Japan is dalk ʼn opsie vir Rudy Paige

Rudy Paige – sy opsies raak min (Foto: GB Jordaan)

Die deure word die een ná die ander in Rudy Paige se gesig toegeklap.

Daar is nie meer plek vir hom by die Bulls nie; daar is verlede jaar al voelers na die Lions uitgesteek, maar hulle kon na bewering nie oor sy kontrak ooreenkom nie; en nou het die Westelike Provinsie (Stormers) ook laat weet dat hulle eerder hul eie, jong plaaslike talent gaan ontwikkel.

Wie bly oor? Net die Sharks, maar Louis Schroeder is nou as hul voorste skrumskakel gevestig.

Wat van die Cheetahs en die Southern Kings? Hulle speel nie meer Superrugby nie.

Die Poemas en Griekwas sal hom (straks) nie kan bekostig nie en hy sal na waarskynlikheid oorsee gaan speel.

Paige, 28, wat in 2015 sy Springbokbuiging gemaak het, het reeds in 13 toetse gespeel, maar hy was in net drie toetse in die opdrafspan.

Hy het verlede jaar in ses toetse gespeel, maar in al ses hiervan is hy van die plaasvervangersbank af opgestuur. Hy was in dié toetse net vir ʼn skrale 83 minute op die veld: 10 minute teen die Franse, 16 minute teen die Poemas, 20 minute teen die All Blacks, vyf minute teen die Wallabies, sewe minute teen die Iere en 25 minute teen Italië.

Dis nie die speler se skuld nie. Hy het nie homself gekies nie, maar wie staan pa vir die kontrakte? Hoeveel het hy al by die Bulls verdien en hoeveel by die Springbokke?

Dit laat ʼn mens terugdink aan 1995 toe die Kaapse flank Robby Brink onverwags in Kitch Christie se Wêreldbekergroep ingesluit is.

Daar was destyds sterk gerugte dat Christie tussen Tiaan Strauss en Francois Pienaar moes kies: ook as kaptein.

Maar toe word Strauss weggelaat en Brink word uit die bloute nader getrek.

Die vure was geblus en die Bokke het die All Blacks in die eindstryd geklop.

Brink was maande lank saam met die Bokke, maar hy het die hele toernooi net twee keer gespeel. Dit was in die semi-amateurdae, maar elkeen van die Wêreldbeker-Bokke het om en by R1 miljoen ontvang, insluitende Brink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Snuffels ·

Hoekom het dit so lank gevat om te sien hy is nie goed genoeg nie??? Is bly die tyd het darem gekom, SA het dringend n wereld klas 9 nodig, en om Paige te kies wys hoe swak ons eintlik is. Hy het n goeie paas, maar is dit nie maar n given vir n 9 nie???

Avokado ·

Hy is die slagoffer van die kwotastelsel. Nooit werklik goed genoeg nie maar hy moes die window dressing doen. Toe kry hy so min speelkans dat hy nie raakgesien word of kon ontwikkel nie en siedaar! Sy rugbytoekoms in SA nul op ‘n kontrak (pardon the pun!).

Rianto ·

Nie sy skuld nie… maar hy moes nooit eers VC gespeel het nie… was altyd duidelik hy hoort nie op enige senior vlak nie… TuksJeugRugby het beter opsies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.