn Dekade nadat ons nommer een in die wêreld was, verander ons die kleur van die trui. Die vraag is waarom? En wie is verantwoordelik vir daardie agteruitgang?”

White vra ook waarom afrigters volgens statistiek en uitslae gehuur en gepos word, maar dat dit klaarblyklik nie die geval met beamptes is nie.

“As die Springbokke nie ’n Groen-en-Goud-trui kan verkoop nie, dan moet ons na die uitslae kyk, en nie na die kleur van die trui nie. Om meer truie te verkoop, moet jy jou rugby regkry.

“Die All Blacks het nie die kleur van hul truie verander nie, ook nie Barcelona FC (die Spaanse sokkerreus) nie. Dink net wat sal gebeur as Manchester United sy tuistrui na groen verander?”

Volgens White sal mense sê dis net een maal vir een wedstryd, maar dis nie die geval nie, want waar sal dit eindig?

“Volgende sal ons uitsonderings maak sodat iemand met ʼn poniestert vir die Bokke kan speel. Dis nooit net een keer nie, dis die begin van glibberige agteruitgang.”

White sê voorts dat wanneer ʼn mens in die voorste linie as afrigter staan, probeer jy juis die droom aan spelers verkoop om vir ʼn trui te speel.

“Dis dalk nie belangrik vir ʼn beampte om die kleur van ʼn trui te verander nie, maar vir ʼn afrigter is dit baie belangrik, want jy verander daardie droom.

“Is Suid-Afrikaanse ondersteuners tevrede daarmee dat ons twee spanne het wat Superrugby moet verlaat om in Europa te gaan speel? Is hulle tevrede daarmee dat die Bokke in rooi trui speel? Sekerlik moet dit die maatstawwe vir ʼn beampte wees.

“Almal in wêreldrugby weet wat dit beteken wanneer jy daarvan praat om vir die Groen-en-Goud te speel. Dit is in die Springbokkode, om met trots die Groen-en-Goud te dra en jou daarvolgens te gedra.

“Dus, teoreties, moet ons die kode nou verander om rooi, swart, geel en blou in te sluit?”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Eish ·

Hoe pragtig is die boodskap van waarheid nie in die boodskapper se mond nie!

bgj van der westhuizen ·

wel die springbokke speel so swak dat dit nie meer springbokke genoem kan word nie dit is die begin het klaar gesien kom nou die kleur van die trui en oor more sal die naam verander alle mens wat moet saam staan en koop net nie die truie meer nie maak soos met die spur gemaak is sal hulle gou leer wat mense van dit dink

Anton ·

Wie is hy nou eintlik om ‘n opinie te he oor wat in SA Rugby aangaan?

Pietman ·

Ag net ‘n vorige afrigter wat die wêreldbeker gewen het.

Jack Russl ·

En van 2007 af is hy suur oor hy nie nog die afrigter is nie en het hy niks goeds oor SA rugby te sê nie (nie dat daar baie goeie goed is om te sê nie). Pleks wys hy dat hy nog iets vir SA rugby voel en iets konstruktiefs sê kerm en kla hy net oor alles

Pietman ·

SA rugby vier 25 jaar van middelmatigheid. Ek sou ‘n pers trui voorstel.

roelfie ·

Die trui is nie eers rooi nie, meer ‘n soort diep oranje. Die Lions het ‘n rooi trui. Die rede is seker Saru se kleurblindheid. Wanneer laas het hy iets reg gedoen?

Louis Havenga ·

Miskien is daar meer agter as wat ons dink
Die volgende is dalk Springbok truie in ANC kleure!!!!!
Sal my nie verbaas nie.

Boertjie ·

En dit sal gebeur op Mnr Mandela se 100 ste verjaarsdag. Kan nie wag nie!!! Waar gaan hulke n SAL vliegtuig kry wat nog in diens is vir die keer se veby vlieg?

What a joke! ·

En n red beret aan vir elke speler terwyl hul speel
Eff span..

Jeenie ·

Hulle gaan pas by die kleur van die land deesdae! Die bloed vloei en almal trek rooi pakke aan, Een van die dae kan hulle die rooi miere genoem word!

James ·

Wat bedoel White met sy opmerking oor speler met n poniestert? Word dit dan nie toegelaat nie? Party Bokke se haardosse lyk veel erger as n poniestert. Ek kan net nie verstaan wat sommige spelers daarmee wil probeer bereik nie.

BAREND ·

en n groot geel 5 punt ster met kuba se landsvlag en made in china

OumaLien ·

Op ‘n ligter trant – meeste van die Bokke speel in elkgeval vir die Leeus

Kobus ·

Waaroor kla julle so??

Die rooi trui is vir die Kwotabokke en die oorspronklike groen trui vir die Merietebokke.

willie ·

nou praat jy, met die kwota stelsel kan hulle maar in enige kleur speel wen of verloor ek gee nie meer ñ flenter om nie!

PCJ ·

ń Span behoort slegs in ń ander kleur trui te speel wanneer die moontlikheid bestaan dat verwarring op die veld kan plaasvind (tuis óf weg). En eintlik is dit net nodig wanneer die Bokke teen Ierland speel.

Annamarie ·

Heeltemal reg volgens my ondervinding. Springbokke is mans en mans lyk gewoonlik nie goed of vleiend in rooi nie. Behalwe as die Bokke sommer die Leeus se hempde kan gebruik. ??

Johannes van Rooyen ·

Dis ñ uiters swak besluit sal like om te weet wie sit agter dit ñ gedenk groen trui sou beter gewees het as hulle iets wil gedenk dalk die Guptas ??

Piet Pille ·

Jake is die enigste afrigter wat werkliksy opinie lug. Stem volkome saam met hom. Nou ja, wie is Anton nou eintlik??

Chrisjan ·

En toe gooi ek my SpringBok trui nou die dag in die asblik.Toe gooi die asblik hom terug!’n asblik het ook sy trots!

Groen-En-Goud ·

Nou hou ek sommer stukke meer van Jake White. Enige iemand met bietjie mentaliteit erken die waarde vanTradisie en Trots! Ons is waar ons is omdat waardes en meriete in die drein afgespoel is.
Mense wat nie rugby kennis en agtergrond het nie word in poste aangestel om besluite te neem wat ons Springbokke (Spelers en Ondersteuners) duur te staan kom.
Groen-en-Goud is die droom van SA Rugby Geesdriftiges – Rooi is ons nagmerrie in die nuwe SA.

willie ·

Jake mag maar kommentaar lewer aangesien hy en sy spelers trots en op meriete die wêreldbeker gewen het! Nou het dit ñ onaanskoulike sirkus geword! Terloops die 0/19’s rugby vanjaar is ñ goeie voorspels van SA kwota rugby!

Willie ·

Elke mens het ‘n vrye wil. As jy jou geld wel spandeer op ‘n groen trui of rooi trui, dit is jou besluit. Beroepsrugby is in elk geval nie meer ‘n sport nie, dit het ‘n besigheid geword. Gaan speel liewer veerpyltjies en vergeet van die geldmakers.

Lol ·

Die rooi trui is Jurie Roux se spesiale uitgawe ter herhinnering aan die Maties se rugbyfonds.

Dries ·

Ek stres, wat gaan van die geliefde Groen en Goud word, Is daar mense betrokke wat nie
n hart vir die Groen en goud het nie.

Lukas ·

Dis n once off, word wakker. AB het al in ander kleure gespeel, ManU ook, BFC ook. As julle nie daarvan hou nie, moet dan nie kyk of koop nie, baie eenvoudig. Moet net nie sê jy’s n ware bok ondersteuner en die bokke afskryf totdat ons weer wen nie. Die grootse disgrace van die rooi trui is die prys – recommended price R750 , Actual price – R1999.99 .

#LIONS ·

…..DIT KLINK VIR MY NA N UITMUNTENDE PLAN MET N BOS LEKKE WOESTE MAANHARE KAN DIE SPRINKBOK SPAN MOS SOOS WENNERS LYK EN SPEEL……GO LIONS!!!!AG EK BEDOEL BOKKE…..HEHEHEHE

CK ·

Stem absoluut saam met hom…. Sal Japan aan hulle kleur van die trui verander! Dis ‘n lot snert man!!!

Jaybee ·

Ons as ondersteuners sal nooit die nuwe trui aanvaar nie, die Springbokke móét in die groen en goud speel. Die besluit laat my dink aan die lagwekkende pink trui wat die Blou Bulle tevore gebruik het. Jake White is heeltemal reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.