Juan na vier jaar terug in Springbokspan

Ruan Pienaar tydens die wedstryd tussen die Springbokke en die Poemas (foto: GB Jordaan)

Ruan Pienaar tydens die wedstryd tussen die Springbokke en die Poemas (foto: GB Jordaan)

Juan Smith maak die naweek in Salta ‘n merkwaardige terugkeer tot Springbokrugby nadat hy sy 69ste en laaste toets in November 2010 gespeel het. Hy is een van drie veranderinge in die opdrafspan teen Argentinië.

Gurthrö Steenkamp (loskop in Tendai Mtwarira se plek) en Eben Etzebeth (slot in Bakkies Botha se plek). Mtawarira, Botha en Marcell Coetzee bevind hulle op die bank saam met Lwazi Mvovo, wat nie in die groep vir die toets op Loftus was nie.

Damian de Allende (buitesenter) en Handé Pollard (losskakel) behou hul plekke in die vyftiental.

Heyneke Meyer het gesê daar is ‘n hele paar opsies vir steelkantflank, maar hy het besluit die die ideale geleentheid om Juan Smith kans te gee. Hy was een van Toulon se beste spelers, het die span gehelp om twee groot kompetisies te wen en sou in die Junie-toetse gebruik gewees het as hy fiks was.

Mtawarira se rotasie word gedoen weens die feit dat die volgende twee toetse kort op mekaar volg.

Smith het onlangs vertel van die 25 maande se pyn wat hy ná ‘n reeks operasies ondervind het. Hy het sy uittrede aangekondig en is daarna omgepraat om ‘n vyfde operasie te ondergaan. Dit was uiteindelik suksesvol.

Die span is:  15 Willie le Roux, 14 Cornal Hendricks, 13 Damian de Allende, 12 Jean de Villiers (k), 11 Bryan Habana, 10 Handré Pollard, 9 Ruan Pienaar, 8 Duane Vermeulen, 7 Juan Smith, 6 Francois Louw, 5 Lood de Jager, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis (vice-captain), 1 Gurthrö Steenkamp.

Bank: 16 Adriaan Strauss, 17 Tendai Mtawarira, 18 Frans Malherbe, 19 Bakkies Botha, 20 Marcell Coetzee, 21 Francois Hougaard, 22 Morné Steyn, 23 Lwazi Mvovo.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Conrad ·

Nou verstaan ek een ding nie. Ek wens iemand daar buite kan my help daarmee. Hulle laat roep vir Warren van die Leeus en Lambie van die Sharks op oorsee, maar hulle word nie gespeel nie. Nou sit hulle uit vir die Curriebeker wedstryde wat hulle kon speel en groot bydreas maak vir hulle spanne. As mens iemand oproep, hoekom speel jy hom dan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.