Jongste in SBW-debakel verras selfs Wêreldrugby

Selfs Wêreldrugby (WR), die internasionale beheerliggaam van die spel, is verras met die jongste wending Donderdag wat die debakel rakende die All Black Sonny Bill Williams se afstuur weens ʼn hoogvat teen die Britse en Ierse Leeus geneem het.

Die onafhanklike appèlkomitee wat oor die status van die Nieu-Seelandse span se oefenwedstryd teen Counties Manukau en Taranaki uitsluitsel moes gee, het beslis dis ʼn volwaardige wedstryd.

Dit beteken Williams sal beskikbaar wees vir die All Blacks se eerste Bledisloe-toets teen Australië, wat deur die aanvanklike tugkomitee (bestaande uit drie Aussies) by SBW se skorsing van vier weke ingereken is.

Die herrie spruit uit die samestelling van die littelosmaker waarin die provinsiale span Counties Manakau in die een helfte teen die All Blacks sal speel, en Taranaki in die ander.

WR sê hoewel hy die appèlkomitee se beslissing respekteer, is hy verras oor die komitee se vertolking van die reëls omdat dit ʼn wedstryd definieer as ʼn geleentheid waarby “twee spanne teen mekaar meeding”.

Met die appèlproses uitgeput, sê WR hy sal die beslissing na die September-vergadering van sy reëlkomitee verwys om klarigheid met die oog op die toekoms te kry.

Intussen het die All Blacks maar weer hul sin gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter ·

“intussen het die All Blacks maar weer hul sin gekry” o, maar as die Saffas kerm en moan dan is dit mos okay. Swak van MM om duidelik teen die NZ en All Blacks berig. Dan wil saffas moan as ons koerante in NZ skryf oor die Springbokke. Uiters swak.

JohanvSchaik ·

Die kom neer op respek vir reels. Hy was verkeerd hy mpet sy straf kan vat. Nou gebruik hulle elke loop hole om uit die straf te kom. Wereld rugby sal in vervolg spesifieke skorsongs vir spesifieke toernooie moet op le. As die oortreding tydens super rugby plaasvind wprd hy geskors vir 4 super rugby games ens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.