Jy kan my omblaas

narDaar is baie min van die ouer geslag wat nie vir Tiekie die Nar geken het nie.

Wanneer Boswell en Wilkie se sirkus op sy landwye toer gegaan het (dit het die hele jaar gebeur, net elke maand in `n ander dorp of stad wanneer die groot wit tent verrys het, die diere langs die tent gewei het en die woonwaens een vir een aangekom het), was almal in rep en roer.

Daar was sweefartieste, gewoonlik van oorsee af, altyd `n olifant of twee en `n afgeleefde leeu. Maar wat was `n sirkus sonder Tiekie, wat die kinders se lagspiere geprikkel het met sy dom besluite en onbekwaamheid?

Dis sekerlik hoekom daar na onbekwame politici en rugbybase na narre verwys word. ‘n Mens lag ook vir hulle, maar dis eintlik om van te huil.

Dinsdag in die parlement is Springbok-ondeursteuners se bloeddruk opgejaag nadat Strike Ralegoma geëis het dat die Bok-embleem van die trui af verwyder moet word toe die SA rugbybase voor hom moes bonstaan en koes.

Niks nuut nie, dit gebeur al jare lank, maar net deur `n nuwe lid van die portefeuljekomitee oor sport.

Maar o wee, dis mos verkiesingsjaar en die ANC reik Donderdag `n verkaring op die sosiale media uit waarin hy hom van Ralegoma se opmerkings distansieer.

Die party sê dit was Ralegoma se eie mening en dat dit nie strook met ANC-beleid oor die behoud van die Bok-embleem nie.

As hy nie namens die party gepraat het nie, wie verteenwoordig Ralegoma dan?

Agt jaar gelede is Butana Khompela en Cedric Frolic ook deur die party tereggewys oor hul uitsprake oor die wegneem van rugbystadions en dat hulle gedreig het om die Bokke se paspoorte in te trek. Die nasionale leierskap het toe ook `n verklaring uitgereik, waarin gesê is dat dit nie met die amptelike beleid strook nie.

In 2007 het albei here die Wêreldbekertoernooi in Parys bygewoon. Die SA Rugbyunie het vir Khompela se reis betaal en hulle het Springbok-onderteunersdrag ontvang.

Moet `n mens die dreigement ernstig opneem?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.