Johan Goosen steek tong uit

Johan Goosen (Foto GB Jordaan)

Johan Goosen (Foto GB Jordaan)

Dit bly een van die groot raaisels waarom die Springbokafrigter, Allister Coetzee, nie vanjaar vir Johan Goosen kans op losskakel gegee het nie.

Goosen, wat senter vir Racing 92 in Frankryk speel merendeels omdat die All Black-losskakel Dan Carter ook in die span is, het in sy vier toetse in die Rugbykampioenskap heelagter gespeel.

Anders as in Suid-Afrika, is sy waarde in Frankryk raakgesien, en Maandagaand is hy, bo Carter, as die beste speler in die Franse se Top14 vir die 2015/’16-seisoen aangewys.

Goosen, wat sy buiging in sy eerste van 10 toetse in 2012 teen die Wallabies gemaak het, het op skool vir Grey-kollege in Bloemfontein, vir die SA o.20-span, die Cheetahs en die Bokke (voor 2016) losskakel gespeel.

Sy laaste verskyning in ʼn Bok-trui was vanjaar teen die All Blacks in Christchurch. Ironies genoeg  het Goosen (vanuit die heelagter-posisie) die meeste drieë (twee!) deur ʼn Springbok gedruk en hy het die meeste veld van al die spelers (226 meter) gewen.

Toe Pat Lambie in die eerste toets teen Ierland harsingskudding opgedoen het nadat hy laat deur CJ Stander geloop is, het Coetzee op Elton Jantjies, wat die beste losskakel in die Superreeks was, teruggeval.

Jantjies se spelpeil het gaandeweg agteruitgegaan en hy kon nie by Coetzee se speelpatroon inpas nie. Intussen het Coetzee vir Willie le Roux as heelagter gepos en Goosen in die nr.-15-trui nader getrek.

Maar toe  Jantjies die kluts kwytgeraak het, het Coetzee Morné Steyn gekies. Teen die Wallabies het dit vrugte afgewerp, maar Saterdag teen die All Blacks?

Goosen is intussen deur Lambie vervang, wat uit posisie gekies is.

Die groot vraag is hoekom Goosen nooit ʼn kans op losskakel gegun is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Loskop ·

1 Die antwoord op die vraag is eenvoudig , jy sit met n afrigter wat geen idee het wat om hom aangaan nie.
2 Goosen sou self op senter beter gevaar het as die manne wat tans daar uitdraf.
3 Op die oomblik is daar baie beter spelers , wat nie eens in die groep van 32 is ,daarbuite
die problem is A C wil nie erken hy het van die begin af verkeerd gekies nie

LOSKOP ·

1 Die antwoord is maklik , A C weet nie wat om hom aangaan nie , Goosen sou sweerlik ook beter op senter gevaar het as wat die huidige klom doen.
2 Daar is ook te veel spelers wat uit posisie uit gekies is , as my somme reg is 4 , wat het van A C se voorneme geword, wat hy onderneem het met sy aanstelling , om jong talent te ontwikkel en kans te gee.

Herman ·

Goosen sal in enige Internasionale span in die begin 15-tal wees!! Behalwe in SA

Janneman ·

Coetzee word gehang maar dink bietjie mooi oor die laaste paar jare se geploeter, Japan?Hoeveel spelers en kombinasies is getoets sonder welslae? Ons pluk gewoon die vrugte van maatskaplike manupulasie.
Na ’94 moes ons mos verbeter het met soveel miljoene meer om van die kies. Hoekom het dit nie gebeur nie? Hoekom sukkel Bafana om te kwalifiseer vir die Afrika beker? Miskien is balspel net eenvoudigdig nie in hierdie spelers se DNA nie.
Jy kort ongeveer 30 baie begaafde spelers om wereldrugby te oorheers. Hoeveel van die duisende jong potensiale sprinbokke en families met sulke kinders het die land verlaat omdat hulle opgeoffer is vir politieke korrektheid en onwelkom is in hulle eie land.
Ek wens net persone van aansien het die moed om die wit olifant in die vertrek uit te wys!

Rugga007 ·

Lekke lag ek nou Deon,
Ons almal het ons oppinies, feit is,kan n klomp begaafde spelers eensklaps so hulpeloos voorkom.,andwoord is n groot NEE. Almal praat daarvan, die enigste pad vorentoe is die NZ model, naamlik sentrale kontraktering, verminder die 14 unies na 8 sterk streke, raak ontslae van provinsialisme, betaal spelers volgens sy ervaring, betaal spelers in dieselfde groep dieselfde salaris, so kan mens aangaan. Spelers chop en change te veel van spanne, 100 wedstryde vir 5 verskillende spanne, on NZ is dit 100 wedstryde vir 1 span.
Sê maar net , daar is soveel opsies.

Francois ·

Pieter . Met alle respek. Morne was weer ons beste speler. Hoekom is hy vervang . Toe hy vervang is was daar net chaos. Het jy die telbord dop gehou ?

lewies ·

Dag se’ wanneer n mens loskakels soos naas botha hugo porta errol tobias jannie de beer sien speel het dink ek johan goosen het die temprament en talent om bo uit te kom .net n kwessie van self vertroue wat jy op bou wanneer n afrigter sy vertroue in jou stel deur jou te kies en mits jy in sy spelpatroon in pas .goeie vb is elton jantjies hy shape net nie onder ac nie goosen hom
Self bewys deur uit posisie(senter) en heelAgter pryse as beste speler te ontvang bo snare soos dan carter ens

Nico K ·

Ek stem saam met Pieter. Ek sou ook Goosen op losskakel gekies het. Hy was beskou as een van ons beste opkomende spelers maar is deur beserings gery en toe vergeet hulle van hom. Veral omdat hy oorsee gaan speel het en party mense die idee het ons behoort nie oorsese spelers te kies nie. En hoewel Steyn nie ‘n slegte speler is nie, is hy nie ‘n belegging vir die toekoms nie.

Henry ·

Toetswedstryde soos die een van verlede Saterdag teen die AB’s, word nie in die toekoms gespeel nie.
Dit word NOU gespeel.
Dan moet jy noodwendig met die beste BESKIKBARE spelers oor die weg kom.
Wat Coetzee se idee van ‘beste spelers’ is, is natuurlik ‘n ander keteltjie vis…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.