Japanners voor in Stille Oseaan-uitdaagreeks

Junior Japan is die voorloper ná die eerste ronde wedstryde in vanjaar se Stille Oseaan-uitdaagreeks wat in Soeva, Fidji, uitgespook word.

Hy moes kwaai terugveg om Tonga A met 45-28 te verslaan, nadat die Tongane die botoon in die eerste helfte gevoer het, en in ʼn stadium met 21-0 voor was.

Die rustydtelling was 21-12 in die Tongane se guns.

In die tweede helfte het die Japanners egter die oorhand gekry, en vyf drieë gedruk om die wedstryd in hul guns te beklink.

Die Fidji Warriors, die verdedigende kampioen, het Samoa A met 33-21 geklop (rustyd 21-9).

ʼn Beter batige punteverskil plaas Junior Japan tans boaan die punteleer. Fidji is tweede, Samoa derde en Tonga laaste.

Dinsdag se kragmeting tussen Japan en Fidji se naasbestes kan heel moontlik reeds die toernooi se uitslag bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.