Junior Bokke se Juarno Augustus beste speler by o.20-toernooi

Juarno Augustus druk een van sy sewe drieë (Foto Facebook Juarno Augustus WorldRugbyU20s)

Die agsteman van die Junior Springbokke, Juarno Augustus, is Sondag na afloop van die o.20-Wêreldkampioenskap in Tbilisi, Georgië aangewys as die speler van die toernooi.

Dit kom as geen verrassing nie. Juarno, wat aan die Hoërskool Tygerberg skoolgegaan en in 2015 die Westelike Provinsie se Akademiespan en verlede jaar die Streeptruie se o.19s verteenwoordig het, het in al vyf die internasionale wedstryde in Tbilisi ʼn drie gedruk.

Sy sewe drieë in die toernooi, waar die Junior Springbokke derde geëindig het toe hulle die Franse Sondag met 37-15 geklop het, was die meeste van al die spelers.

Trokkie, soos Augustus deur sy maats genoem word, is ʼn groot, aggressiewe losvoorspeler (1,88 m en 108 kg) met ʼn goeie voorgevoel. Hy word eers in Desember 20.

“Dit is ʼn groot verrassing en ongetwyfeld die hoogtepunt van my rugbyloopbaan,” het hy Sondagmiddag gesê nadat hy bo die Engelse kaptein Zach Mercer en sy spanmaat Gabriel Ibiotye en die twee All Blacks Tiaan Falcon en Will Jordan as die speler van die toernooi aangewys is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dennis Koekemoer ·

Trots om te sien SA o/20 span lewer wêreld gehalte spelers van formaat.

Christo Visagie ·

daar gaan die arme man se rugby loopbaan,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,gaan net soos baie ander belowende spelers sy agterstewe op die bank deur bring. Bulle is mos bekend daarvoor, gaan eerder na ‘n Unie waar jy speelkans kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.