Kaapstad gaan Sewes-wêreldbeker aanbied

Foto: GB Jordaan

Wêreldrugby het Dinsdag aangekondig dat Kaapstad gasheer vir die Wêreldbeker-sewesrugbytoernooi in 2022 sal speel. Die toernooi sal van 9 tot 11 September 2022 aangebied word en dit sal ’n eerste vir Afrika wees.

Dit Blitsbokke het saam met Nieu-Seeland, Engeland, Fidji, Argentinië, die VSA, Frankryk en Skotland reeds vir die skouspel gekwalifiseer.

Volgens sir Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, wag opwindende tye vir sewesrugby met die Olimpiese Spele ook nog moontlik om die draai.

“Suid-Afrika het ’n trotse geskiedenis om sewestoernooie van wêreldgehalte aan te bied en ons verwag dat die komende Wêreldbeker weer eens ’n unieke belewenis sal wees,” het Beaumont gesê.

Op sy beurt het Mark Alexander, president van SA Rugby, gesê dat die komende toernooi ’n uitstekende geleentheid is om met Suid-Afrika se liefde vir die sport te spog.

“Dit sal ons eerste senior Wêreldbeker-toernooi wees wat ons sedert 1995 aanbied en ons is vasbeslote om dit ook so spesiaal as moontlik te maak.”

Die datum wanneer kaartjies beskikbaar is, sal later aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.