Jantjies: ‘Ek het hard gewerk’

Elton Jantjies in ’n vorige wedstryd teen Australië. Foto: Greg Wood/AFP.

Elton Jantjies sien daarna uit om Saterdag speelkans teen die Wallabies in Adelaide te kry. Ná sy nagmerrievertoning teen Wallis op Loftus Versfeld het die 32-jarige losskakel nog nie weer veel kans in ’n Springbok-trui gekry nie.

Maar hy is saam met ander agterspelers soos Frans Steyn en Jaden Hendrikse op die Suid-Afrikaners se plaasvervangersbank vir die belangrike Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Aussies.

“Ek het vir 40 minute teen Wallis gespeel en dit is lekker om weer ’n geleentheid te kry. Ek het hard in die laaste paar weke gewerk om wedstrydfiks te bly en ek sien uit na die toets,” het Jantjies gesê.

Volgens die losskakel wil die Bokke se plaasvervangersbank ’n definitiewe verskil maak wanneer hulle op die veld verskyn; die Suid-Afrikaners kon immers in 2013 laas die Aussies weg van die huis klop.

“Hierdie is beslis ’n geleentheid vir ons om as ’n span te groei. Die Bomb Squad moet eerstens die opdrafspan goed ondersteun en daarna het ons ’n belangrike rol om te vertolk; veral in terme van hoe ons die wedstryd wil afsluit.”

Die Wallabies het intussen vir Bernard Foley nadergetrek en Jantjies meen dat die ervare losskakel hom goed van sy taak sal kwyt.

“Quade Cooper was verlede jaar in hul span en ek dink nie dinge gaan veel anders nou met Bernard wees nie. Hy is ’n ervare speler wat al vantevore teen ons gespeel het en ons sal by sy manier van speel aanpas.”

Springbokke: Damian Willemse (heelagter), Warrick Gelant (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Joseph Dweba (haker) en Ox Nché (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Franco Mostert, Kwagga Smith, Jaden Hendrikse, Elton Jantjies en Frans Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frank ·

Ja, ek gaan ook hard werk. Maar ek sal nooit ‘n Pollard kan wees nie. Nie in my genes nie.

piet ·

Sy spelstyl pas nie by die Bokke nie. Hy vaar goed wanneer dinge lostorring, dis hoekom hy so goed was by die Leeus toe hulle netbal gespeel het in Superrugby. Toetsrugby is ‘n perd van ‘n ander kleur, daar gaan dit oor druk uitoefen en druk verwerk.

H.A. ·

Ek het al iewers die woorde gehoor. ‘Ek het hard gewerk’ gmf.

Peter ·

Jammer hy is gekies voor hy so hard begin werk het. Hy is ‘n goeie speler, moes fiks en ingeoefen gewees het voor hy gespeel het

gatgogga ·

Jy is ‘n verleentheid, man.
Maar ek moet se ons lag almal lekker vir jou komiese gespog wanneer jy ‘n stelskop probeer.

Niklaas ·

Laat ons maar sien hoe hy speel hy in sy volgende wedstryd. Ek voel nie baie gerus oor Bokke se kanse met hom daar , na daai 40 sukkel minute teen Wallis

N ·

Al werk jy hard as kwotas, sal jy nooit so hard soos n speler op meriete moet werk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.