Kaalvoethelde speel kookwater-rugby

rugbybal2.jpg

Die WP speel weer spogrugby. Foto: Verskaf.

Die jong Streeptruie het laas in 2012 by die o. 13-Cravenweek verloor. En dit lyk asof dié trotse rekord by vanjaar se nasionale week by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier sal voortduur.

Hulle is tans onoorwonne nadat hulle eers die Valke met 70–12 vermorsel het, en toe die Limpopo Blou Bulle met 41–5 geklop het.

Die jong Leeuwelpies speel ook lekker rugby. Hulle het maklik met Grens en die Boland klaargespeel.

  • Uitslae van die o. 13-Cravenweek by Hoërskool Rob Ferreira:

Dag Een:

WP 70–12 Valke

Leeus 57–7 Grens

Haaie 31–5 SWD Arende

Blou Bulle 22–17 Oostelike Provinsie

Vrystaat 27–7 Namibië

Limpopo Blou Bulle 27–24 Boland

Griekwas 31–12 Griffons

Luiperds 19–14 Grens Platteland

Dag Twee:

WP 41–5 Limpopo Blou Bulle

Leeus 36–12 Boland

Haaie 55–0 Oostelike Provinsie

SWD Arende 21–12 Blou Bulle

Pumas 15–5 Vrystaat

Griffons 26–10 Namibië

Griekwas 10–0 Valke

Luiperds 20–15 Grens

Zimbabwe 29–5 Grens Platteland

  • Die o. 18-Cravenweek skop volgende week op Grey Kollege se velde af. Die Vrystaat en die Haaie pak mekaar Maandag in die hoofwedstryd, met die Westelike Provinsie wat teen die Boland sal kragte meet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

kolla ·

Geoordeel aan daai uitslae lyk dit of die Haaie ook ‘n sterk spannetjie het.

DeVill ·

Hoe wens ek nie nou ek kan net eenkeer weer op die wit gerypte gras, kaalvoet uithardloop om rugby te speel nie. Die reuk van pannekoek, kerrie en rys en lekker tjoppies in die lug.
Ai man sal dit nou nie lekker wees om weer ‘n drie te kan druk of om ‘n lekker “tackle” in te kry nie!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.