Jukskei-derby word uitgestel

Foto: GB Jordaan.

Die komende naweek se watertand-ontmoeting tussen die Blou Bulle en die Leeus op Loftus Versfeld is tot ’n latere datum uitgestel.

Die kragmeting sal nou op 6 Januarie 2021 aangebied word.

Die Pretorianers se vorige wedstryd teen die Griekwas is juis afgelas omdat van hul spelers en beamptes positief vir Covid-19 getoets het. Volgens SA Rugby is die jongste wysiging van die bepalings dus gedoen om verdere besmettings te voorkom.

Die Bulle se wedstryd teen die Pumas – wat aanvanklik op 8 Januarie sou plaasvind – sal nou op 10 Januarie afskop.

Rugbyliefhebbers sien uit na die Bulle/Leeus-tweestryd op Loftus omdat die Johannesburgers skielik een van die reeks se aanspraakmakers is.

Ivan van Rooyen se span het verlede naweek met die Haaie klaargespeel, terwyl hulle ook met die Cheetahs in Bloemfontein afgereken het.

  • Curriebeker-punteleer:
  1. Blou Bulle 35 punte
  2. Leeus 29 punte
  3. Haaie 28 punte
  4. WP 26 punte
  5. Cheetahs 21 punte
  6. Pumas 12 punte
  7. Griekwas 5 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.