‘Jukskei sal rugby verder verswak’

Foto: jukskei.co.za

Foto: jukskei.co.za

So teen 1959 was daar ernstige kommer oor die gehalte van SA rugby. Die vorige twee toetsreekse teen die All Blacks (1956) en die Franse Hane (1958) is verloor en die volgende reeks teen die All Blacks was voor die deur. Dit wou-wou lyk of daar nog skande op die Springbokke wag.

Die grootbaas van SA rugby, dr Danie Craven, het gesê die hedendaagse rugbyspelers is te gemaksugtig en te sag.

Toe daar boonop `n veldtog van stapel laat loop word is om jukskei Suid-Afrika se nasionale somersport te maak, was di teens te veel vir `n leser van die koerant Die Transvaler.

Hou die jeug weg van jukskei, was sy wanhoopskreet, dit gaan ons rugby nog verder verswak!

Jukskei is `n lui sport, het hy geredeneer. Dit sal die jeug nog gemaksugtiger maak. Om darem die hele dag om `n paar penne rond te staan en jou `n “speler” te wil noem? Dis een te veel.

Nou ja, jukskei of nie jukskei nie, die Springbokke het 1960 se All Blacks lekker afgestof.

Omstreeks dieselfde tyd weet die Junior Springbok- en latere Springbokslot Piet van Zyl in sy ou klub Tuine se nuusbrief te vertel dat Suid-Afrikaners hul rugby veels te ernstig opneem.

Van Zyl, wat `n tyd lank in Engeland gewerk en vir die klub Richmond gespeel het, se waarneming was dat die Engelse rugby gespeel het om oefening te kry, Suid-Afrikaners het geoefen om rugby te speel.

Die Engelse het ook nie juis veel oor rugby gesels nie. Hulle het eerder geesdriftig oor `n skivakansie in die Alpe gesels of oor die renjaer Stirling Moss se kans in die volgende Grand Prix bespiegel.

Kyk maar maar hoe goed vaar die Engelse in elk geval op die rugbyveld, was die slotsom waartoe Van Zyl gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

linky ras ·

Mens kannie rugby met jukskei vergelyk nie, of jy kan rugby speel of jy kannie, of jy kan jukskei speel of jy kannie, dit gaan nie oor luiheid nie dit gaan oor genoeg oefening, as jy nie oefen nie gaan jy nie goed speel nie elke sport soort het sy challenges

Nic Arnold ·

So op n ligte noot, as ek na verlede jaar se seisoen kyk, was die woorde dalk van toepassing op die span(ne) noord van die Jukskei rivier.

Linda Senekal ·

Jukskei is ‘n familie sport en kan geensins met Rugby vergelyk word nie. Dit is ‘n baie strategiese sport sort en oud en jonk kan daaraan deelneem. Anders as Rugby wat se ouderdoms groep redelik beperk is tot die 30 jare. Ek self het my springbok klere in Jukskei verwerf en onthou nog die dae toe Oupa, Pa, ek en my Broer aan die toernooie deelgeneem het.
Elke sport is uniek en onthou Jukskei is erg Afrikaans!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.