Kaapstad, Statebondspele en Wêreldbeker op Blitse se program

Kaapstad sal in Desember weer die tweede toernooi in Wêreldrugby se 2017/’18-sewesreeks aanbied.

Die reeks begin soos gewoonlik in Dubai en word op 1 en 2 Desember gespeel. Kaapstad sal sy toernooi op Saterdag 9 Desember en Sondag 10 Desember aanbied.

Daar word vir 2018 ook voorsiening gemaak vir die Statebondspele se sewestoernooi op 14 en 15 April aan die Australiese Goue Kus en sewesrugby se Wêreldbekertoernooi word van 20 tot 22 Julie in San Francisco aangebied.
Die enigste verandering aan die toernooi self is die aankondiging dat Waikato in Nieu-Seeland nou dié land se toernooi sal aanbied.

Dit volg op klein skares, skare-dronkenskap en -vandalisering ná die wedstryd wat die laaste paar jaar in Wellington aan die orde was.

Die 2017/’18 toernooie –

Dubai: 1-2 Desember, 2017
Kaapstad: 9-10 Desember
Sydney: 26-28 Januarie, 2018
Waikato: 3-4 Februarie
Las Vegas: 2-4 Maart
Vancouver: 10-11 Maart
Hongkong: 6-8 April
(Statebondspele, Goue Kus: 14-15 April)
Singapoer: 28-29 April
Parys: 26-27 Mei
Londen: 2-3 Junie
(Sewes-wêreldbeker, 2018, San Francisco: 20-22 Julie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.