Jones lei Leeus op toer teen Bokke

Alun Wyn Jones. Foto: Twitter.

Wallis se Alun Wyn Jones sal die Britse en Ierse Leeus aanvoer wanneer die toerspan in Julie en Augustus ʼn toetsreeks van drie wedstryde teen die Springbokke speel.

Die 35-jarige veteraanslot het al 157 keer vir Wallis uitgedraf en het die nasionale span vroeër vanjaar tot Sesnasies-glorie gelei.

Dit sal Jones se vierde Leeus-toer wees.

Die Walliese strydros het teen Maro Itoje van Engeland en Skotland se Stuart Hogg meegeding om deur afrigter Warren Gatland as kaptein van die toerspan aangewys te word.

“Uiteraard baie trots, baie bevoorreg,” het Jones aan lionsrugby.com oor sy kapteinskap gesê.

Volgens Jones het hy Sondagaand aanvanklik die oproep gemis toe Gatland hom met die nuus gebel het. Hy moes terugbel.

“Ons het vinnig gesels en ek het dit natuurlik aanvaar. Ek is baie trots om dit by my CV te voeg, maar daar is natuurlik baie werk om te doen wanneer ons daar is.”

Die Britse en Ierse Leeus se 37-tal vir die 2021-toer na Suid-Afrika is ook Donderdag bekend gemaak.

Agterspelers (16):

Josh Adams (Wal), Bundee Aki (Ier), Dan Biggar (Wal), Elliot Daly (Eng), Gareth Davies (Wal), Owen Farrell (Eng), Chris Harris (Sko), Robbie Henshaw (Ier), Stuart Hogg (Sko), Conor Murray (Ier), Ali Price (Sko), Louis Rees-Zammit (Wal), Finn Russell (Sko), Duhan van der Merwe (Sko), Anthony Watson (Eng), Liam Williams (Wal)

Voorspelers (21):

Tadhg Beirne (Ier), Jack Conan (Ier), Luke Cowan-Dickie (Eng), Tom Curry (Eng), Zander Fagerson (Sko), Taulupe Faletau (Wal), Tadhg Furlong (Ier), Jamie George (Eng), Iain Henderson (Ier), Jonny Hill (Eng), Maro Itoje (Eng),  Alun Wyn Jones (Wal)(k), Courtney Lawes (Eng), Ken Owens (Wal), Andrew Porter (Ier), Sam Simmonds (Eng), Rory Sutherland (Sko), Justin Tipuric (Wal), Mako Vunipola (Eng), Hamish Watson (Sko)

Die eerste toets tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus vind op 24 Julie in Johannesburg plaas waarna die spanne mekaar op 31 Julie in Kaapstad die stryd sal aansê.

Die derde toets vind op 7 Augustus weer in Johannesburg plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vrijburger ·

Mmm as van die mense van Nuweland die All Black kan ondersteun omdat hulle dink daar is te min transformasie / verteenwoordeging in die Springbokspan, kan ek seker die Leeus ondersteun omdat ek dink daar is te veel transformasie / verteenwoordeging.

Of wag, ek boikot sommer die Springbokke (en alle ander SA spanne) vir die rasse diskriminasie van hul kwota stelsel.

MakersMark ·

Baie mense daar dink hul is maori’s verskil is meeste maori’s het voortande.

Jack ·

Nee wat.Boikot all sport in die land totdat ALLE vorme van transformasie en kwotas op ALLE vlakke verwyder is.Go Leeus.Ons is agter julle.

Megan Swart ·

Dagsê B-Man
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Frans ·

Hoeveel Springbokke wat oorsee speel sal deur hul klubs vryfestel word? Daar kan ‘n werklik goeie span uit die toerspan saamgestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.