Jou foto dalk op Du Toit, Pollard en Dyantyi se truie

Die Springbokke het ’n lekker ondersteuners-veldtog van stapel gestuur. Foto: ANA.

Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit, Handré Pollard, Aphiwe Dyantyi, Faf de Klerk en hul Springbok-spanmaats sal vir vanjaar se rugbywedstryde met die foto’s van duisende ondersteuners op hul rûe voorberei.

Dít is te danke aan ’n nuwe veldtog wat vandag van stapel gestuur is.

Ondersteuners word uitgenooi om foto’s van hulself (selfies) te stuur. Dié foto’s sal dan vir die hele seisoen op die nommers van die Bokke se truie pryk. Dit sal die Rugbykampioenskap en die Rugbywêreldbeker insluit.

Die Faces on Numbers-inisiatief skop gedurende die Castle Lager Rugbykampioenskap af, wanneer die Bokke teen die Wallabies, die All Blacks en Argentinië in aksie sal wees.

Die gesigte van gewone ondersteuners, familielede, die media en glansstere sal vir die tuiswedstryde op die nommers pryk.

Dié wedstryde is op 20 Julie teen die Wallabies op Emirates Airlines Park in Johannesburg en op 17 Augustus teen Argentinië op Loftus Versfeld in Pretoria.

  • Om deel te word van die selfie-aksie, registreer op springboks.rugby en jou gesig kan dalk op jou held se trui pryk!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Ag nee sies man.

Nico

Stel nie belang nie

Bekommerd

As ek dit op n All Black trui kon kry, YES lol . Maar hulle standaard is gelukkig hoog, en maak nie n bespotting van n trui nie.

Martin

Vir wat?

Baardman

Dit help nie om te kerm nie dis wat hulle besluit is en daar gaan fotos op hulle truie wees of ons daarvan hou of nie.