Jones jaag twee ‘uitlanders’ weg oor `kultuurkwessie’

Eddie Jones (Foto: Twitter)

Die Engelse afrigter, Eddie Jones, het twee van die buitelandsgebore spelers in sy nasionale oefengroep weggejaag weens ʼn “spankultuurkwessie”.

Die Engelse Rugbyunie (RFU) het in ʼn verklaring bevestig dat die Samoaans-gebore senter Manu Tuilagi en Nieu-Seelands-gebore vleuel Denny Solomona huis toe gestuur is, maar geweier om daarop uit te brei.

Die stap hou glo verband met die gebruik van alkohol tydens die Rose se oefenkamp in Teddington, Londen, met die oog op die eerskomende herfsreeks teen Argentinië, Australië en Samoa.

Luidens berigte het nie een van die twee Maandag saam met die groep geoefen nie, en dis nog nie seker of Jones verdere optrede teen hulle oorweeg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zack ·

Piet Eberson
Wat het drankmisbruik met ‘n Kultuur Kwessie te doen?
Die opskrif kan beter gewees het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.